NSA: Maart se kommoditeit is nie-monetêre goud
Die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsbulletin vir Maart se ontleding vir die kommoditeit van die maand het gefokus op beide die uitvoer en invoer van nie-monetêre goud. Vir die maand van Maart het Namibië nie-monetêre goud ter waarde van 747 miljoen Namibiese dollar uitgevoer wat geheel en al na Suid-Afrika bestem is, terwyl die land aan […]
SAPD-hoof sê hy weet van ondersoeke by Eskom
Suid-Afrika se nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die polisie se bedryfsmaatreëls het Eskom se misdaad-sindikate ontwrig. Die SAPD, die Spesiale Ondersoekeenheid en die Valke verskyn voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge oor bewerings van korrupsie by die kragvoorsiener. Tussen April verlede jaar en April vanjaar is 1 160 sake geopen, met 143 […]
SA het landwye tekort aan bloutong-entstof
Die Suid-Afrikaanse Rooivleis-produsente-organisasie het boere gewaarsku teen die gebruik van onwettige en nie-goedgekeurde entstowwe in hul kuddes. Die organisasie sê dit is bewus van berigte dat sommige boere, weens die landwye tekort aan bloutong-enstof, hul diere met die onwettige entstowwe behandel om die siekte se verspreiding op hul plase te voorkom. Die enstof-tekorte is glo […]
Nantu deel bekommernisse van onderwysers
Die tiende Afrika Onderwys- en-Onderrigkonferensie wat deur die Afrika Federasie vir Onderwys-regulerende Owerhede, die Namibiese onderwysministerie en die Nasionale Onderwysersvakbond, Nantu, aangebied word, het vandag in Windhoek begin. Die hoofdoel van die geleentheid is om die rolle van die ministeries, regulerende owerhede en ander belanghebbendes te hersien en te hernu. Die doel is die herlewing […]
Olifantbevolking van Kaza onder die loep by konferensie oor mens-dier-konflik
Die Namibiese omgewingsministerie se konferensie oor mens-dier-konflik word môre amptelik in die hoofstad deur die adjunk-president Nangolo Mbumba geopen en duur tot Vrydag voort. Van die onderwerpe onder bespreking is die status van die olifantbevolking in die Kavango-Zambezi-oorgrensgebied, Kaza, en asook mens-olifant-konflik in sekere brandpunt-gebiede van die land. Mens-roofdier-konflik sal ook onder die loep kom […]
AfriForum vra hersiening oor Malema se haatspraak-uitspraak
AfriForum het vandag in die hooggeregshof in Johannesburg ʼn hersieningsaansoek gebring van die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie se besluit in 2019 oor Julius Malema se beweerde haatspraak. Die kommissie het bevind die leier van die EFF was nie skuldig aan haatspraak tydens ‘n byeenkoms in Newcastle, KwaZulu-Natal, in 2016 nie. Ernst van Zyl van AfriForum sê die […]
DRK: Nog 5 500 mense vermis ná oorstromings
Meer as 5 500 mense word nog vermis in die oostelike deel van die Demokratiese Republiek van die Kongo waar oorstromings reeds meer as 400 lewens geëis het. Talle oorlewendes wag dringend op voedsel van hulpverlenings-organisasies. Tientalle liggame is in twee dorpies in die Suid-Kivu-provinsie aangetref. Swaar reënval het tot fratsvloede en modderstortings gelei. Landerye […]
Nederlandse Navorsingsraad gee N$67,7 miljoen vir teleskoop-projek by Gamsberg
Die Nederlandse Navorsingsraad het ‘n toekenning van sowat 69,7 miljoen Namibiese dollar gegee aan ‘n Nederlandse span, saam met Britse, Finse en Namibiese sterrekundiges, wat die eerste kleurfoto’s van swart gate of gravitasiekolke in die ruimte moontlik sal maak. Die sterrekundiges sal die eerste millimetergolf-radioteleskoop in Namibië bou. Dit sal deel wees van die wêreldwye […]
Lede van stropery-sindikaat bly in aanhouding
Die vier beskuldigdes wat van voorneme was om renoster te naby Dordabis te stroop, het vandag in die Windhoek-landdroshof verskyn. Die saak van die drie Namibiese mans en een Zambiër is tot Vrydag uitgestel om ‘n Silozi-tolk te kry. Die 44-jarige Swenyeho Sililo, die 42-jarige Eric Kalunda, 46-jarige Matongo Sambi en 57-jarige Zambiër Lutile Nyambe […]
Borstlap bly onder verdowing in Millpark-hospitaal
Die gaan nie goed met bekende sakeman van Otjiwarongo, Theo Borstlap na hy met 68 persent brandwonde na die Millpark-hospitaal in Johannesburg vervoer is nie. Hy was Maandagaand in die teater, sy toestand bly kritiek en hy bly onder verdowing. Volgens sy familie is die dokters optimisties. Sy skoonseun Jacques Celliers gee die jongste in […]