
Oos-Kaapse veiligheidsbaas se R3,5m-omkoopsaak sal in ’24 begin - June 16, 2023
Die multi-miljoen Suid-Afrikaanse rand se hofsaak van die Oos-Kaapse direkteur van Gemeenskapsveiligheid, Neil Naidoo, sal in Januarie volgende jaar in die Streekhof in Oos-Londen begin. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat, Sindisiwe Seboka, sê Naidoo en sy medebeskuldigdes, die sake-eienaars Kenny Govender en Matthew Pillay, het na bewering probeer om amptenare verbonde aan […]
Regering bemark Namibië oral vir toerisme-bedryf – Shifeta - June 16, 2023
Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het in die parlement gereageer op vrae deur die LPM-parlementslid Henny Seibeb. Seibeb wou weet wat die land se toerismestrategie en -plan na die Covid-pandemie is. Shifeta het verwys na die strategiese ingrypings wat die ministerie in plek het, soos die aggressiewe aanlyn bemarkings-veldtogte. Shifeta het bevestig dat die regering deur […]
Reuse-suksesse vir taakmag wat op noordelike KZN-grens werk - June 16, 2023
Daar is tot dusver groot suksesse behaal met die spesiale taakmag wat daargestel is om voertuigsmokkelary op die noordelike grens van KwaZulu-Natal aan te spreek. Uit die buurland word berig dat die 44-jarige Vusi Malwane, die hoof van die sindikaat pas 55 jaar tronkstraf gekry het vir ontvoering, roof, die kaping van voertuie en die […]
Afrika doen uiters goed met erkenning van grondregte - June 16, 2023
Afrika Suid van die Sahara het tussen 2015 en 2020 ‘n toename van 12 persent in die wetlike erkenning van kommunale grondregte vervaar. Volgens die Rights and Resources Initiative is dit die hoogste van enige streek ter wêreld. Byna al hierdie erkennings het plaasgevind in Kenia, wat die Wet op Gemeenskapsgrond in 2016 goedgekeur het, en Liberië, wat die Wet op Grondregte in […]
Samesmelting van gholf-reekse deur justisie in VSA ondersoek - June 16, 2023
Die Amerikaanse Departement van Justisie gaan ondersoek instel na die samesmelting van van die PGA-toer, en die Saoedi-gesteunde LIV-gholfreeks om te bepaal of dit antitrust-wetgewing oortree. Die PGA-toer, DP World-toer en die kompeterende LIV-gholfreeks, was voorheen in ‘n bitter stryd gewikkel wat die sport verdeel het. Hulle het verlede week ‘n ooreenkoms aangekondig om saam […]
Oopsie, Pole sê nee vir Cyril se veiligheidspan, wapens - June 16, 2023
’n Diplomatieke herrie het tussen die Suid-Afrikaanse en Poolse regerings losgebars. ’n SAA gehuurde vliegtuig deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag kon vir 10 uur nie by die Warskou-lughawe afklim nie. Dit vervoer President Cyril Ramaphosa se veiligheidsbesonderhede. Ramaphosa se hoof van sekuriteit, generaal-majoor Wally Rhoode sê die Poolse regering saboteer president Ramaphosa se veiligheid. Intussen is die Suid-Afrikaanse media […]
Swakop werk hard aan sanitasie en water - June 16, 2023
Die Swakopmund-munisipaliteit het die afgelope jare sy begroting vir water- en sanitasie-infrastruktuur opgeskerp om die tipe kritieke infrastruktuur-werk wat eie aan die dorp is, uit te voer. Wilfried Groenewald, voorsitter van die raad se bestuurskomitee, het tydens onlangse die begrotings-vergadering aangedui die kapitaalbegroting vir water en sanitasie vir die 2023/24-boekjaar 40 miljoen Namibiese dollar is. Dit is […]
Eskom verloor R22 miljard oor onwettige verbindings - June 16, 2023
Onwettige verbindings kortwiek Eskom steeds. Volgens die nutsmaatskappy hy het die afgelope boekjaar tot soveel as 22 miljard Suid-Afrikaanse rand verloor. Eskom het uiteengesit hoe hy skuld aangegaan het as gevolg van die verbindings. ʼn Woordvoerder, Mashangu Xivambu, sê die geld wat met verliese verloor is kon gebruik word om kragstasies te bou en te onderhou:
Europese oorlog is marathon, nie naelloop nie - June 16, 2023
Verdedigingsministers van Navo-lidlande vergader op die oomblik in Brussel. Die vergadering word gelei deur die Navo sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg. Afgevaardigdes het weer hul ondersteuning vir die Oekraïne beklemtoon met die Amerikaanse minister van verdediging Lloyd Austin wat meen die oorlog gaan nog lank duur. Hy beskryf dit as ‘n marathon, nie ‘n naelloop nie.
Groot opgewondenheid… die reeks om die As begin vandag - June 16, 2023
Die eerste van vyf toetse in die reeks om die As tussen Engeland en Australië begin vandag op Edgbaston in Birmingham, en daar is nog nooit voorheen soveel ophef daaroor gemaak nie. Die gashere het 11 van hulle 13 toetse gewen sedert Ben Stokes in April verlede jaar as kaptein oorgeneem het, terwyl die Aussies breëbors rondstap nadat hulle as […]