Meer beleggings na Kaapstad gelok
Die Stad Kaapstad sê sy beleggings-bevordering en vaardigheids-ontwikkelingsprogram het groot winste in verskeie nywerhede in die metro aangespoor. Die stadsprojekte het miljarde Suid-Afrikaanse rand se beleggings vergemaklik en gelei tot die skep van duisende werksgeleenthede. Die burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê ingevolge die Stad se Building Hope-begroting is 41 miljoen rand toegeken vir […]
Erg wisselvallige SA rand tot 2024-verkiesing verwag
Valuta-handelaars voorspel reeds volgende jaar se algemene verkiesing in die buurland sal erge wisselvalligheid in die Suid-Afrikaanse rand meebring. Die rand se geïmpliseerde wisselvalligheid vir ‘n jaar het skielik opgeskiet van die driejaar-laagtepunt wat in Julie bereik is. Dit het sedert 13 Julie met ongeveer 70 basispunte tot 15,8 persent gestyg, een van die hoogstes […]
Trustco hernu ooreenkoms met Next Capital
Trustco het die hernuwing van ‘n bestuurs-ooreenkoms met Next Capital aangekondig om kontinuïteit van leierskap en belyning met aandeelhouers-belange oor die volgende dekade te verseker. Die ooreenkoms sal lei tot ‘n kumulatiewe bestuursfooi van 87 miljoen Namibiese dollar en verwante koste vir die ses maande geëindig in Februarie vanjaar. Kosmos 94.1 Nuus het met adjunk-uitvoerende […]
DA-leier sê nasionale konvensie moet konkrete oplossing verskaf
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die uitslag van die nasionale konvensie-onderhandelings moet beoordeel word op grond van of daar beslissende oplossings gebied word om die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter. Steenhuisen was aan die woord tydens die opening van die Nasionale Konvensie in Kemptonpark, Ekurhuleni. Hy sê dit kan, en moet nie, ‘n suiwer anti-ANC-projek […]
Meer as 27 mense dood, 100 gewond in Libië
Mediese bronne in Libië sê 27 mense is dood en meer as 100 gewond in gevegte tussen twee gewapende faksies in die hoofstad, Tripoli. Geweld het uitgebreek nadat die een groep, die SDF, ‘n bevelvoerder van die 444 Brigade in aanhouding geneem het. Die geweld het begin afneem nadat die bevelvoerder Dinsdagaand vrygelaat is. Tientalle […]
Walvisse se mikrofoon vermis
Die Namibiese Dolfynprojek versoek die hulp van die publiek om ‘n verlore wetenskaplike opname-toestel op te spoor wat laas op ‘n vasmeerplek in Donkiebaai gesien is. Donkiebaai is net buite Walvisbaai op pad uit na Pelican Point. Die toestel het op see verlore geraak of het dalk aan ‘n verbygaande vaartuig vasgehaak. Kosmos 94.1 Nuus […]
Hopwood dring aan op deursigtigheid in oliesektor
Die stigter en direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood het die wetlike en regulatoriese raamwerk van die Namibiese gas- en oliesektor onder die loep geneem. Hy is ‘n spreker by die twee daagse Olie- en Gaskonferensie in die hoofstad en sê deursigtigheid van kontrakte is van kritieke belang…
Vrede bevorder in SAOG onder Geingob-voorsitterskap
Namibiese President Hage Geingob woon tans as voorsitter van die SAOG-orgaan oor politiek, verdediging en veiligheid-samewerking, die 43ste Gewone SAOG-beraad van staatshoofde in die Angolese hoofstad Luanda by. Geingob sal sy voorsitterskap van die orgaan-troika aan die inkomende voorsitter, President Hakainde Hichilema van Zambië oorhandig. Die perssekretaris en woordvoerder van die Presidensie, dr. Alfredo Hengari, […]
Mashatile was nie in motor van BBP-aanranders
Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile was nie in een van die twee motors van die agt lede van sy BBP-beskermings-eenheid wat na bewering verlede maand motoriste op die N1 naby Sandton in Johannesburg aangerand het nie. Dit is volgens die minster van polisie, Bheki Cele, wat voor die parlement se Polisiekomitee verskyn het oor die voorval. […]
Visserman se boodskappe in bottels bereik talle
Die Bybelse uitdrukking, “werp jou brood op die water” is bewaarheid vir ʼn visserman van Nantucket in Amerika, wat tussen 2000 en 2006 honderde bottels met briewe daarin in die Groot Suid-kanaal in die Noordelike Atlantiese Oseaan gegooi het. Pennel Ames en sy gesin het ʼn tegniek vervolmaak om die briewe in die glas te […]