Olifant trap toeris in Krugerwildtuin dood

‘n Toeris is in die Krugerwildtuin dood nadat ‘n olifant die slagoffer naby die Krokodilrivier by die Malelane-hek bestorm en vertrap het. SANParke se hoof van Kommunikasie, JP Louw, sê beamptes was op die toneel om die familie te ondersteun. Ondersoek word nog ingestel na die oorsaak van die tragedie. Louw vra die publiek om […]

Read More

Amerikaanse vrou leef nou langste met varkorgaan

‘n Amerikaanse vrou het die wêreld se langslewende ontvanger van ‘n varkorgaan geword nadat sy reeds 61 dae lank gesond leef met haar nuwe nier. Towana Looney het die eksperimentele orgaan in November ontvang na amper agt jaar op die orgaanoorplantingslys met min hoop op ‘n gepaste nier. Sy is net elf dae na haar […]

Read More

SA wen steeds in IKR Onder-19 Vroue T20 Wêreldbeker

Krieket: Suid-Afrika se Onder-19 Vroue het bly beïndruk in die IKR Onder-19 Vroue T20 Wêreldbeker Maleisië 2025-toernooi met hulle sewe-paaltjie-oorwinning teen Ierland in hulle eerste Super Sesse-kragmeting. Gure weer het die wedstryd tot tien beurte per span beperk, en Ierland het eerste gekolf. Danksy ‘n indrukwekkende boulvertoning deur Monalisa Legodi en die kaptein, Kayla Reyneke, […]

Read More

Inligtingministerie, Childline/Lifeline span saam vir aanlyn-veiligheid

Inligtingminister Emma Theofelus het by die eerste inligtingsessie van die jaar ‘n memorandum van verstandhouding met Childline/Lifeline aangekondig. Dit het ten doel om ‘n veiliger aanlyn-omgewing te skep, veral vir kinders. As deel van hierdie vennootskap is ‘n nuwe portaal bekendgestel om veiliger aanlyn-gedrag te bevorder en om kuberafknouery en digitaal beledigende inhoud anoniem aan […]

Read More

DA eis dringende samesprekings oor Onteieningswet

Die leier van die DA, John Steenhuisen, eis dringende samesprekings met die vennote in die regering van nasionale eenheid wat die Wet op Onteiening teenstaan. Steenhuisen meen die wet is ongrondwetlik en vra dit moet teruggestuur word na die parlement. Hy sê die party sal hom beroep op klousule 19 van die Verklaring van Voorneme, […]

Read More

Trump dank 17 onafhanklike waghonde summier af

Donald Trump het 17 onafhanklike waghonde by verskeie Amerikaanse regeringsagentskappe afgedank, wat ‘n kritieke toesigkomponent uitskakel en die weg vir die president oopgemaak het om hulle met lojaliste te vervang. Die inspekteurs-generaal by agentskappe insluitend die departemente van die staat, verdediging en vervoer is per e-pos van die Withuis se personeeldirekteur in kennis gestel dat […]

Read More

Blitsbokke oorrompel Fidji, deur na Perth-halfeindstryd

Rugby: Die Springbok Sewes het maklik deurgedring na die halfeindstryd in Perth deur Fidji gister met 19-0 ore aan te sit. Fidji, wat op die eerste dag van die toernooi verloor het teen Uruguay, kon nie die Blitsbokke se aanslag weerstaan nie en is van die begin af oorheers. Die Suid-Afrikaners kom nou te staan […]

Read More

TotalEnergies begin konsultasies in Lüderitz

TotalEnergies het openbare konsultasies in Lüderitz gehou as deel van die omgewingsimpak-beoordelingsproses voor ontwikkeling van die Venus olie-ontdekking. Venus is een van die ontdekkings in die Oranjekom, aflandig die Namibiese suidkus. Soortgelyke konsultasies word vir Walvisbaai beplan. Die doel is om sleutelkwessies, bekommernisse en potensiële verwagtinge onder belanghebbendes oor die gesamentlike onderneming-vennote se moontlike toekomstige […]

Read More

IVP kritiseer Cyril oor Onteieningswet

Die IVP kritiseer president Cyril Ramaphosa se bekragtiging van die Wetsontwerp op Onteiening as ‘n wet, wat die wet van 1975 herroep. Dit laat grondonteiening toe in openbare belang met regverdige vergoeding. Die IVP betoog die wet ondermyn openbare samesprekingspogings en die regering van nasionale eenheid. Hulle vra billike wetgewing wat doeltreffend geskiedkundige ongeregtighede aanspreek. […]

Read More

DRK verbreek diplomatieke bande met Rwanda

Die Demokratiese Republiek van die Kongo het alle diplomatieke bande met Rwanda verbreek, te midde van ‘n oplewing in gevegte met Rwanda-gesteunde M23-rebelle. Suid-Afrika sê nege van sy vredesmagte is Saterdag dood in hewige gevegte rondom Gomo in Oos-Kongo. Die rebelle beheer nou meer grondgebied, en die VN waarsku teen die risiko van ‘n breër […]

Read More