Kommer oor geslagsgeweldsake wat in howe teruggetrek word - September 11, 2023

Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Polisie-oorsig Reagen Allen, het kommer uitgespreek oor ondoeltreffendheid in die polisie met die oplos van geslagsgeweldsake in die provinsie. Die tweede- en derdekwartaalverslae van die departement se Hofmoniteringsopdrageenheid dui aan tussen Oktober verlede jaar en Maart vanjaar is altesaam 283 sake wat by 33 howe dopgehou is van die […]

Read More

Net N$200m beskikbaar vir droogtehulp - September 11, 2023

Die Namibiese regering het erge tekorte om droogtehulp te voorsien. Amper 900 miljoen Namibiese dollar is nodig en volgens die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila, is daar net 200 miljoen dollar beskikbaar. Die premier het ‘n beroep op noodkomitees in die streke gedoen om hul politieke verskille opsy te sit en daarop te fokus om die mense in nood […]

Read More

Eskom wil nuwe, groen opwekkingvermoë ontwikkel - September 11, 2023

Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê Eskom werk daaraan om nuwe opwekkings-vermoë te bekom deur hernubare energie. Hy sê sy departement het die Nasionale Tesourie gevra om bykomende bronne te voorsien om te verseker Suid-Afrika kan die las van beurtkrag verminder en uiteindelik uit die weg ruim. Ramokgopa het bevestig sy departement is daartoe verbind om […]

Read More

Khalife verskyn vandag op ontsnappingsklagte - September 11, 2023

Die 21-jarige terreurverdagte wat verlede Woensdag uit Londen se Wandsworth-tronk ontsnap het maar Saterdag weer aangekeer is, verskyn vandag in die Westminster-landdroshof. Daniel Khalife het ontsnap deur, geklee in ‘n kok-uitrusting, onderaan ‘n afleweringsvoertuig vas te klou. Hy is op ‘n sleeppad in Northolt in die weste van Londen gearresteer nadat ‘n polisiebeampte hom van ‘n fiets getrek het. Khalife is aangekla dat hy uit aanhouding […]

Read More

Rubiales bedank na soen-herrie - September 11, 2023

Luis Rubiales het as president van Spanje se sokkerfederasie bedank na sy omstrede soen vir die speler Jenni Hermoso by die Vroue-wêreldbeker. Die 46-jarige het ook as visepresident van UEFA, die unie van Europese sokkerverenigings se uitvoerende komitee bedank. Rubiales het die middelveldspeler tydens die trofee-oorhandiging gesoen ná Spanje se oorwinning teen Engeland in verlede […]

Read More

Liefde by die Nam as reuse-sukses deur organiseerders beskryf - September 11, 2023

Die afgelope naweek was propvol aksie in die hoofstad, met die heel eerste Liefde by Nam-fees wat aangebied is by WHS Vegkop. Al die kaartjies is uitverkoop en 8 000 mense het opgedaag vir een van die grootste Afrikaanse musiekfeeste in Namibië in jare. Pierre Greef, die hoofsanger van Die  Heuwels Fantasties het die naweek so opgesom.   Yana […]

Read More

Reaksie op wanvoeding, sterftes in Omaheke - September 11, 2023

Reaksie word ontvang op die wanvoeding wat voorkom in die Omaheke-streek, ‘n bekende en suksesvolle landbou-gebied in Namibië. Daar is vroeër berig dat 45 kinders onder die ouderdom van vyf vanjaar aan wanvoeding in die Omaheke-streek dood is. In Julie en Augustus is 11 nuwe gevalle van wanvoeding bevestig met een sterfte wat aangeteken is. […]

Read More

Neiging in energie-oorgang kan ontginning plaaslik bedreig - September 11, 2023

Internasionale media berig dat die petroleum-kommissaris Maggy Shino sê besprekings oor die energie-oorgang is ‘n uitdaging vir Namibië. Internasionaal is daar groot druk om na groen of volhoubare energiebronne oor te skakel, te midde van reuse-olieontdekkings in die land. Shino sê as Namibië nie ‘n nuwe bespreking oor energie-oorgang daar kan stel nie, sal die […]

Read More

Menzies se jongste saak draai weer in die hof - September 11, 2023

Menzies Aviation se aansoek vir ‘n bevel dat regter Shafimana Ueitele se vroeëre bevel bekragtig word, is weer vandag in die hof en dit word deur regter Ueitele aangehoor. Menzies eis redelike kennisgewing om die perseel by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te verlaat. Die maatskappy is op 19 Augustus uitgeskop en Paragon Aviation het […]

Read More

Raak dit weer koud? Hier’s jou voorspelling… - September 11, 2023

Nes ons gedink het die somer is hier, is daar ‘n kouefront wat die week in beweeg in die land met winderige toestande wat sal voorkom. Odilo Kgobetsi van die Windhoek weerkantoor het die voorspelling.

Read More