
Gratis regshulp Dinsdag in die hoofstad - August 23, 2023
Die Prokureursvereniging, in samewerking met die Kantoor van die Ombudsman hou môre in die hoofstad ‘n gratis regshulpdag. Dit begin om nege-uur en eindig ses-uur namiddag. Daar is twee geleenthede soos Aurelia David, skakelbeampte in die Kantoor van die Ombudsman, verduidelik.
Beperkings in handel, veral met tariewe, vertraag handel in Afrika - August 23, 2023
Sakeleiers op die Brics-forum sê nie-tariefversperrings is een van die hoofredes waarom landbouhandel swak bly tussen lidlande. Die afgevaardigdes op die 15de Brics-beraad wat in Sandton, Johannesburg, aan die gang is, het trae beleidsveranderings rakende die produksie, oes en vervoer van landbou-produkte as verdere redes uitgelig. Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê ondernemings moet die […]
Aanbod aan stakende Hollywood-werkers, geweier - August 23, 2023
Hollywood-ateljees en stromingsdienste het die bepalings van ‘n hersiene voorstel aan stakende skrywers voorgelê, maar die vakbond het lede aangemoedig om voort te gaan met hul staking, aangesien die nuwe aanbod nie al hul bekommernisse aanspreek nie. Die Writers’ Guild of America het op 2 Mei begin staak nadat onderhandelinge ‘n dooiepunt bereik het, en […]
Suide-boere loof Nampol vir sy bystand om sindikaat vas te trek - August 23, 2023
Die boere in die verre Suide het onlangs deurgeloop onder wat voorgekom het as ‘n sindikaat. Volgens Dolf de Wet van plaas Michberg naby Grünau, was daar baie diefstal en inbrake. Hy sê die gemeenskap was uiters bekommerd maar met die samewerking van die Namibiese polisie op Keetmanshoop en Karasburg, is die misdadigers vasgetrek en […]
Volhoubaarheid van 3 staatsinstellings bedreig - August 23, 2023
Ekonome meen dat die drie staatsinstellings, die Paaie-owerheid, die Padfonds-administrasie en die Motorvoertuig Ongelukkefonds in die toekoms uitdagings met volhoubaarheid sal ervaar. Dit is omdat die regering poog om 103 500 elektriese voertuie teen 2025 op die land se paaie te hê en die wat normale voertuie besit werk of van die huis af of […]
Geingob vetrek vanmiddag om Brics by te woon - August 23, 2023
President Hage Geingob vertrek vanmiddag drie-uur na Johannesburg om die Brics Afrika-uitreik, sowel as die Brics Plus-dialoog by te woon. Die geleenthede lê klem op voordele vir die vasteland deur middel van Brics en hoe ‘n vennootskap gesmee kan word. Volhoubare ontwikkeling, bevordering van vrede en veiligheid, billike volhoubare ekonomieë en die vordering van handel […]
NTB se satelliet-rekening belangrik om toerisme te ondersteun - August 23, 2023
Reaksie word ontvang op die ontleding deur die makelaarsfirma Simonis Storm wat sê die waardetoevoeging van toerisme kan nie volledig bepaal word nie omdat verskeie sektore verkeerd geklassifiseer is. Die Namibiese Toerismeraad is tans besig om die 6de Toerisme Satelliet-rekening saam te stel om die direkte en indirekte ekonomiese bydrae van die sektor te bepaal. […]
Osino soek beleggers, noteer op NSX - August 23, 2023
Die Kanadese mynreus Osino Resources sal Dinsdag sy notering op die Namibiese-aandelebeurs aankondig by glansgeleentheid in die hoofstad. Die maatskappy het in Julie die Ondundu-goudeksplorasie gebied van B2 Gold vir net meer as 243 miljoen Namibiese dollar bekom en poog om die land se voorste goudprodusent te word. Beleggers word ook uitgenooi om die geleentheid […]
Volhoubare benutting van Nam-woude in die soeklig - August 23, 2023
Die Hanns Seidel-stigting Namibië en die Woestyn-navorsingstigting bied op 20 September ‘n konferensie in die hoofstad oor die Bevordering van Volhoubare Bosbestuur-projek in die Zambezi en Kavango-streke aan. Die streke se woude word geplunder weens onwettige hout-oeste en daar is onlangs wyd berig daaroor met moratoriums ingestel is. Bruce Liswani, projek-assistent by die stigting, het […]
Eskom ontvang sy eerste R16 miljard vir skuld - August 23, 2023
Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, Calib Cassim, het bevestig Nasionale Tesourie het 16 miljard Suid-Afrikaanse rand aan die kragvoorsiener betaal as eerste deel van die skuldverligtingspakket. Tesourie het in Februarie 254 miljard rand aan Eskom toegestaan om op sy skuld van 423 miljard rand aan globale finansiële instellings af te betaal. Cassim sê die verligtingspakket […]