
Lady R se verslag is net vir Cyril - August 11, 2023
Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het President Cyril Ramaphosa se voorneme bevestig om die onafhanklike verslag oor die Russiese vragskip “Lady R” noukeurig te hersien. Ramaphosa het ‘n paneel aangestel om ondersoek te doen na die vragskip, wat in Desember in Simonstad, Kaapstad, vasgemeer het. Dit het gevolg nadat die Amerikaanse ambassadeur, Reuben Brigety, bewerings gemaak […]
Clarence Thomas word onregverdig geteiken - August 11, 2023
Dit blyk of die Amerikaanse hooggeregshofregter Clarence Thomas Amerikaanse wetgewing oortree het deur te versuim om vlugte, seiljagvaarte en duur sportkaartjies bekend te maak wat deur welvarende vriende geskenk is. Hy het ten minste 38 luukse vakansies ontvang. Die verslag is die jongste in ‘n reeks onthullings van bande tussen die 75-jarige Thomas en ryk weldoeners, waarvan die meeste skenkers aan Republikeinse en konserwatiewe sake is. […]
Eerste toeriste saam met Virgin Galactic is ruimte toe - August 11, 2023
Die miljardêr Richard Branson se Virgin Galactic vuurpylaangedrewe ruimtevliegtuig het sy eerste betalende privaat passasiers na die buitenste ruimte gestuur. Daar was drie toeriste aan boord: die entrepreneur en gesondheids- en welstandsafrigter Keisha Schahaff en haar 18-jarige dogter Anastatia Mayers, en die gewese Olimpiese atleet, Jon Goodwin. Die sending is Virgin Galactic se eerste wat toeriste of passasiers insluit wat vir die pret reis en nie in ‘n professionele hoedanigheid […]
Hoe kan Namibië ‘n balans tuseen olie en nulvrylatings tref? - August 11, 2023
Daar is reuse-druk op regerings wêreldwyd om fossielbrandstowwe te laat vaar ten gunste van hernubares. Namibië het sopas olie ontdek en daar is sommige wat meen dit is meer volhoubaar om eerder die bron nie te ontgin nie. Namibië het ook die Parys-ooreenkoms bekragtig en het dus onderneem om teen 2050 nul-vrylatings aan te teken. Maar, […]
Taxi-staking was alles verniet - August 11, 2023
Die Stad Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê hy is tevrede dat die verwoestende taxi-staking beëindig is en hy waardeer die opbouende benadering wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad gevolg het. Hy sê Santaco het Donderdag dieselfde voorstel aanvaar wat verlede Vrydag aangebied is. Hill-Lewis sê die tragiese gevolgtrekking is dat al die geweld, die betreurenswaardige […]
Mudge verwerp ook LGBTQ - August 11, 2023
Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, het die onderwysministerie en skoolrade versoek om die onderrig van geslagsidentiteit in laerskole te verwerp. Mudge sê sy party ondersteun nie die “bose” akademiese konsep wat aandring op die verspreiding van handboeke en onderrighulpbronne met eksplisiete prente aan kinders op pre-primêre en laerskoolvlakke nie. Hy sê hy is krities oor pogings om jong kinders toe te laat om […]
Otjozondjupa sê hy het dringend ook droogtehulp nodig - August 11, 2023
Die kantoor van die eerste minister gee tans droogtehulp in die streke van Kunene, dele van Omusati en Erongo, Omaheke, Karas en Hardap. Volgens die landbouministerie se Julie-verslag sal die regering dit oorweeg om droogtehulp na ander streke uit te brei. Volgens die verslag is weiding in die grootste dele van die Otjozondjupa-streek swak met […]
Brent sal duur bly tot einde 2023, op US$86 - August 11, 2023
In sy Augustus-korttermyn-energievooruitsig voorspel die Amerikaanse energie-inligtingsadministrasie dat die prys van Brent ru-olie in die tweede helfte van 2023 gemiddeld 86 Amerikaanse dollar per vat sal wees, sowat 7 dollar hoër as sy Julie-voorspelling vir dieselfde tydperk. Die prys het sedert Junie gestyg, hoofsaaklik as gevolg van uitgebreide besnoeiings aan Saoedi-Arabië en Rusland se ruolieproduksie en groeiende wêreldwye vraag. Die administrasie verwag […]
AfriForum behaal sukses met plaasaanvalle deur sy buurtwagte - August 11, 2023
Plaasaanvalle het die afgelope tyd kommer plaaslik gewek maar in Suid-Afrika bly dit ‘n daadwerklike probleem. AfriForum vra Suid-Afrikaners om by sy veiligheid-strukture aan te sluit en wys op die landwye en tussen-provinsiale doeltreffendheid van sy netwerk. Dit volg nadat die organisasie se buurtwag vier vermeende plaasaanvallers aangekeer en goedere herwin het wat vroeër die […]
GRN verdiep sy samewerking met Angola in olie-, gas-sektore - August 11, 2023
Namibië se minister van myne en energie Tom Alweendo sal die hoofspreker wees by die Angola Olie- en Gas-konferensie 2023 wat op 13 en 14 September in Luanda sal plaasvind. Alweendo sal insig gee oor Namibië se onlangse olie-, gas- en groenwaterstof-suksesse. Benewens olie en gas, is die ministerie aktief besig met ambisieuse groenwaterstof-projekte, wat […]