Verkiesingskommissie benodig jou voertuig
Die Verkiesingskommissie van Namibië nooi lede van die publiek uit om hul voertuie beskikbaar te stel vir gebruik tydens die komende verkiesings wat vir 27 November geskeduleer is. Kwalifiserende voertuie moet padwaardige enkel- of dubbelkajuit 2×4- of 4×4-modelle met bakkiekappe wees en nie ouer as 10 jaar nie. Inspeksies en padwaardigheidtoetse sal van 19 tot […]
Windhoek Stadspolisie-hoofkwartier nou Chief A.K. Kanime-gebou
Die Stad Windhoek het die afgetrede stadspolisiehoof Abraham Kanime, die stigtershoof van die Windhoek Stadspolisiediens, vereer deur hul hoofkwartier te hernoem van die P.A. De Wet-gebou na die Chief A.K. Kanime-gebou. Die geleentheid het saamgeval met die jaarlikse viering van Windhoek Stadspolisie-dag, wat elke 18 November waargeneem word. Kanime, wat in 2023 afgetree het, het […]
Plaaslike owerhede het dringende ingryping nodig
Cosatu sê dringende ingryping en ‘n nuwe befondsingsmodel is nodig om plaaslike owerhede te stabiliseer en te herbou. Die vakbondfederasie het verlede week sy voorlegging in die parlement oor die Mediumtermynbegrotingsraamwerk se Wysigingswetsontwerp op Inkomste ingedien. Die wetsontwerp dek aanpassings in begrotingstoewysings aan provinsiale en plaaslike regerings vir die 2024-/2025 boekjaar. Matthew Parks van Cosatu […]
Rowers breek by Windsor Castle-landgoed in, steel voertuie
Twee gemaskerde mans het verlede maand by Brittanje se koninklike Windsor Castle-landgoed ingebreek en twee voertuie uit ‘n skuur gesteel, het die koerant Sun Maandag berig. Koning Charles en sy vrou Camilla was nie in die landgoed ten tyde van die voorval nie, maar prins William en sy gesin was glo by Adelaide Cottage, deel […]
Vier Bokke pronk op Wêreldrugby-benoemingslys
Rugby: Vier Springbokke is benoem vir Wêreldrugby se jaarlikse toekennings. Suid-Afrika se mees ervare toetsspeler, Eben Etzebeth, Cheslin Kolbe en Pieter-Steph du Toit sal teen Caelan Doris van Ierland te staan kom vir die Mans Vyftiens Speler van die Jaar wanneer die wenners Sondagaand in Monaco aangekondig word. Sacha Feinberg-Mngomezulu kan as die Mans Vyftiens […]
Gee elke werklose Namibiër ‘n toelaag, eis NEFF
Die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters is in Grootfontein by die maatskaplike welsyn-ministerie om hul volgelinge se woede en ontevredenheid uit te spreek oor die wyse waarop die 600 Namibiese dollar Voorwaardelike Basiese Inkomstetoelaag toegeken word. Dit kom nadat die ministerie verlede week begin het om kwalifiserende huishoudings landwyd vir die voorwaardelike toelae te registreer. Huishoudings moet […]
Kondig ramptoestand af oor spaza-kos, eis ActionSA
ActionSA in Gauteng se Jeugforum eis dat president Cyril Ramaphosa beslissend optree om die spazawinkelkrisis die hoof te bied. Mologadi Modiba van die forum sê in plaas van leë beloftes, moet hy ‘n ramptoestand afkondig en konkrete stappe doen om kinders en die plaaslike ekonomie te beskerm. Sy sê toe hy die land toegespreek het, […]
Quincy Jones, Juliet Taylor kry Governors-toekennings
Die musieklegende, wyle Quincy Jones, en ervare rolwerwer, Juliet Taylor, is met die Academy-eretoekenning vereer by die 15de Governors-toekennings in Los Angeles. Dis ʼn belangrike geleentheid in die toekenningseisoen en word beskou as die Motion Picture Academy se tweede grootste aand van die jaar naas die Oscars. Die Britse skrywer-regisseur, Richard Curtis, het die Jean […]
All Black-vleuel uitgeskakel, onsekerheid oor Jordie Barrett
Rugby: Die Nieu-Seelandse vleuel, Samipeni Finau, is nie beskikbaar vir Saterdag se kragmeting met Italië in Turyn nie nadat hy nie ʼn harsingskuddingtoets kon slaag nie. Hy het ‘n hou teen die kop gekry tydens hulle nederlaag van 30-29-nederlaag teen Frankryk, en Peter Lakai het hom vervang. Dit is onseker of Jordie Barrett sal kan […]
Letshego fokus op digitale transformasie vir beter diens, selfvoorsiening
Die uitvoerende hoof van Letshego Mikro Finansiële Dienste Namibië, Melvin Angula, sê dat Letshego oor die afgelope vier jaar ‘n digitale transformasiestrategie gedryf het om die ervarings van beide hul kliënte en werknemers te verbeter. Volgens Angula poog hulle deur hierdie benadering om Namibiërs te ondersteun in die bereiking van finansiële stabiliteit en selfvoorsiening. Hy […]