Nuwe waterpunte vir Kavango Wes
Die regering sal 27 nuwe boorgate boor in die Kavango Wes-streek om watervoorsiening te verbeter en mens-dier-konflik aan te spreek. Volgens wat berig word is daar toenemende konflik by waterpunte waar diere en mense bymekaar kom en daar is 20 mense vanjaar dood daaraan. Die streek sukkel veral met konflik by die Okavango-rivier met krokodille […]
Onderwys sluit akademiese jaar af
Die akademiese jaar nader sy einde en skole sluit Vrydag. Studente, opvoeders en hoër onderwys-instansies handel ook hul finale assesserings, projekte en ander aktiwiteite af. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur van onderwys, wat sê alles verloop volgens plan…
SA ervaar in ‘22 die meeste kuberaanvalle in Afrika
Die Suider-Afrikaanse Bedrogvoorkomings sê die rol wat tegnologie speel in bedrog en kullery word ‘n groot uitdaging, veral in Suid-Afrika. In 2022 het die land die meeste kuberaanvalle op die vasteland beleef. Daar word beraam in 2023 het die gemiddelde aantal weeklikse kuberaanvalle per organisasie in Afrika jaar-tot-jaar toegeneem met 23-persent, wat dit die hoogste […]
Organiese wortels in VSA herroep – E. coli besmetting
Organiese en baba-wortels by kruidenierswinkels regoor Amerika is herroep na ‘n E. coli-uitbreking waartydens een persoon dood is. Die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -Voorkoming sê tot dusver is 15 mense in die hospitaal en 39 gevalle is in 18 state aangemeld. Die herroeping is van verpakte wortels wat deur Grimmway Farms aan groot supermarkte […]
Vraag na krag was reeds in 2004 onvolhoubaar
Die Internasionale Energie-agentskap sê Namibië se kraguitdagings het in 2004 begin toe vraag die vermoë om nuwe opwekkingskapasiteit te skep, verbygesteek het. Invoere beloop rondom 70 persent van plaaslike vraag. Een van die grootste bydraende faktor is die dalende opwekking by die Ruacana-hidroëlektriese aanleg. Teen 2022 het opwekking tot 20 persent gedaal, die laagste vlak […]
GOOD terleurgestel oor Chris Brown wat sal optree
Die GOOD-party het weer sy teleurstelling in die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, beklemtoon omdat hy nie hul kommer oor die komende Chris Brown-konsert aanspreek nie. Die sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die party het Schreiber aangemoedig om Brown as ‘n ongewenste persoon te verklaar weens sy geskiedenis van geslagsgeweld. Herron het die behoefte aan […]
Lelike aantygings teen Gaetz
Twee vroue het voor die Amerikaanse Huis se etiekkomitee getuig die gewese Republikeinse kongreslid, Matt Gaetz, het hulle vir seksuele gunsies betaal. Dit is volgens hulle prokureur, Joel Leppard. Gaetz, wat die bewerings ontken, is deur verkose president Donald Trump gekies om in sy tweede administrasie as prokureur-generaal te dien. Leppard sê in ʼn onderhoud […]
Jeremy Clarkson ruk op saam met boere
Jeremy Clarkson, die oud-aanbieder van die gewilde Top Gear-motorprogram sal vandag 20 000 Britse boere lei in ‘n protes teen sogenaamde Erf-belasting. Die boere ruk op na Westminster in Londen. Die belasting word op die boedel van iemand wat gesterf het, insluitend alle eiendom, besittings en geld gehef teen 40 persent met die belastingvrye drempel […]
Beste reën kom nog… hou moed
Ten spyte van die reën wat die afgelope tyd op sekere plekke in die land geval het is daar nog groot dele wat baie droog is, veral in die Suide. Dit lyk asof die noordelike, noordoostelike dele en Windhoek in die nabye toekoms amper elke dag ‘n kans op enkele buie het. Vir die Suide […]
So lyk die jongste dambulletin… reën is dringend nodig
Waterbronne vir die sentrale gebied is tans op 11,2 persent met Swakoppoort wat 19,2 persent water het en Von Bach, 10,6 persent. Oordragte is gedoen, ook van Berg Aukas. Volgens die jongste dambulletin is die bronne vir die Ooste bedroef op 1,3 persent met Otjivero wat net 2 persent water het. Hardapdam in die Suide […]