Ses is dood in brand in Wellington-herberg
Minstens ses mense is dood en minstens elf word vermis nadat ‘n brand by ‘n herberg in Nieu-Seeland se hoofstad, Wellington, uitgebreek het. Die Loafers Lodge het net na middernag aan die brand geraak en inwoners moes ontruim. Owerhede sê daar was vermoedelik sowat 100 mense in die gebou toe die brand ontstaan het. Die eerste minister, Chris Hipkins, beskryf […]
Limpopo se malaria-gevalle wek kommer
Die Gesondheidsdepartement in Limpopo sê die provinsie beleef die afgelope vier weke ‘n skerp toename in malariagevalle. Dit het tot 1 423 gestyg en twee sterftes is aangemeld. Die syfer is baie hoër as vorige jare s’n. Die departement se woordvoerder, Neil Shikwambana, sê die huidige styging word toegeskryf aan gunstige weerstoestande vir muskiete om uit […]
Trans-Kalaharispoor kry momentum
TransNamib het ‘n ooreenkoms met Sea Rail Botswana onderteken vir sy deel naby Gobabis, wat die multimiljard-dollar Trans-Kalahari spoorwegprojek sal uitrol. Die lyn is daarop gemik om Botswana se steenkoolbronne met Namibië se hawe te verbind. ‘n Omgewings-impakstudie sal nou uitgevoer word en wanneer die lyn opgeknap is, sal die vervoer van steenkool van die buurland tot by Namport begin. Daar is vroeër ‘n ooreenkoms onderteken vir ‘n droë-hawe fasiliteit by Gobabis. Dit […]
Landbou reageer op olifantsyfers
‘n Boer in die Noordweste wat gebukkend gaan onder mens-olifant-konflik sê daar is te veel olifante in Namibië. Namibië se olifantbevolking groei met 5,36 persent elke jaar met ‘n totale bevolking van 24 000 diere. Die groter meerderheid van die diere kom in die noordoostelike gebiede voor met ‘n beraamde 4 000 diere wat in Etosha en […]
Aarto steeds in die SA-nuus
Die Konstitusionele Hof in die buurland moet nog oor die wettigheid van die Aarto-wet beslis, maar die Agentskap vir Padverkeersoortredings gaan voort met die implementering daarvan. Die agentskap hou die hofverrigtinge noukeurig dop om nakoming van enige finale uitsprake te verseker. Die Aarto-wet het ten doel om verkeers-oortredings te reguleer en ‘n strafpuntestelsel in te stel om veiliger bestuurdersgedrag te […]
Malawi se inentingsveldtog skop af
Die regering in Malawi het in samewerking met die Wêreldgesondheids-organisasie, Unicef en die entstof-alliansie Gavi, begin met ‘n veldtog om meer as nege miljoen kinders teen lewensgevaarlike siektes in te ent. Die doel van die inentingsveldtog is om ‘n gesondheidskrisis te verhoed nadat die sikloon Freddy vroeër vanjaar tot groot verwoesting en die ontworteling van meer as 500 000 mense gelei het. Meer […]
Jhb-burgemeester het verdwyn
ActionSA in Gauteng sê Johannesburg is weer sonder ‘n burgemeester terwyl die stad dringend politieke leierskap nodig het. Media in Suid-Afrika berig oor ernstige aanklagte van bedrog teen burgemeester Kabelo Gwamanda. Hy het na bewering mense uit ‘n begrafnisskema bedrieg en beweer hy het kwalifikasies wat hy inderwaarheid nie het nie. Funzi Ngobeni van ActionSA […]
Onduidelik wat met Amushelelo se bates-saak gaan gebeur
Die saak waar die aanklaer-generaal Martha Imalwa Michael Amushelelo se bates teiken vir beslaglegging, sal vandag voor regter Ramon Maasdorp voorkom. Die hof het beveel dat Amushelelo, wat in aanhouding op Seeis is op onverwante arbeidsonrus-klagte, voor die hof gebring moet word. Die staat het reeds sy finale betoë ingedien maar, Amushelelo se regsman, Sisa Namandje het onttrek as regsverteenwoordiger op rekord. Imalwa wil bevele vir agt luukse voertuie sowel […]
Rusland sê arrestasie van Putin sal as oorlogsverklaring beskou word
Die ANC sê die Verenigde Rusland-party waarsku indien Suid-Afrika die Russiese President Vladimir Putin, in hegtenis neem wanneer hy vir die Brics-beraad opdaag, sal dit as ‘n oorlogsverklaring beskou word. Dit kom te midde van voortgesette spanning tussen Rusland en die Weste, met verskeie lande wat sanksies teen die land instel oor sy optrede in Oekraïne. Suid-Afrika […]
DeSantis kap stil-stil na Trump
Terwyl die Florida-goewerneur Ron DeSantis nog nie sy amptelike veldtog vir Republikeinse presidentskandidaat vir 2024 aangekondig het nie, reis hy gereeld na ander deelstate en lewer toesprake. In Iowa het hy na sy voormalige vriend, oudpresident Donald Trump verwys, sonder om hom te noem. Hy meen die kultuur van verloor en dan op die verlede die fokus te stel, kniehalter […]