
Impak van stygende brandstofprys word betreur - September 5, 2023
Brandstofpryse styg vannag, nes plaaslik, ook in Suid-Afrika. Die Vryheidsfront Plus sê volgehoue ekonomiese groei is deurslaggewend om stygende brandstofpryse teen te werk. Die party stel voor die vertroue in ekonomiese en politieke bestendigheid moet herstel word om die Suid-Afrikaanse rand se waarde te versterk, wat sal lei tot verlaagde brandstofkoste, laer inflasie en ‘n […]
Landbou is nie Afrika se antwoord nie, nywerhede is - September 5, 2023
Afrikalande moet wegbeweeg van hoofsaaklik landbou-gebaseerde ekonomieë na ligte nywerhede soos minder kapitaal-intensiewe industriële subsektore insluitend voedselverwerking, tekstiele, verbruikersgoedere, voertuie en masjinerie, as hulle daarin wil slaag om hul skuld te betaal. Afrikalande het verlede week byeengekom vir ‘n konferensie oor skuld en ontwikkeling om hul verskillende fiskale posisies te vergelyk en gemeenskaplike oplossings te […]
Nampol se sport-kampioenskap begin Saterdag - September 5, 2023
Die 26ste uitgawe van die jaarlikse Nasionale Sportkampioenskappe van die Namibiese polisie skop Saterdag in Outjo af en duur tot die 16de van die maand. Die hoofdoel van die geleentheid is om vriendskap, vertroue en begrip deur sport te bevorder en om sport te organiseer, te reguleer en te administreer vir beide mans en vroue […]
Suid-Korea se belangstelling in litium-verwerking is soos manna uit die hemel - September 5, 2023
Ekonome het gereageer op die nuus dat Suid-Korea belangstel om in die litium-bedryf plaaslik te belê – maar nie vir eksplorasie of ontginning nie, eerder verwerking en prosessering. Lynminister Tom Alweendo het onlangs ‘n verbod op die uitvoer van rou-litium geplaas. Volgens plaaslike ekonoom en kenner in mynwese, Cons Karamata, is die nuus uiters positief […]
GRN hoort nie in privaatsake en -besighede nie - September 5, 2023
Daar is kommer oor planne deur die regering om toegang te kry tot die hoeveelheid buitelandse bystand wat burgerlike organisasies en nie-regerings organisasies ontvang. Volgens wat berig word is die Nasionale Beplanningskommissie bekommerd oor dalende ontwikkelingsbystand wat van 3,3 miljard Namibiese dollar in 2010 tot 1,7 miljard in 2022 gekrimp het. Hy vra dat die Namibiese Statistieke-agentskap […]
Onthou om op te vul – brandstofprys styg om middernag - September 5, 2023
Motoriste word daaraan herinner dat die brandstofprys vannag om middernag styg. Diesel, beide 10 en 50 deeltjies per miljoen gaan op met ‘n dollar 70 per liter en petrol met 1 dollar 20 sent ‘n liter. Die ministerie van myne en energie het baie groter onderverhalings per liter aangeteken in Augustus – meer as 2 dollar ‘n liter op petrol […]
Otjozondjupa sukkel reeds met brande, maar dinge is onder beheer - September 5, 2023
Veldbrande is tot dusver vanjaar redelik binne beheer met geïsoleerde brande wat in die twee Kavango-streke sowel as Zambezi voorkom. Daar is ook ‘n redelike voorkoms van verspreide brande in noordooste van die Otjozondjupa-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur James Uerikua, gepraat. Hy het ook houtskoolprodusente gemaan om uiters versigtig te wees.
Daar is geen Duitse onderwys-toelaag nie, dis fopnuus - September 5, 2023
Namibia Fact Check sê ‘n plasing oor onderwystoelae vir Namibiërs deur die Duitse regering wat wyd op sosiale media versprei is, is fopnuus. Volgens die plasing is daar tot 550 000 toelaes vir Namibiese studente, beide plaaslik en in die buiteland, wat beskikbaar is. Die toelaes is geldig tot 2025. Namibia Fact Check herinner lede van die publiek dat taalfoute sowel as swak uitleg aanduidings is […]
Daurês-kiesafdeling sal vroeg volgende jaar water hê - September 5, 2023
Plaaslike berigte lui dat die inwoners van die Daurês-kiesfadeling binnekort verligting sal hê na watertekorte wat meer as sewe jaar duur. ‘n Pyplyn wat op die oomblik geïnstalleer word sal vroeg volgende jaar voltooi wees, vroeër as wat verwag is. Die 23-kilometer pyplyn sal verskeie akkerbouprojekte moontlik maak wat druk op die regering vir droogtehulp […]
ANC se skuld dat brandstof so duur is - September 5, 2023
Die DA beskuldig die ANC-regering dat hy weier om aandag te gee aan die dringende behoefte aan brandstofprys-hervorming, ondanks die instemming van belanghebbendes. Die party sê terwyl brandstofpryse aanhou styg, dien die ANC se gebrek aan optrede en fokus op belasting vir staatsbefondsing nie meer die belange van verbruikers nie. Hulle stel die standaardisering van […]