Gondwana koop nie Heja Lodge - July 13, 2023

Na aanleiding van nuus dat die bekende Heja Game Lodge oos van Windhoek, verkoop word en Saterdag sy deure gaan sluit, was daar gerugte dat Gonwana Collection Namibia belangstel om die eiendom te koop. Gondwana se handelsmerk-bemarkingsbestuurder, Jescey Visage, wat met Kosmos 94.1 Nuus gesels het, sê egter die beweringe is van alle waarheid ontbloot.

Read More

ReconAfrica kry groenlig van  omgewingskommissaris - July 13, 2023

Namibië het die Kanadase olie- en gasreus ReconAfrica se omgewingsklaring-sertifikaat goedgekeur om nog 12 boorgate op sy noordoostelike lisensie te boor. Die kantoor van die omgewingskommissaris in die omgewingsministerie het die klaringsertifikaat uitgereik wat die lisensie goedgekeur het van 4 Julie vanjaar tot 4 Julie 2026. Dit dek die hele eksplorasie-permit in die noordooste van […]

Read More

Mbumba nooi beleggers by Amerika-Afrika-beraad uit - July 13, 2023

Die adjunk-president Nangolo Mbuma het tydens die Amerika-Afrika-beraad in Botswana beklemtoon dat Namibië se energiesektor die afgelope tyd aansienlike vooruitgang beleef. Hy sê groot reserwes olie- en gas-ontdekking deur internasionale maatskappye TotalEnergies en Shell het groot geleenthede geopen vir beleggings en waarde-kettings wat wag om ontgin te word. Mbumba sê sodra dit ten volle geëvalueer […]

Read More

Massagraf in Darfoer-streek gevind   - July 13, 2023

Die Verenigde Nasies se Menseregte-kantoor sê minstens 87 mense se liggame is in ‘n massagraf in Sudan se Darfoer-streek gevind. Die VN sê hy het geloofwaardige bewyse dat die paramilitêre mag, RSF, verantwoordelik is. Die organisasie sê plaaslike inwoners is verlede maand gedwing om ontslae te raak van die liggame, insluitend die van vroue en […]

Read More

Tennis: Medvedev gereed vir Alcaraz - July 13, 2023

Tennis: Dit is vandag die Wimbledon-vroue-halfeindstryde. Markéta Vondroušová van die Tsjeggiese Republiek kom te staan teen Elina Svitolina van Oekraïne, en daarna volg ‘n kragmeting tussen die sesde gekeurde Ons Jabeur van Tunisië en die tweede gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus. Môre is die mans aan die beurt. Die Italiaanse agtste gekeurde Jannik Sinner speel […]

Read More

Noord-Kaapse polisiestasie het een voertuig… sonder remme - July 13, 2023

Die DA in die Noord-Kaap sê slagoffers van misdaad in die Jan Kempdorp-polisiëringsgebied bly uitgelewer aan misdadigers, te midde van die plaaslike polisie se versuim om sy vloot te herstel. Tydens ‘n toesighoudende inspeksie van die polisiestasie deur die party, is bevind die enigste patrollievoertuig tot die polisie se beskikking is ‘n sedanvoertuig met stukkende […]

Read More

Ekonome sê daar is hoop vir 2023 - July 13, 2023

Ekonome het hul reaksie gegee op die jongste kwartaallikse ekonomiese oorsig en sê daar is hoop vir 2023. Daar is voortdurende groei in die mynbousektor en verhoogde buitelandse beleggings in die mineraalbedryf, olie- en gas-eksplorasie, en die groenwaterstof-loodsprojekte. Dit word ondersteun deur onder meer veerkragtige voertuigverkope, goeie bemarking van lewende hawe, verbeterde vis-uitvoere, en goeie […]

Read More

Heja Lodge sluit sy deure - July 13, 2023

Die gewilde Heja Game Lodge, geleë oos van Windhoek, is verkoop en sal Saterdag sy deure sluit. Volgens ‘n kennisgewing aan kliënte word bevestig dat die lodge permanent sal sluit. Kosmos 94.1 Nuus het met personeellede by die lodge gepraat, wat sê geen bestuurder is beskikbaar vir kommentaar nie, maar het bevestig dat dit verkoop […]

Read More

76% Suid-Afrikaners se geld hou nie tot maand-einde   - July 13, 2023

Data van Floatpays het onthul 76 persent van Suid-Afrikaners ervaar gereeld finansiële tekorte voor die einde van die maand. Volgens berigte raak meer as die helfte se geld halfpad deur die maand op. Dit word hoofsaaklik veroorsaak weens ‘n tekort aan spaargeld, stadiger inkomstegroei en dalende inkomste. Ondanks eksterne faktore wat inkomste beïnvloed, toon die […]

Read More

Verbruikerskommissie maan oor onveilige lere - July 13, 2023

Die Nasionale Verbruikerskommissie in die buurland raai eienaars van Mainstay- en Terra Firma- multiskarnier-aluminiumlere van 150 kilogram aan, om dit nie langer te gebruik nie en terug te neem vir ʼn terugbetaling. Toetse wat deur Massmart uitgevoer is, toon die lere voldoen nie aan veiligheidstandaarde nie en is ‘n veiligheidsrisiko. Volgens die waarnemende kommissaris, Thezi […]

Read More