Individue sku vir skuldJuly 3, 2025
Kredietverlening aan individue het in Mei met 0,2 persent teenoor April gestyg, wat die kumulatiewe uitstaande bedrag op 69 miljard Namibiese dollar te staan bring. Krediet aan die sakesektor het beter gevaar met ‘n robuuste groei van 1 persent teenoor April. IJG Securities sê in sy ontleding prestasie oor die leningskategorieë was gemeng. Verbandlenings en paaiementkrediet het gedaal, onderskeidelik met 0,3 en 0,5 persent. Maar oortrokke fasiliteite het sterk groei van 12,1 persent aangeteken.