
Outa sal staatsrede boikot - February 7, 2024
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy verkies om vanjaar president Cyril Ramaphosa se staatsrede te boikot. Dit is uit verset teen wat hy sien as politieke arrogansie en leë retoriek tydens die toespraak. Outa het mede-Suid-Afrikaners aangemoedig om deel te neem aan die optrede. Uitvoerende hoof Wayne Duvenage verwag die staatsrede gaan voorkeur gee aan […]
VSA-wetgewer verwerp hulppakket aan Israel - February 7, 2024
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ʼn Republikeins-geleide wetsontwerp verwerp wat hulp van meer as 331 miljard Namibiese dollar aan Israel wou gee. Altesaam 250 was daarteen en 180 daarvoor wat nie die tweederde-meerderheid gehaal het om die wetsontwerp te aanvaar nie. Die Demokratiese kongreslid, Alexandria Ocasio-Cortez, sê Amerika moet by sy wette en beleide […]
Frankryk se Willemse vir 4 weke geskors - February 7, 2024
Frankryk se slot, Paul Willemse, is vir vier weke geskors ná sy rooikaart teen Ierland in Vrydag se Sesnasies-wedstryd. Hy het in die agste minuut ʼn geelkaart gekry vir ʼn hoogvat op Andrew Porter. Dis gevolg deur ʼn tweede geelkaart na nog ʼn hoogvat, die keer op Caelan Doris. Dit is egter na ʼn rooikaart […]
1 000 werklose dokters in SA maar 100 Kubaanse dokters werk - February 7, 2024
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging-vakbond het kennis geneem dat ongeveer 100 Kubaanse dokters in Suid-Afrika werk, ondanks meer as ‘n 1 000 gekwalifiseerde plaaslike dokters wat werkloos is. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, het gesê dat Kubaanse dokters in landelike gebiede dien met gespesialiseerde vaardighede en dis waarom plaaslike dokters dit nie kan doen nie. […]
Gesprek oor nasionale pensioenfonds moet hervat - February 7, 2024
Reaksie word ontvang op ‘n verslag dat die meeste Suid-Afrikaners in die werkersklas dalk lewenslank moet werk weens onvoldoende voorsiening vir hulle oudag, met slegs ses-persent wat in gerief kan aftree. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie, wat sê daar moet weer oor die Nasionale Pensioenskema […]
SA se brandstofstyging sal Namibië raak - February 7, 2024
Terwyl Namibië se brandstofypryse chaos was het die prys in Suid-Afrika het weer gestyg. Die prys van petrol 93 en 95 is met 75 sent per liter verhoog, terwyl diesel met 0,05 persent swael gestyg het met 73 sent per liter en 70 sent vir diesel met 0,005 persent swael. Paraffien het met 53 sent […]
191 moordklagtes teen Kenia se kultusleier - February 7, 2024
Die Keniaanse kultusleier Paul Mackenzie en 29 medewerkers is aangekla van die moord op 191 kinders wie se liggame gevind is onder meer as 400 wat in ‘n woud begrawe is. Die beskuldigdes het almal die aanklagte wat voor ‘n hof in die kusdorpie Malindi gebring is, ontken. Een verdagte is geestelik ongeskik bevind om […]
Disney, Lucasfilm gedagvaar vir diskriminasie - February 7, 2024
Die aktrise Gina Carano dagvaar Disney en Lucasfilm weens diskriminasie en onregmatige afdanking. Sy was Cara Dune in die eerste twee speelvakke van die Disney Plus-reeks The Mandalorian. Die 41-jarige is in 2021 afgedank oor ‘n plasing op sosiale media waarin sy gesê het om ‘n Republikein te wees is vergelykbaar met Jode tydens die […]
EU werk saam met SA in goewetenskap - February 7, 2024
Die buurland se Raad vir Geowetenskappe gaan ‘n ooreenkoms van verstandhouding met die Europese Unie onderteken op die Afrika-mynbou-indaba in Kaapstad. Taufeeq Dhansay van die raad sê dit sal fokus op litium-soektogte en ander noodsaaklike minerale in Suid-Afrika. Dhansay sê die samewerking is daarop gemik om die soektog na en ontwikkeling van die minerale te […]
Water: Windhoek behaal steeds nie besparingsteikens nie - February 7, 2024
Stad Windhoek het kommer uitgespreek omdat inwoners van die stad steeds nie die water besparingsteiken van 10 persent haal nie. Tussen 30 Januarie en 5 Februarie is die stad 10 persent oor sy besparingsteiken. Die stad benut op die oomblik boorgat- en akwifer water, aangevul deur herwinde water en water van NamWater. Die stad het […]