Suid-Afrikaanse rand kry wind van voor
Goud verhandel reeds ‘n geruime tyd bo die 2 000 Amerikaanse dollar-kerf per fynons en die Amerikaanse dollar het met amper 6 persent versterk terwyl die rand verder verswak het en op die oomblik bo 19 teen die Amerikaanse geldeenheid verhandel. Intussen het President Cyril Ramaphosa hom opgeruk en meen Suid-Afrika is steeds onpartydig en […]
Muyunda gesels oor aanbevelings na mens-dier-konflik vergadering
Die drie-dag lange konferensie oor mens-dier-konflik is as ‘n sukses beskryf. Daar is volgens die omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, verskeie aanbevelings gemaak om die konflik te beperk. Een van die bydraende faktore is die beperkte kapasiteit in die ministerie self. Muyunda verduidelik. Hy het meer inligting oor van die strategieë so verwoord.
Borstlap se toestand verbeter, ontvang behandeling in Johannesburg
Dit gaan baie beter met Theo Borstlap. Die bekende sakeman van Otjiwarongo het op Cassingadag erge brandwonde op sy plot net buite die dorp opgedoen. Hy is nou reeds ‘n week in Johannesburg vir behandeling. Sy skoonseun Jacques Celliers het die jongste.
Bokke beskerm woude teen veldbrande
In die suidelike Chileense stad Santa Juana, wat vroeër vanjaar swaar getref is deur veldbrande, het plaaslike inwoners ‘n spesiale taakspan wat help om brande te bestry – ‘n trop bokke. Die bokke het reeds een inheemse woud van die Bosques de Chacay-park gered, en verhoed dat die park word deur Februarie-bosbrande verwoes word. Die […]
Gemengde gevoelens oor reuse-olifantbevolking
Namibië se olifantbevolking groei met 5,36 persent elke jaar met ‘n totale bevolking van 24 000 diere. Plaaslike berigte lui dat 160 in private besit is. Konflik met die spesie neem toe as gevolg van twee bronne: Water en voedsel. Die groter meerderheid van die diere kom in die noordoostelike gebiede voor met ‘n beraamde […]
Centurion word brandpunt van kapings in SA
Die polisie in Gauteng waarsku padgebruikers om waaksaam te wees wanneer hulle in Centurion en omliggende gebiede bestuur weens ‘n toename in motor- en vragmotorkapings in die gebied. Motors word op die R21, N1 en snelweë naby afritte gekaap. Misdadigers teiken hierdie motors op afritte waar dit onmoontlik is vir bestuurders om om te draai. […]
Oorlog sal langer duur omdat wapenverskaffing vertraag is
Die voormalige adjunk-geallieerde bevelvoerder van Navo, sir Richard Shirreff het met Sky News in Brittanje gesels oor die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky se besoek aan verskeie Europese lande. Shirreff sê dit is goeie nuus dat talle Europese lande wapentuig belowe het maar, sê die oorlog kan gevolglik vir jare voortduur.
Alcaraz neem eerste plek in die wêreld in
Carlos Alcaraz van Spanje het weer die nommer een-posisie in die wêreld by die veteraan Serwiër, Novak Djokovic, oorgeneem. Dit is die enigste verandering in die top tien op die jongste mansranglys. Die Rus, Daniil Medvedev, is steeds derde, gevolg deur Casper Ruud van Noorweë en Stefanos Tsitsipas van Griekeland. Nog ʼn Rus, Andrey Rublev, […]
Uiters kort kennigsgewing op tender vir hengse fees
Die Tender Bulletin berig oor die eerste tender vanjaar wat deur die ministerie van internasionale betrekkings bekend gestel is. Maatskappye is gevra om te tender vir ‘n fees wat na Cassingadag, op 6 en 7 Mei, gehou is, maar, is presies een dag gegee om die tenders saam te stel. Dit was ook ‘n baie groot partytjie […]
Putin vertrou nie sy hoofde nie, net vir Wagner
Die Wagner-hoof Yevgeny Prigozhin het weer uitgevaar teen militêre hoofde in Rusland omdat hulle blykbaar opdrag gegee het dat soldate nie Bakhmut verder moet verdedig nie. Volgens Prigozhin verloor hulle op die oomblik groot dele terrein wat hulle vroeër oorgeneem het. Volgens die Russiese joernalis Andrei Soldatov, het President Vladimir Putin Wagner en Prigozhin nodig omdat hy nie sy weermag-hoofde kan vertrou nie.