
Vier kinders wat vliegtuigongeluk oorleef, herstel in hospitaal - June 11, 2023
Vier kinders wat lewend in die Amasone-oerwoud in Colombië gevind is nadat hulle ‘n vliegtuigongeluk veertig dae tevore oorleef het, is met familielede herenig terwyl hulle in die hospitaal herstel. Die kinders van dertien, nege, vier en een jaar oud was saam net hul ma en nog twee volwassenes aan boord van ‘n vliegtuig wat […]
Rugby: Wanderers kraai koning teen United op 68ste derby - June 11, 2023
Rugby: Wanderers het koning gekraai tydens die 68ste derby tussen FNB Wanderers en Trustco United met die Hingste wat United met 33-30 gewen het. In die buurland het die Bulle vir hulle ‘n plek onder die laaste vier in die Curriebeker-halfeindronde losgespeel toe hulle op Loftus Versfeld met net vier punte teen die Vrystaatse Cheetahs […]
Steenkamp: Onderwysministerie bevorder nie homoseksualiteit - June 11, 2023
Die onderwysministerie ontken ten sterkste dat leerders onderrig in die kurrikulum ontvang om homoseksualiteit te bevorder. In ‘n mediaverklaring sê die uitvoerende direkteur in die ministerie Sanet Steenkamp dat klagtes van kerke ontvang is dat leerders geleer word om homoseksuele te word. Dit spruit uit selfdegeslagverhoudings wat tans ‘n warm onderwerp van bespreking in die […]
DA gekant teen Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering - June 11, 2023
Die DA doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om nie die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering te onderteken wanneer dit op sy lessenaar beland nie. ANC-lede van die parlementêre portefeuljekomitee op gesondheid het onlangs ten gunste van die wetsontwerp gestem. Die DA sê dit het gebeur ondanks oorweldigende beswaar, kommer en vrae wat geopper is […]
Afrika Ontwikkelingsbank befonds Rwandese waterprojek - June 11, 2023
Die Afrika Ontwikkelingsbank sê die waterprojek in Rwanda wat hy befonds het nou toegang tot verbeterde waterdienste verseker vir 500 000 mense in Kigali en die omliggende gebiede. Die Kigali Bulk Water Supply Project, wat in 2021 voltooi is, was die bank se eerste privaatsektor-onderneming in die land. Dit het die installering van ‘n nuwe […]
Padwedlope: Meer as 40 Namibiese atlete spring weg in Comrades - June 11, 2023
Padwedlope: Meer as 40 Namibiese atlete neem vandag aan die 96ste Comrades-marathon deel wat in Pietermaritzburg begin het. Die Suid-Afrikaanse Polisiekommissaris Fannie Masemola sê meer as 200 polisiebeamptes neem deel aan die afdraand-marathon van 87,7 kilometer na Durban. Die polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, Robert Netshiunda, sê maatreëls is getref om te verseker geen voorval ontsier die […]
Aktivis: Jerry moet weer die Grondwet lees - June 10, 2023
‘n Aktivis het haar reaksie op die uitlatings van die Swapo-veteraan Jerry Ekandjo gegee wat in die parlement uitgevaar het teenoor homoseksualiteit. Ekandjo is reeds jare bekend vir sy standpunt teen homoseksualiteit, en het destyds ook, saam met stigterspresident Sam Nujoma, teen die LGBTQ-gemeenskap uitgevaar. Hy sê hy was nie verniet vir jare agter tralies […]
Bosa: Openbare Indiensnemingsdienste moet geskrap word - June 10, 2023
Build One South Africa sê die regering se Openbare Indiensnemingsdienste moet geskrap word omdat hy misluk om werkloosheid onder die jeug te verminder. Bosa sê in die vorige jaar het slegs sewe persent van geregistreerde werksoekers werk gekry, en 93 persent is steeds werkloos. Die party het tien groot idees, insluitende die stimulering van die […]
Oud-goewerneur van Arkansas sê Trump moet onttrek as kandidaat - June 10, 2023
‘n Voormalige Republikeinse goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Arkansas, Asa Hutchinson het oudpresident Donald Trump gevra om as presidentskandidaat vir 2024 te onttrek nadat Federale aanklaers besonderhede oor Trump se klagstaat bekend gemaak het. Hutchinson sê Trump het die Grondwet geskend en het geen respek vir regsoewereiniteit nie. Die meeste Republikeine het tot dusver ‘n […]
Swakop hou môre vergadering vir Mondesa-inwoners - June 10, 2023
Die Swakopmund-munisipaliteit bied Sondag ’n openbare vergadering vir die inwoners van Mondesa aan. Die vergadering vind vanaf drie-uur die middag by die veeldoelige sentrum plaas. Die dorpsraad wil die bekommernisse van die inwoners aanhoor tydens die vergaderings wat vir die kusdorp gereël is. Kosmos 94.1 Nuus het met Linda Mupupa, die skakelbeampte gesels wat sê […]