Stilfontein-myners moet bygestaan word
Die Workers International Vanguard League veroordeel die regering van nasionale eenheid vir wat hulle beskryf as blatante verhongeringstaktieke teen informele mynwerkers wat tans ondergronds is in Stilfontein in Noordwes. Shaheed Mahomed van die liga sê dreigemente oor die afsny van hulle water en kos, en dat hulle aangeval sal word, is onaanvaarbaar. Hy sê verskeie […]
G20 begin in Rio
G20-leiers kom byeen in Rio in Brasilië byeen vir hul jaarlikse beraad. Alle oë is op die vergadering te midde van ‘n verskuiwing in die wêreldorde met die terugkeer van president Donald Trump. Besprekings oor handel, klimaatsverandering en internasionale veiligheid sal teen skerp Amerikaanse beleidsveranderinge te staan kom wat Trump beloof wanneer hy in Januarie […]
NASA en Roscosmos kan nie ooreenkom oor luglek by ISS nie
NASA en die Russiese ruimteagentskap Roscosmos verskil steeds oor die oorsaak en erns van ‘n luglek in die Russiese segment van die Internasionale Ruimtestasie, een wat NASA sê moontlik kan lei tot ‘n katastrofiese mislukking in ‘n deel van ‘n Russiese module. Die grootste bekommernis is ‘n klein maar aanhoudende lekkasie in ‘n voorportaal van […]
Dokters wat internskappe doen eis hulle voordele
Leerlingdokters by Unam is sat en beplan om ‘n demonstrasie te hou om herkenning te kry as staatsamptenare en so, hulle voordele, mediese dekking ingesluit, terug te kry. Dit kom na ‘n hof reeds in November 2023 bevind het dat as gevolg van die ure wat hulle werk, hulle wel staatsamptenare is en geregtig is […]
Hofuitdagings kniehalter groot tenders
Die Sentrale Verkrygingsraad word gekniehalter met herhaaldelike regsuitdagings wanneer hy hoë-waarde tenders toeken. Die Tender Bulletin berig dat daar tans 16 van die sake is met sommige wat terugdateer na 2020. Die uitdagings, wat gebring word deur ‘n bieër wat nie die toekenning gekry het nie, vertraag ontwikkelingsprojekte wat spoorlyne, medisyne, voedselhulp, paaie, en koshuis- […]
Hyphen-ooreenkoms: Obeth sê ons moet GRN vertrou
Die voorsitter van die Groenwaterstofraad Obeth Kandjoze het hom ten sterkste uitgespreek teenoor diegene wat eis dat die regering se ooreenkoms met Hyphen bekend gemaak moet word. Hy het gepraat by ‘n bespreking oor die sosio-ekonomiese voordele van groenwaterstof in die hoofstad. Burgerlike samelewing organisasies sê die ooreenkoms moet bekend gemaak word omdat daar moontlik […]
Ophoping by Bots-grens, vervoerders sit met hulle hande in hul hare
Vervoerders in Namibië sit met hulle hande in hul hare. Die Botswana Verenigde Inkomstediens het bevestig dat die gebruik van transitokode 9999 vir gekonsolideerde vrag amptelik op 10 November tot ‘n einde gekom het. Hierdie stap, wat daarop gemik is om in lyn te kom met internasionale handelstandaarde, vereis dat alle vragoperateurs die Unieke Besendingverwysing […]
Red One doen baie goed met openingsnaweek
Die Hollywood supersterre Dwayne “The Rock” Johnson en Chris Evans se rolprent Red One het meer as 6 miljard Namibiese dollar by meer as 4 000 teaters in Noord-Amerika in sy loketdebuut verdien. Red One is die eerste behoorlike Kersfeesrolprent wat in teaters vertoon word sedert die Covid-19-pandemie van 2020. The Grinch het in 2018 […]
Man kry net N$15 000 in skadevergoeding in hoërhof
Die staat moet ‘n man van die Babylon informele nedersetting 15 000 Namibiese dollar vir onwettige arrestasie en aanhouding. Kalimbwe Kalimbwe is op 16 November 2022 in hegtenis geneem en by die Otjomuise-polisiestasie oornag aangehou op klagte van aanranding. Hy het die volgende dag verskyn, borg ontvang en alle klagtes is in Januarie 2023 laat […]
Kaapstad baklei teen Eskom se 44%
Die Stad Kaapstad sal vandag en môre mondelingse en geskrewe voorleggings doen tydens die Nasionale Energiereguleerder se verhore oor Eskom se 44-persent prysverhoging vir ‘n veeljarige bepaling. Die metro is ‘n heftige teenstander, namens inwoners, van die verhoging. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê dit is onbeskostigbaar, onregverdig en uit voeling met die finansiële […]