
Zim-owerhede soek nog na vermiste myners - October 3, 2023
Zimbabwiese owerhede soek steeds na oorlewendes wat ondergronds vasgekeer is toe ‘n ongebruikte goudmyn verlede week ineengestort het. Ongelukke in ongebruikte myne is algemeen in Zimbabwe, waar ambags- of kleinskaalse mynwerkers onwettige minerale probeer ontgin. Die jongste voorval het Vrydag in Chegutu, sowat 100 kilometer wes van die hoofstad Harare, plaasgevind. Daar is reeds 13 dood verklaar. Polite Kambamura, […]
Proteas kry uiters goeie oefening - October 3, 2023
Minstens 17 boulers is ingespan in Maandag se Wêreldbeker-opwarmingwedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Indië. Selfs die paaltjiewagter, Heinrich Klaasen, het sy kans met die bal gekry vir die Proteas. Quinton de Kock was die beste Protea-kolwer met ‘n onoorwonne 84, wat ‘n vennootskap van 72 lopies met Rassie van der Dussen ingesluit het. Die Swartpette het die reëngeteisterde wedstryd met sewe lopies gewen toe […]
Dronkbestuur neem toe in die Kaap - October 3, 2023
Die Stad Kaapstad se Openbare Nood-kommunikasie-sentrum het ‘n kommerwekkende tendens opgemerk, met statistiek wat aan die einde van die maand in die metro gestyg het. Die sentrum het meer as 2 000 voorvalle aangemeld, met ‘n merkbare toename in motorvoertuigongelukke en inhegtenisnemings weens dronkbestuur. Daar is oor die naweek 113 ongelukke aangemeld, sowel as 317 klagtes oor […]
Booys hoor Vrydag of sy borgappèl geslaag het - October 3, 2023
Die omstrede Okahandja-streeksraadslid, Steve ‘Biko’ Booys sal Vrydag hoor of sy appèl om borg te bekom suksesvol was of nie. Regters Christie Liebenberg en Herman Januarie het hom Maandag aangehoor. Hy is in September 2021 borg in die landdroshof op Okahandja geweier. Booys word op klagtes van bloedskande en verkragting in die streekshof verhoor. Volgens die staat het hy op 16 en 17 Januarie 2021 ‘n 20-jarige vrou verkrag […]
Kaapse owerhede kry skoon oudits - October 3, 2023
Terwyl Namibië sukkel, het die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, bevestig elk van die 14 provinsiale departemente asook elk van sy 11 instellings het ongekwalifiseerde oudits ontvang in die 2022/23-boekjaar. Dit is die beste oudit-uitkomste wat die provinsiale regeringsdepartemente en instellings gesamentlik in vyf jaar behaal het. Wenger sê […]
Nigeriërs vra 200% verhoging, ontvang N$624 - October 3, 2023
Nigerië se president, Bola Tinubu, het ‘n loonverhoging aangebied vir lae-inkomsteverdieners. Tinubu het aangekondig die gemiddelde laegraad-werker sal ‘n bykomende 624 Namibiese dollar vir die volgende ses maande ontvang om te help om die uitwerking van ekonomiese hervormings teen te werk en om Nigerië se sukkelende ekonomie te laat herleef. Die aankondiging volg voor ‘n groot arbeidstaking deur die National Labour Congress en die Trade […]
Boodskapper-RNS-tegnologie wen Nobelprys - October 3, 2023
Die Hongaarse wetenskaplike Katalin Kariko en haar Amerikaanse kollega Drew Weissman, wat in die ry by ‘n fotostaatmasjien ontmoet het, het die Nobelprys vir Medisyne ontvang. Die twee het boodskapper-RNS-tegnologie ontwikkel oor ‘n periode van 20 jaar. Die tegnologie is uiteindelik benut in die meer as 13 miljard Covid-entstowwe van Pfizer en Moderna wat toegedien is. Volgens die Nobel-stigting het die twee wetenskaplikes bygedra tot die ongekende tempo […]
NSFAF-studente het tot 15 Oktober om kontrakte te teken - October 3, 2023
Die Namibiese studente hulpfonds doen ‘n beroep op al die goedgekeurde studente vir 2023 wat nog nie hul kontrak onderteken het nie, dat hulle tot 15 Oktober tyd het om dit te doen. Die 2023-toekenningsproses sal op 31 Oktober sluit, vir die fonds om voorsiening te begin maak vir die aanvang van die 2024-aansoekproses vir finansiële […]
Meer besonderhede oor R44-ramp aan die kus - October 3, 2023
Antje Nauhaus is 15 000 Namibiese dollar borg in die Swkopmund-landdroshof met streng voorwaardes toegestaan. Nauhaus word van verskeie klagtes, insluitend bedrog, vervalsing en verskeie oortredings van die burgerlike lugvaart-wetgewing in verband met die noodlottige R44-helikopter ongeluk op 17 Julie aan die kus aangekla. Die vlieënier Jacques Jacobs en vlugingenieur Dirk von Weidts is in die ongeluk dood. […]
Geingob se uitgerekte New York-besoek is vermorsing van geld - October 3, 2023
President Hage Geingob het uiteindelik terug in die land aangekom na ‘n twee-weke reis na Frankryk en toe New York, waar hy die 78ste sessie van die VN se Algemene Vergadering bygewoon het. Dit het egter reeds op 22 September tot ‘n einde gekom en die president het eers op 30 September teruggekeer. Die werklike […]