Rugby: Momentum-jeugweek skop vandag by Vegkop af - July 10, 2023

Die jaarlikse Momentum Jeug-uitnodigings-rugbyweek vind van vandag tot Saterdag by Vegkop-stadion by Windhoek Hoërskool in die hoofstad plaas. Vier Namibiese en Suid-Afrikaanse skole elk sal in die rugbyweek kragte meet wat deur Momentum Namibia en vennote geborg word. Kaartjies kos 30 Namibiese dollar by die hek. Die afrigtingskliniek aangebied deur UXI Sport vind, môre plaas […]

Read More

Vodacom se hoofkwartier Kaapstad in brand beskadig - July 10, 2023

Vodacom se hoofkwartier in Kaapstad naby die Canal Walk-winkelsentrum het aansienlike skade opgedoen nadat ‘n brand Sondag daar uitgebreek het. Brand- en Reddingsdienste is ontbied toe sonpanele op die dak van die gebou aan die brand geraak het. ‘n Woordvoerder Jermaine Carelse, sê die gebou is ontruim en niemand is beseer nie. Hy voeg by […]

Read More

Vrou se liggaam in bad vol water gevind - July 10, 2023

Geen vuilspel word deur die polisie vermoed nadat die lewelose liggaam van ‘n 68-jarige Namibiese vrou in ‘n bad vol water in hul huis in Hochlandpark in Windhoek gevind is nie. Na bewering is haar man werk toe en toe hy teen etenstyd by die huis kom, was die deure gesluit en hy kon nie […]

Read More

Nóg kameelperde sal na Angola verskuif word - July 10, 2023

Nóg Namibiese kameelperde sal na die Iona Nasionale Park van die buurland Angola verskuif word nadat die diere vir dekades lank nie meer in die suidweste van die land was nie. Die Giraffe Conservation Foundation het 14 langnekke is oor ‘n afstand van 1 300 kilometer vanaf die omgewing van Otjiwarongo na die Iona-park van […]

Read More

Elektrisiteitsminister: SA behoort winter te oorleef - July 10, 2023

Die minister van elektristeit in die buurland Kgosientsho Ramokgopa sê Eskom het problematiese eenhede by kragstasies geïsoleer en is besig met onderhoudswerk aan hulle, terwyl opwekkingskapasiteit van 30 000 megawatt behaal word. Hy voeg by die ergste scenario wat vir die winter voorspel is, is vermy, en verbruikers sal voortdurend verbeterings sien. Ramokgopa sê hy […]

Read More

Nuwe Ontwikkelingsbank onderhandel oor verskeie geldeenhede - July 10, 2023

Die vise-president van die Nuwe Ontwikkelingsbank, voorheen die Brics-bank, Leslie Maasdorp, sê die bank is daartoe verbind om die gebruik van die geldeenhede van sy lidlande te verhoog. Die bank wat in 2015 deur die Brics-lande gestig is met sy hoofkantoor in Shanghai, het sy sewende bestaansjaar gevier. Maasdorp, wat ook die bank se finansiële […]

Read More

Hardap-polisie soek steeds na vier wat Aranos-egpaar aanrand, beroof - July 9, 2023

Die Namibiese polisie en boere in die Hardap-streek is nog steeds op soek na die vier gewapende rowers wat vanoggend ‘n egpaar van Aranos in hul huis op die dorp aangeval, aangerand en beroof het. Volgens die koördineerder van misdaad-ondersoeke in die streek, adjunk-kommissaris Eric Clay, is die egpaar in hul sestigs, omstreeks twee-uur deur […]

Read More

Motief vir brandsteek van vragmotors onbekend - July 9, 2023

Die polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal Jay Naicker sê die motief vir die jongste voorval waarin vragmotors aan die brand gesteek is, is nog nie bekend nie. Gewapende aanvallers het Saterdagaand omstreeks tienuur die bestuurders van ses vragmotors gedwing om by Van Reenenspas op die N3 te stop, waarna die vragmotors aan die brand gesteek is. Naicker […]

Read More

Guterres bekommerd oor wêreld-temperatuur - July 9, 2023

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, is bekommerd oor die daaglikse wêreld-temperatuur wat ‘n nuwe hoogtepunt bereik het. ‘n Nie-amptelike ontleding van data toon die gemiddelde wêreldwye temperatuur in die sewe dae tot verlede week Woensdag, was die warmste wat ooit aangeteken is. Guterres sê dit is nog ‘n bewys van die toename […]

Read More

Rugby: Junior Bokke gereed vir Ierland - July 9, 2023

Rugby: Die Junior-Springbokke is terdeë bewus van wat op die spel is wanneer hulle vanmiddag op die Athlone-stadion in Kaapstad teen Ierland in die halfeindstryd van die Onder-20 Wêreld-Rugbykampioenskap uitdraf. Kaptein Paul de Villiers sê hulle is slaggereed om na Vrydag se eindstryd deur te dring. Hy voeg by hulle kan die druk van die […]

Read More