TLU het steeds kommer oor Cosatu se kommentaar oor boere
Die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika het sy teleurstelling uitgespreek oor die Menseregtekommissie se bevinding. Die kommissie het bevind Cosatu se opmerkings dat boere moordenaars en verkragters is, maak net hulle gevoelens seer en is nie ‘n menseregteoortreding nie. Die organisasie wou hê Cosatu moet die land se boere in die openbaar verskoning vra en 5 […]
Merc se opgraderings sal die naweek te sien wees
Mercedes se langverwagte opgraderings aan sy W14-motor is uiteindelik te sien by die naweek se Formule Een Emilia Romagna Grand Prix in Imola, Italië. Sedert die seisoen se eerste wedren in Bahrein, het die Silver Arrows besef hulle het ‘n fout gemaak deur by die vorige jaar se ontwerpkonsep te hou. Mercedes was versigtig om […]
Ombud reageer op hooggeregshof se beslissing
Die Namibiese ombudsman Basilius Dyakugha het, uit ‘n menseregte oogpunt die beslissing van die hooggeregshof verwelkom. Die hof het vanoggend beslis dat die gade van ‘n Namibiese burger, wat in ‘n huwelik van dieselfde geslag is, deur die Namibiese regering erken moet word, soos met ander huwelike. Dyakugha sê dit sal interessant wees om te […]
NamWater gesels oor watervoorsiening op Gobabis, Omaruru
Met ‘n swak reënseisoen is daar talle gebiede, ook die sentrale gebied, in Namibië wat waterskaarste sal ervaar. Maar, in die Gobabis-distrik staan damvlakke gesamentlik op ‘n skamele 8,4 persent met water wat steeds vanaf die Otjivero-dam na die Tilda- en Daan Viljoen-damme gepomp word. Die Otjiverodam se vlak staan tans op 10,7 persent. Kosmos […]
Fietsryers, voetgangers moet aandag kry op paaie
Die Namibiese vervoerminister John Mutorwa sê dorpsbeplanners en ingenieurs moet voorsiening maak vir voetgangers en fietsryers wanneer paaie ontwerp word. Sy aanmerkings kom met die VN se Wêreldwye Padveiligheidsweek wat tot 21 Mei duur en plaaslik ook gevier word. Afrika het veral uitdagings met die kwesbare padgebruikers en op die vasteland is 44 persent van […]
Hofuitspraak: Daar’s hoop vir Delgado & Lühl
Guillermo Delgado het gereageer op die beslissing van die hooggeregshof wat die regering opdrag gegee het om twee huwelike van dieselfde geslag te erken, en so ook, een egpaar se minderjarige seun as hul afhanklike. Delgado en sy man Phillip Lühl, sukkel self om erkenning, en ook so vir hulle drie kinders wat deur surrogaatskap […]
SA-landbou se verhouding met VSA lyk onseker
Die landbou-sakekamer Agbiz sê Suid-Afrika se landbouhandelsverhouding met Amerika lyk onseker. Dit volg nadat die Amerikaanse ambassadeur, Reuben Brigety, beweer het Suid-Afrika verskaf wapens aan Rusland. Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê Suid-Afrika kan sy voordelige handelsbetrekkinge met Amerika kwyt wees. Intussen sê die uitvoerende direkteur van AgriSA, Christo van der Rheede, indien die bewerings […]
Geen twyfel dat Shannon se dood nie moord was nie – Liebenberg
Die moordbeskuldigde broers en suster Azaan Madisia en Steven Mulundu is vanoggend onskuldig bevind op die klag van moord maar is skuldig bevind aan regsverydeling. Madisia is ook skuldig bevind op twee klagte van bedrog. aan die moord op Shannon Wasserfall. Regter Christie Liebenberg het hulle albei skuldig bevind aan regsverydeling terwyl Madisia ook skuldig […]
Hangala verduidelik produksie, en sluiting, van B2Gold
Alhoewel B2Gold se Otjikoto-myn in die eerste kwartaal van vanjaar 38 491 onse goud geproduseer, ‘n toename vanaf 35 061 onse wat in die vorige jaar geproduseer is, sal die sluiting van die myn weens uitgeputte hulpbronne in fases voortgaan. Die Otjikoto-myn in Kanadese besit sal na verwagting tussen 190 000 en 210 000 onse […]
BLSA wil weet oor wapenverkope aan Rusland
Business Leadership South Africa het ‘n beroep op die regering gedoen om duidelik standpunt in te neem oor wapenhandel met Rusland, soos ander lande soos China gedoen het. Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, het Suid-Afrika verlede week daarvan beskuldig dat hy Rusland van wapens en ammunisie vir die Oekraïne-oorlog voorsien het. Die organisasie se […]