Geen renosterstropers nog vasgetrek - June 16, 2023

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die renosterstropery wat op ‘n privaat lodge naby die Etosha Nasionale Park plaasgevind het nie. Die karkas van ‘n witrenosterkoei is Donderdag by die lodge ontdek en haar horings is verwyder. Die koei se kalfie is ook dood langs haar gevind, maar het vermoedelik weens honger […]

Read More

Brandbestryders keer veldbrand naby Daan Viljoen - June 16, 2023

Veldbrand het aan die westekant van die hoofstad naby die Daan Viljoen-pad in die omgewing van die padblokkade gewoed. Volgens Stad Windhoek se hoof van die brandweerstasie, Fillipus Sikongo, is sowat 20 brandbestryders op die toneel en probeer keer dat die veldbrand nie na die Daan Viljoen-natuurreservaat versprei nie. Sikongo het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Nog onduidelikheid oor SA huurvlug in Warskou - June 16, 2023

Daar was drama voor President Cyril Ramaphosa uit Pole vir sy vredesending na Oekraïne vertrek het. Sy veiligheidspan en ‘n groep Suid-Afrikaanse joernaliste het op die Chopin-lughawe in Warskou vasgeval. Die Presidensie het intussen die versekering gegee dat Ramaphosa veilig is, ondanks die feit dat meer as 100 veiligheidsbeamptes wat Ramaphosa moes vergesel, steeds nie […]

Read More

Windhoek is gasheer van Afrika-lugvaartkonferensie in 2024 - June 16, 2023

Die Namibiese Lughawens-maatskappy bied in Junie volgende jaar in Windhoek die AviaDev Afrika-konferensie aan. Hierdie jaarlikse forum is ‘n toonaangewende platform wat toegewy is aan die verbetering van lugverbindings na, van en binne die Afrika-vasteland. Die forum sal invloedryke belanghebbendes, insluitend lugrederye, lughawens, toerismerade, regeringsamptenare en kundiges in die bedryf bymekaarbring om samewerking te bevorder, […]

Read More

Namibië, SA beveg beide koperkabel-diefstal - June 16, 2023

Namibië en sy buurland het groot uitdagings met koperkabel-diefstal. Die Suid-Afrikaanse polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê plaaslike owerhede moet met nuwe idees na vore kom om kabeldiefstal te beveg. Dis veral elektrisiteit en spoorlyne wat deur kabeldiefstal geraak word. Masemola sê ‘n streng beleid rondom die uitvoer van koper behoort ingestel te word. Op plaaslike front […]

Read More

Nege gearresteer oor bootramp langs Griekse kus - June 16, 2023

Nege mense is in hegtenis geneem nadat ‘n boot aan die Griekse kus omgeslaan en minstens 78 mense dood is. Die volgepakte vissersboot, wat uit Libië vertrek het, het in die diepsee omgeslaan. Volgens berigte was daar tussen 400 en 750 mense aan boord. Die Griekse owerhede sê 104 mense is uit die see gered. […]

Read More

Steenkamp: Beskerm Namibiese kind teen internet-gevare - June 16, 2023

Die ministerie van onderwys sê die regte van die kind moet in die digitale era beskerm word. Namibië vier vandag die Dag van die Afrika-kind op Rosh Pinah in die Karas-streek. Vanjaar se tema is die regte van die kind in die digitale omgewing. Vir kinders hou die internet ook baie voordele in, veral in […]

Read More

Geen sterftes in Kaapse Wynlande aangemeld - June 16, 2023

Die Rampbestuurs-eenheid van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit kon inwoners en besoekers suksesvol beveilig tydens die afgelope paar dae se storms. Die uitvoerende burgemeester, dr. Elna von Schlicht, sê ten spyte van aansienlike skade aan eiendom, was daar danksy uitstekende werk deur die nood-, reddings- en verkeers-departemente geen lewensverlies nie. Burgemeester Von Schlicht doen ‘n beroep op […]

Read More

Hollandse en Deense premiers-besoeke sal beleggings na Namibië bring - June 16, 2023

Reaksie is ontvang op die besoek van Europese politieke hoëlui aan Namibië. Die eerste minister van Denemarke, Mette Frederiksen, en haar Nederlandse eweknie, Mark Rutte sal Maandag ‘n staatsbesoek aan Namibië bring. Hulle sal President Hage Geingob by Staatshuis ontmoet en verskeie ooreenkomste onderteken. Rutte sal vergesel word deur die Nederlandse sake-unie, ‘n onafhanklike navorsings-organisasie […]

Read More

EFF vry na Ace Magashule - June 16, 2023

Die EFF-leier, Julius Malema, sê die rooi pette praat met Ace Magashule om by die party aan te sluit. Die voormalige ANC-sekretaris-generaal is vroeër amptelik uit die party geskors. Malema sê samesprekings met Magashule is in ‘n gevorderde stadium. Hy sê die EFF sal ‘n aankondiging maak sodra die onderhandelinge afgehandel is. Die EFF-leier sê […]

Read More