Census-kandidate moet teen môre bevestig
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê al die suksesvolle kandidate, 3 540 toesighouers en 121 kiesafdeling-toesighouers, is nou bekend. Die lys van name is op die agentskap se webtuiste sowel as sy sosiale media platforms beskikbaar. Al die kandidate moet dringend bevestig dat hulle beskikbaar is deur bevestiging, bank besonderhede en ID-nommers aanlyn te verskaf. Daarna sal […]
Entstowwe is doeltreffend teen Eris Covid-variant
Die Pfizer-entstof word as doeltreffend beskou teen die nuwe Covid-19-subvariant. Die buurland se gesondheidsowerhede het bevestig dat die eerste geval van die nuwe EG.5 of Eris in Gauteng aangemeld is. Dit is onduidelik of die variant plaaslik ook voorkom. ‘n Gesondheidskenner en professor aan die Wits Universiteit, Guy Richards, sê diegene wat hoërisikogevalle is, sal […]
Vyf wat aangekla word van Sondagnag se gru-moord, bly agter tralies
Die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Windhoekse inwoner Patrick Hamupanda wreed vermoor het, is borgtog in die Katutura-landdroshof geweier. Die beskuldigdes, Lukas Simon, Festus Nehemia, Lukas en Kleipas Amutenya en Felix Imusi is Dinsdag in hegtenis geneem ná ‘n intensiewe soektog deur die Namibiese polisie. Nóg ‘n verdagte, Wilhelm Modesutus, is […]
Cyril moet intree en 70 000 werksgeleenthede in sitrusbedryf red
Die DA in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om met die Europese Unie en die Wêreldhandelsorganisasie in gesprek te tree oor wat hy oppervlakkige handelsversperrings teen die sitrusbedryf noem. Andricus van der Westhuizen van die DA sê as die EU ‘n algehele verbod op sitrusinvoere uit Suid-Afrika sou oorweeg, wat meestal […]
Georgia se verkiesing nie gesteel nie – Pence
Amerika se voormalige visepresident, Mike Pence, weerspreek oudpresident Donald Trump se volgehoue bewerings van verkiesingsbedrog in 2020. Trump en 18 ander is Maandag deur Georgia se distriksprokureur, Fani Willis, aangekla weens pogings om die verkiesingsuitslag in die staat om te keer. Pence het by die nasionale konferensie van staatswetgewers se wetgewende beraad in Indianapolis gesê, […]
Skotland sluit 4 SA-gebore spelers in vir Frankryk
Vier Suid-Afrikaans-gebore spelers sal Skotland op die Wêreldbekertoernooi verteenwoordig. Die vleuel Duhan van der Merwe, die senter Kyle Steyn en die stutte WP Nel en Pierre Schoeman is almal aangewys in die hoofafrigter, Gregor Townsend, se groep vir die toernooi in Frankryk. Hy het ook die skrumskakel Ben White ingesluit ondanks vrese oor sy fiksheid. […]
Renosterstroper Babi se vonnis-appèlsaak tot September uitgestel
Die renosterstroper en selfverklaarde profeet Jackson Babi, het vandag vlugtig voor die adjunk-regterpresident Hosea Angula in die Windhoek- hoërhof verskyn. Hy appelleer teen sy vonnis van 27 jaar vir renosterstropery. Hy is in September verlede jaar op Gobabis op 11 klagte skuldig bevind. Hy is in Mei 2020 in Kleine Kuppe in hegtenis geneem na […]
Kommunale boere het infrastruktuur broodnodig
Die Europese Unie en Duitsland se ondersteuning van 23,8 miljoen Namibiese dollar aan die Program vir Kommunale Grond-ontwikkeling van die landbouministerie word deur die Namibia National Farmers Union verwelkom. Hierdie mylpaal is ‘n fraksie van infrastruktuur-ontwikkelings ter waarde van 181,1 miljoen dollar wat deur die ministerie geïnstalleer is in verskeie kommunale gebiede van die streke […]
AfriForum: Plaasmoorde styg met 167%
AfriForum sê hy versnel die versterking van veiligheids-netwerke na aanleiding van ‘n kommerwekkende toename in plaasmoorde. Die organisasie se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid het gedurende die tweede kwartaal van vanjaar 76 plaasaanvalle aangeteken, met moorde wat met ‘n verstommende 167 persent gestyg het vergeleke met die vorige kwartaal. ʼn Woordvoerder van Afriforum, Jacques Broodryk, beklemtoon die […]
Rugby: Bokke speel nie in Groen en Goud teen Skotland, Ierland
Rugby: Die Springbokke gaan afwisselende kleure dra tydens hulle groepwedstryde teen Skotland en Ierland in die Wêreldbeker. Dit volg op die besluit van Wêreldrugby om meer inklusief ten opsigte van mense met kleurblindheid te wees. Die Bokke sal in hulle openings-wedstryd teen Skotland op 10 September die besige liggroen-truie dra en teen Ierland op 23 […]