Hof wil weet van Musk, Epstein en JPMorgan…
Elon Musk, is deur die Amerikaanse Virgin-eilande gedagvaar vir dokumente in sy eie regsgeding wat JPMorgan Chase daarvan beskuldig dat hy seksoortreder Jeffrey Epstein gehelp het. ‘n Amerikaanse distrikshof in Manhattan het op 28 April ‘n dagvaarding aan Musk uitgereik. Volgens die stukke is Musk moontlik deur Epstein na JPMorgan verwys. Die dagvaarding het ook alle […]
Klopp is beïndruk met sy span se veggees
Liverpool mik steeds na die boonste vier in die Premierliga na gisteraand se oorwinning met 3-0 oor Leicester. Curtis Jones het twee doele aangeteken en Trent Alexander-Arnold die ander een. Jürgen Klopp se span het hulle laaste sewe wedstryde gewen en is nou een punt agter Newcastle en Manchester United vir ʼn plek in die […]
Hooggeregshof bevind vir dieselfde-geslag huwelike
Die hooggeregshof het die Namibiese regering opdrag gegee om die huwelike tussen Matsobane Digashu en Johann Potgieter plaaslik te erken en dat hul kind, net bekend as L, erken word as hul afhanklike. So ook het die hof beslis in verband met die huwelik van Anita Seiler-Lilles en haar vrou Anette Seile. Regters Peter Shivute, […]
Amushelelo vra vir optog teen kragtarief-verhoging
Michael Amushelelo, wat vandag twee sake voor die hof het, een in die hoërhof vir die beslaglegging van sy bates in verband met geldwassery, en die ander in die laerhof in verband met sy mislukte werkloosheidsoptog, doen ‘n beroep op Namibiërs om op te staan teen die verhoging in kragtariewe. In ‘n handgeskrewe brief vanuit sy sel op Seeis, sê Amushelelo landsburgers […]
ANC-regering moet steenkool-kragstasies laat vaar
Die Presidensiële Klimaatskommissie sê die regering moet nie die gebruik van steenkoolkragstasies vir langer as hul natuurlike leeftyd verleng nie. Die kommissie kritiseer die plan en sê die regering se beleggingsplan vir billike energie-oordrag skiet tekort met ‘n aantal kwessies, insluitende vaardigheidsontwikkeling en ekonomiese diversiteit. Die kommissie sê die uitbreiding van die elektrisiteitsnetwerk is van deurslaggewende belang om hernubare projekte te […]
Afrika-ontwikkelingsbank sal help om wit Zim-boere te vergoed
Die Afrika-ontwikkelingsbank beplan om Zimbabwe te help om 67 miljard Namibiese dollar in te samel wat nodig is om wit boere te vergoed wat meer as twee dekades gelede van hul grond afgesit is. Die vergoeding is ‘n voorwaarde wat deur die land se grootste krediteure gestel is. Die bank se president Akinwumi Adesina sê hulle werk tans saam met […]
Britse ouers steel babamelk, dis eenvoudig te duur
Sky News in Brittanje berig dat die diefstal van babamelk toenemend regoor die land voorkom. Volgens die berigte het talle ouers eenvoudig nie die geld om babamelk, wat skerp gestyg het, te kan bekostig nie. Die nuus kom terwyl die land in ‘n lewenskoste-krisis verkeer. Nuwe data van First Steps Nutrition in die land toon dat die koste van die goedkoopste handelsmerk babamelk die afgelope twee jaar met 45 persent gestyg het. Sky se nasionale korrespondent Tom Parmenter het ondersoek ingestel.
Daan Viljoen-veldwagter en makkers verskyn weer op stropery-klagte
Die vier Namibiese mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n blouwildebees op 8 Februarie by die Daan Viljoen-wildreservaat gestroop het, sal vandag weer in die Windhoekse landdroshof in Katutura verskyn. Die assistent-veldwagter in die omgewingsministerie, Jan Otto Uirab, Harold Xarageb, Franklin Gaeb, en Dorian Neels Veldskoendraer het op 13 Februarie voor landdros Atutala Shikalepo verskyn wat die saak tot vandag toe uitgestel het […]
Tenders nou uit vir Prosopis-produkte
‘n Groot projek vir die bekamping, en benutting van Prosopis sal in die Suide van die land van stapel gestuur word. Orasecom vra vir tenders vir die bemarking en verkope van Prosopis-produkte by die /Ai //Ais-nasionale park, sowel as by Dreihuk, Gibeon en Mariental. Orasecom is die raadgewende liggaam vir die ontwikkeling en benutting van waterhulpbronne in die Oranje-Senqu-rivierbekken. Prosopis is ‘n […]
Hof sal nog uitspraak oor R50m-skenking aan Kuba lewer
Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou in AfriForum se hersieningsaansoek, om die regering se beplande skenking van 50 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Kubaanse regering te stuit. Die organisasie het verlede jaar ‘n dringende interdik bekom om te keer dat die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking die geld skenk. Die regering se […]