
Esau-borgaansoek: Die vermeende misdrywe is alles op video vasgelê - August 31, 2023
Die borgaansoek van die oudminister Bernhardt Esau duur steeds voor regter David Munsu voort. Die hoof ondersoekbeampte van die Teenkorrupsie-kommissie Andreas Kanyangela getuig steeds en is vanoggend deur Esau se regsman, advokaat Florian Beukes ondervra… Kanyangela sê dit is alles op die Anatomy of a Bribe-video vasgevang. En dit klink so…
Prys van kragopwekking daal effe in tweede kwartaal - August 31, 2023
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste prysprodusente-indeks vir die tweede kwartaal van 2023 bekend gestel. Luidens die verslag het die indeks vir kragopwekking, transmissie en verspreiding gedaal na 110,2 punte, van die 111 wat in dieselfde kwartaal van verlede jaar aangeteken is. Dit verteenwoordig ‘n inkrimping van 0,8 persent teenoor die 2,9 persent styging wat […]
ABBA se Agnetha se enkelsnit vrygestel - August 31, 2023
Die ABBA-ster Agnetha Faltskog het vandag ‘n nuwe enkelsnit, wat haar solo-loopbaan op die ouderdom van 73 laat herleef, vrygestel. Faltskog, hoofsanger saam met Anni-Frid Lyngstad van die uiters suksesvolle Sweedse popgroep wat in 1972 gestig is, het ‘n dekade gelede haar laaste solo-album vrygestel. Die snit, ‘Where do we go from here’ is op […]
Rundu-abattoir hou groot voordele in - August 31, 2023
Die pas-voltooide Rundu-abattoir sal groot geleenthede vir die twee Kavango-streke inhou. Die abattoir is pas oorhandig aan Meatco wat dit sal bedryf, ook as uitvoer-abattoir. Die goewerneur van Kavango Oos-streek Bonifatius Wakudumo sê veral die boere in die gebied sal voordeel daaruit trek.
EFF sê SARB se Phala Phala-verslag is toesmeerdery - August 31, 2023
Die EFF-parlementslid Mzwanele Manyi sê hy is teleurgesteld oor die manier waarop die Suid-Afrikaanse Reserwebank die Phala Phala-ondersoek hanteer het. Die Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, het voor die Parlement se staande komitee oor finansies verskyn om die bank se verslag oor beweerde valutabeheer-oortredings in die Phala Phala-inbraak waar buitelandse valuta gesteel is, te bespreek. […]
Kunsmatige intelligensie is ‘n goeie ding - August 31, 2023
‘n Britse professor in rekenaarwetenskap, dame Wendy Hall, het pas ‘n verslag bekend gestel oor die voordele van kunsmatige intelligensie. In haar mening is die tegnologie uitstekend en baie voordelig, mits die korrekte raamwerk daargestel word. Sy het met Britse media gepraat.
Mense van Afrika-afkoms vandag herdenk - August 31, 2023
Dis vandag Internasionale Dag vir Mense van Afrika-afkoms. Dis ‘n geleentheid om die buitengewone bydrae van die Afrika-diaspora in die wêreld te vier. Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het 2015 tot 2024 as internasionale dekade vir mense van Afrika-afkoms verklaar. Die doel is om respek, beskerming en die vervulling van alle menseregte en basiese […]
Rundu-abattoir vandag oorhandig aan Meatco - August 31, 2023
Die pas-voltooide Rundu-abattoir word tans amptelik deur die landbouministerie aan Meatco oorhandig. Meatco sal die abattoir, wat reeds teen 2017 operasioneel moes wees, bedryf om die waardeketting in die noordelike kommunale gebied te versterk. Die abattoir, wat 110 miljoen Namibiese dollar gekos het, is ook ‘n uitvoer-abattoir en sal die markte in Angola, Ghana en […]
Werkeprogram in Kaap werp vrugte af - August 31, 2023
Die Stad Kaapstad sê die geleenthede vir inwoners wat na werk soek, het met die hulp van die Uitgebreide Openbare Werkeprogram in die 2022/2023 boekjaar met 6 persent toegeneem. Die program is een van die regering se sleutelprogramme wat tydelike werk verskaf om armoede te verlig en aan werkloses ‘n inkomste bied. Die burgemeesterskomiteelid vir […]
McConnell vries vir tweede keer voor joernaliste - August 31, 2023
Amerikaanse Senaat Republikein Mitch McConnell het Woensdag vir meer as 30 sekondes gevries tydens ‘n openbare verskyning voordat hy wegbegelei is. Dit is die tweede keer wat hy in die openbaar vries, met die eerste voorval op 26 Julie vanjaar. Die 81-jarige het voor verslaggewers gestaan en staar, en nie op enige vrae of hulp […]