Meer as 181 000 vakante poste in SA staatsdiens - June 9, 2023

Die vakbondfederasie Saftu het kommer uitgespreek oor die groot aantal vakante poste in die staatsdiens. Volgens verslae wat verlede maand aan die parlement voorgelê is, was daar meer as 181 000 vakatures in die staatsdiens, wat 14 persent van die gevestigde poste is. Noodsaaklike diens-departemente soos onderwys, gesondheid, maatskaplike ontwikkeling en die polisie word erg […]

Read More

Oud-werknemers van Air Namibia oorhandig weer petisie aan parlement - June 9, 2023

Voormalige werknemers van Air Namibia, onder leiding van Renier Bougaard, het vandag in die hoofstad ‘n tweede petisie aan die sekretaris van die Nasionale Vergadering, Lydia Kandetu, oorhandig. Dit volg nadat die oud-werknemers in November verlede na die bankrot redery se voormalige hoofkwartier opgeruk en buite die gebou gekamp het om te eis vir die […]

Read More

Coronation verskuif platinum-fokus weens beurtkrag - June 9, 2023

Die Suid-Afrikaanse batebestuurder, Coronation, het sy strategie rondom platinum verskuif en verkies fisiese metaal bo mynbou-aandele te midde van die land se kragkrisis. Die onderneming het sy belange in Impala Platinum, Northam Platinum en Anglo American Platinum verminder, met verwysing na die druk op mynmaatskappye. Coronation verwag platinum-pryse sal styg weens minder voorraad. Platinum-pryse het […]

Read More

DeSantis, Scott gekant teen Trump se aanklagte - June 9, 2023

Donald Trump se teenstaanders in die 2024 Republikeinse presidentsbenoeming is gekant teen die besluit om die oupresident aan te kla oor die hantering van geheime dokumente. Hul voer aan dat die aanklagte ‘n kerngroep van Trump se ondersteuners kan ontstel. Trump moet Dinsdag in die hof verskyn op sewe aanklagte wat verband hou met die […]

Read More

Sokker: Bafana Bafana-afrigter wys sy span aan - June 9, 2023

Sokker: Bafana Bafana-afrigter, Hugo Broos, sê bestendigheid is die sleutel tot sukses in die Afrikabeker-toernooi volgende jaar. Hy het sy 23-tal aangewys vir volgende week se Afrikabeker-wedstryd teen Marokko in die FNB-stadion. Albei lande is in Groep K en het reeds gekwalifiseer vir die Afrika-skouspel wat in die Ivoorkus gehou sal word. Daar is geen […]

Read More

Eskom kondig beurtkrag-fases vir naweek aan - June 9, 2023

Eskom het aangekondig fase 3-beurtkrag sal ingestel word van vier-uur vanmiddag tot middernag. Fase 1 word beplan van vyf-uur môreoggend tot vier-uur die middag, gevolg deur fase 4 tot middernag. Dié patroon sal Sondag voortduur. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê sommige opwekkings-eenhede is weer aangeskakel terwyl ander gebreek het, wat vertragings veroorsaak om dit […]

Read More

LPM bevraagteken Uutoni oor nie-inwonende raadslede - June 9, 2023

Die adjunkleier van die Landless People’s Movement Henny Seibeb bevraagteken die optrede van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, omdat hy nie nie-inwonende raadslede verwyder nie, selfs nadat hy wetlik aangeraai is om dit te doen. Volgens Seibeb oortree Uutoni die wet deur nie Swapo-raadslede te verwyder wat nie permanent in die […]

Read More

VF Plus bekommerd oor plaasmoorde - June 9, 2023

Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, het kommer uitgespreek dat boere aangeval word en vrees hulle mag die reg in eie hande neem om hulself te beskerm. Dit volg ná ‘n week gekenmerk deur talle plaasmoorde, met agt boere wat in net sewe dae vermoor is. Groenewald kritiseer die regering omdat plaasmoorde as […]

Read More

Amnestie Internasionaal beveel Senegal om ondersoek na geweld te doen - June 9, 2023

Amnestie Internasionaal het ‘n beroep op die owerheid in Senegal gedoen om ‘n onafhanklike en geloofwaardige ondersoek uit te voer na die dodelike geweld tydens betogings verlede week. Volgens die regering is 16 mense tydens die geweld dood, maar Amnestie Internasionaal sê die dodetal staan op minstens 23, onder wie drie kinders. Die protes-optrede het […]

Read More

Tennis: Reuse-stryd tussen Alcaraz en Djokovic verwag - June 9, 2023

Tennis: ‘n Reuse-stryd word vanmiddag by die Franse Ope verwag in die halfeindstryd tussen die wêreld nommer-een, Carlos Alcaraz van Spanje, en die 22-malige Grand Slam-kampioen Novak Djokovic van Serwië. Die potensiële tweestryd het liefhebbers aan die gons sedert die loting bekend gemaak is, en albei het beïndruk tot dusver in die toernooi. Dit is […]

Read More