Xi sê hy sal met Trump saamwerk
Chinese president Xi Jinping het in sy laaste ontmoeting met Amerikaanse president Joe Biden onderneem om met Donald Trump saam te werk na sy inhuldiging. Xi en Biden het ontmoet op die kantlyn van die jaarlikse Asië-Stille Oseaan Ekonomiese Samewerking-beraad in Peru, waar hulle stormagtige verhoudings oor Biden se ampstermyn erken het. Hulle het egter […]
M+Z Swakop tydren eis sy tol
Die M+Z Swakop tydren het Vrydag en Saterdag by die kusdorp plaasgevind. Dit was die vyfde en laaste been van die nasionale tydren kampioenskappe, wat oor 13 trajekte en sowat 108 kilometer beslis is. Net vyf van die 12 karre in die S-klas het klaargemaak, maar in die bakkie-klas het net twee van die 13 […]
ACFE Namibië sê bedrog die stryd aan
Namibië het ‘n beslissende stap geneem om bedrog te bekamp met die stig van ‘n plaaslike afdeling van die Vereniging van Gesertifiseerde Bedrogondersoekers, of ACFE. Die vereniging is ‘n globale leier in teen-bedrog opleiding en sertifisering, en het ten doel om Namibiese professionele persone te bemagtig om die groeiende bedreiging van bedrog aan te spreek. […]
Meld onwettige vuurwapens aan, pleit SA regering
Die Suid-Afrikaanse regering sê onwettige vuurwapens hou ‘n gevaar in vir gemeenskappe, en moedig alle Suid-Afrikaners aan om sulke wapens by die polisie aan te meld. Jessica Mahlangu van die Regeringskommunikasie- en -inligtingstelsel sê enige ongelisensieerde vuurwapen word as onwettig beskou kragtens die Wet op Vuurwapenbeheer. Mahlangu sê burgers wat onwettige vuurwapens besit moet dit […]
Diamant-halssnoer met Marie Antoinette-bande haal N$85 miljoen
‘n Halssnoer wat vermoedelik juwele bevat uit Marie Antoinette se berugte Saak van die Diamant-halssnoer is opgeveil vir meer as 85-miljoen Namibiese dollar. Die juwele was vermoedelik deel van die skandaal wat uiteindelik tot die Franse koningin se ondergang gelei het. Die skandaal is veroorsaak nadat ‘n edelvrou met geldprobleme, Jeanne de la Motte, haar […]
‘Jon Jon’ slaan Mubarak uit vir WBO Afrika-titel
Boks: Namibië se Paulinus “Jon Jon” Ndjolonimus het sy WBO Afrika-supermiddelgewig-titel behou teen Ghana se Abubakar Mubarak, met ‘n uitklophou in die negende ronde. Dit was Mubarak se eerste verlies van sy professionele loopbaan. Die geveg was die hoogtepunt van die MTC Nestor Sunshine Tobias Boxing & Fitness Academy se Jou Stem Tel Boks Bonanza […]
Itula sê lede van ander partye welkom in sy kabinet
Die IPC se leier, Panduleni Itula, sê indien hy as president verkies word, sal sy Kabinet nie net lede van die party se parlementêre lys bevat nie, maar ook lede van ander partye. Hulle sal egter korrupsie-vry en patrioties genoeg moet wees om te wil saamwerk om die land op te bou. Die party het […]
Polisie ‘sal steeds zama-zama’s by Stilfontein arresteer’
Die polisie verwelkom die tussentydse hofbevel van die Hooggeregshof in Gauteng vir die beskerming van onwettige mynwerkers wat nog ondergronds is by die Stilfonteinmyn in Noordwes, wat in onbruik is. Die opdrag gee hulle kans om vrywillig uit te kom en verbied die versperring van die skagte. Die woordvoerder van die polisie, Athlenda Mathe, sê […]
8 dood, 17 beseer in mesaanval by Chinese kollege
Agt mense is dood en 17 ander beseer na ‘n 21-jarige oudstudent by ‘n kollege in die Chinese stad Wuxi hulle Saterdagaand met ‘n mes aangeval het. Die mesaanval het by die Wuxi Beroepskollege vir Kuns en Tegnologie plaasgevind. Die 21-jarige verdagte, genaamd Xu, is op die toneel aangekeer. Plaaslike polisie het gesê Xu het […]
Sinner pak Fritz vir ATP-finaal-kroon
Tennis: Die Italianer Jannik Sinner het gister in Turyn met 6-1, 6-2 klaargespeel met Casper Ruud van Noorweë. Hy het voor ‘n geesdriftige tuisskare deurgedring na die beslissende wedstryd van die ATP-finaal teen die Amerikaner Taylor Fritz. Fritz, wat die eerste Amerikaanse Finaal-wenner wil word sedert Pete Sampras, het seker gemaak van sy plek met […]