Namibië is gasheer van Internasionale Sout-konferensie

In November vanjaar word die eerste Internasionale Sout-konferensie ooit op die Afrika-vasteland in Namibië gehou. Die konferensie sal maatskappye in die internasionale soutvoorsienings-ketting op Swakopmund byeenbring en hulle sal beraadslaag oor die nuutste industrie-ontwikkelings en netwerk met eweknieë regoor die wêreld. Die besturende direkteur van die Walvisbaai Sout-maatskappy, André Snyman, gee meer besonderhede aan Kosmos […]

Read More

DA sê Landbank moet voor parlement verskyn

Die DA doen ‘n beroep op die Landbank om voor die parlement te verskyn sodat hy kan verduidelik hoe hy sy finansiële uitdagings gaan oorleef wat onder andere deur gryslysting en korrupsie veroorsaak is. Noko Masipa van die party sê die bank moet ondersteun en in die regte rigting gestuur word, maar om dit te […]

Read More

VN loof verdrag om oseane te beskerm

Die VN sekretaris-generaal, António Guterres, het VN-lidlande geloof vir die sluiting van ‘n historiese ooreenkoms om die wêreld se oseane te beskerm, ná tien jaar se onderhandelinge. Die Hoë See-verdrag het ten doel om 30 persent van die see teen 2030 in beskermde gebiede geplaas te hê, wat sal help teen die verlies van natuurlewe, […]

Read More

Rugby: Argentyne word as Sewes-kampioen in Kanada gekroon

Rugby: Argentinië het  hul Kanada-sewes-titel in Vancouver suksesvol verdedig toe hy Frankryk met 33-21 in die eindstryd geklop het. Argentinië, wat verlede week in die eindstryd van die Los Angeles-sewesreeks geklop is, het in ‘n harde eindstryd die oorwinning behaal na laat drieë deur Tobias Wade en Agustin Fraga. Australië het die bronsmedalje gewen nadat […]

Read More

SA regering bring hulde aan radioman Mark Pilgrim

Die Suid-Afrikaanse regering se Kommunikasie- en Inligtingstelsel sê die radioman Mark Pilgrim het ‘n onuitwisbare indruk op die uitsaaibedryf gelaat. Die 53-jarige veteraan-mediapersoonlikheid is Sondagoggend dood ná ‘n lang stryd teen fase vier-longkanker. Die waarnemende direkteur-generaal van die GCIS, Nomonde Mnukwa, sê Pilgrim was ‘n baie geliefde Suid-Afrikaanse persoonlikheid wat ‘n dapper stryd teen kanker […]

Read More

Pampoentjies breek uit in Oshakati

Pampoentjies het by ‘n skool in Oshakati in die Oshana-streek uitgebreek. Die hoogs aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur ‘n virus, is by die Laerskool Oshakati-Wes opgespoor. Johanna Haimene, direkteur van gesondheid van Oshana, sê ‘n span gesondheidsbeamptes sal vandag na die skool gestuur word om die situasie te monitor. Leerlinge wat die skool bywoon, […]

Read More

Kommer oor gewelddadige betogings van SA studente

Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, het sy kommer uitgespreek oor die gewelddadigheid van die studente se betogings by sommige van die land se universiteite, insluitend die Universiteit van die Witwatersrand. Ná onderonsies met die polisie en sekerheidswagte en die vernietiging van eiendom, het Nzimande in ‘n verklaring gesê dit is […]

Read More

China-Taiwan-kwessie meer ingewikkeld

‘n Suid-Afrikaner wat al dekades lank in Taiwan bly gee sy reaksie op die Chinese eerste minister Li Keqiang wat vreedsame hereniging met Taiwan belowe het, sowel as stappe om die onafhanklikheid van Taiwan teen te staan. Taipei het gereageer dat Beijing die Taiwannese se verbintenis tot demokrasie en vryheid moet respekteer. China, wat aanspraak […]

Read More

Sokker: Manchester United vermorsel

Sokker: Die bestuurder van Manchester United, Erik ten Hag, sê sy span se nederlaag teen Liverpool was teleurstellend en onprofessioneel. Liverpool het United gisteraand met sewe-nul vermorsel in hul Premierliga-kragmeting op Anfield. Dit is een van die Reds se grootste nederlae en ewenaar dieselfde geskiedkundige verloor-telling teen die Blackburn Rovers in April 1926, Aston Villa […]

Read More

DA verwelkom SAB se hulp aan ontluikende boere

Die DA het die Suid-Afrikaanse Brouery se hulpprogram van ‘n 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand in finansiële en nie-finansiële hulp vir ontluikende boere verwelkom. Parlementariërs is ‘n op toer na die Suid-Kaapse hop-produksiegebied geneem. Noko Masipa van die party sê beurtkrag het vanjaar se oes sleg geraak. Dit het hoër insetkoste vir boere tot gevolg.

Read More