Lugbesoedeling in Delhi op hoogste vlakke vanjaar
Besoedelingsvlakke in Indië se hoofstad, Delhi, het tot hul hoogste vlakke vanjaar gestyg, wat skole en kantore gedwing het om te sluit en die stad in “gevaarlike” dik bruin rookmis te bedek. In sommige dele van die stad is ‘n lewendige luggehalte-ranglys volgens IQAirput-vlakke op meer as 1 500, meer as 30 keer die vlak wat […]
So moet Kunene-streek toerisme ontwikkel: Mushelenga
Die 22ste Dr. Theo-Ben Gurirab-lesingreeks het afgeskop, met die tema “Ontsluit ekonomiese potensiaal: Benut toeriste-aantreklikhede en mynbouhulpbronne om infrastruktuurontwikkeling en ekonomiese groei in Kunene-streek aan te dryf”. Die sessie is geopen deur die internasionale betrekkinge-minister, Peya Mushelenga. Volgens Mushelenga moet die Kunene-streek met buurlande saamwerk om toerisme te ontwikkel.
DA soek opdatering oor Eskom se blatante geldmors
Die DA sê hy het aan die Spesiale Ondersoekeenheid geskryf oor sy ondersoek na die 840 miljoen Suid-Afrikaanse rand Wilge-woonkompleks naby die Kusile-kragstasie in Mpumalanga, wat Eskom agtergelaat en totaal verwaarloos het. Kevin Mileham van die party sê die DA het ‘n opdatering gevra oor die vordering met die ondersoek, weens onthullings oor hoe ernstig […]
Oud-Wallabies-afrigter in sop oor seksuele mishandeling
Oor na Australië, en ʼn veteraan uitsaaier en voormalige afrigter van die Wallabies-rugbyspan, Alan Jones, word aangekla van die seksuele mishandeling van sewe mans en ʼn tienerseun. Speurders van die Kindermishandelingseenheid het die 83-jarige Jones by sy huis in Sydney in hegtenis geneem, en beslag gelê op elektroniese toestelle. Jones het die nasionale span van […]
Taylor Fritz verbeter tot wêreld nommer vier
Tennis: Taylor Fritz van Amerika is nou vierde op die wêreldranglys, sy beste plek nog, nadat hy die eindstryd van die ATP-eindtoernooi in Turyn, Italië gehaal het. Jannik Sinner van Italië is steeds eerste nadat hy die titel ingepalm het, gevolg deur Alexander Zverev van Duitsland en die Spanjaard, Carlos Alcaraz. Daniil Medvedev van Rusland […]
Alleengelate 2-jarige dogtertjie sterf in huisbrand
Die polisie in Rehoboth het die dood van ‘n tweejarige dogtertjie bevestig nadat die huis waarin sy alleen gelaat is tot op die grond afgebrand het. Volgens die naweek-misdaadverslag het die voorval Vrydagaand by Farm Bankmine Camp plaasgevind. Die kleuter het aan haar beserings beswyk. Die naasbestaandes is in kennis gestel, en ondersoeke duur voort. […]
Fietsryers haal uit by Virgin Active Ride Joburg-wedren
Namibiese fietsryers het uitstekend gevaar in Sondag se Virgin Active Ride Joburg-wedren oor 97 kilometer deur die strate van Johannesburg. Vera Looser het net-net tweede gekom in die elite-vroueresies, in dieselfde tyd van 2 uur, 46 minute en 44 sekondes as die res van die topdrie oor die wenstreep. Suid-Afrika se S’Annara Grové was die […]
Baynes-projek nou reg vir implementering
Die ontwikkeling van die Baynes-hidro-elektriese projek vorder, met myne en energie-minister Tom Alweendo wat die implementeringsooreenkoms met Angola onderteken het. Alweendo het die belangrikheid van die projek uitgelig en die oorsprong daarvan in 1990’s uitvoerbaarheidstudies opgemerk. Die Baynes-terrein is gekies vir die laer omgewings- en sosiale impak wat dit sal hê in vergelyking met Epupa. […]
Verkiesingskommissie heul met Swapo: Mudge
Die Republikeinse Party is ontevrede met verskeie kwessies wat die Verkiesingskommissie van Namibië aanbetref. Volgens die party begin die probleme met die maatskappy wat die tender gekry het om die stembriewe te druk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Republikeinse Party se president, Henk Mudge, wat sê die kommissie het so ver gegaan as […]
Ontwikkelde lande moet betaal vir omgewingskade
Omgewingsake-minister Pohamba Shifeta het sonder voorbehoud verklaar dat diegene wat klimaatskade veroorsaak, Namibië en ander ontwikkelende lande moet betaal vir die skade wat aangerig is, veral in terme van versagtingsaksies. Hy het gepraat by die Hoëvlak Ministeriële Rondetafel oor pre-2030 Ambisies by COP29 in Azerbeijang. Hy sê ontwikkelende lande benodig tegnologie-oordrag, kapasiteitsbou en klimaat-finansiële hulpbronne […]