Jaz-Z ‘red’ Brooklyn se openbare bib
Die Brooklyn Openbare Biblioteek het ‘n skerp styging in nuwe lede beleef wat grotendeels te danke is aan die 13 beperkte-uitgawe biblioteekkaartjies wat met kunswerke van die kletsrymer Jay-Z se albums versier is. Ter viering van hip-hop se 50ste herdenking het die biblioteek ‘n uitstalling geskep wat die musikant se loopbaan deur skaars foto’s, oorspronklike […]
Limpopo mors miljoene met munisipale spele
Die DA in Limpopo eis ‘n volledige verslag van die koste van die komende Suid-Afrikaanse Inter-Munisipale Spele en ‘n lys van al die provinsiale munisipaliteite wat gaan deelneem. Die spele word van 3 tot 8 September in Gaborone, Botswana gehou. Die DA-lid Lindy Wilson sê dis nie duidelik hoeveel elke munisipaliteit wat die spele gaan […]
Ministerie wil Etosha se paaie teer, as oplossing… maar vanwaar kom die geld?
Daar word berig dat die uitvoerende direkteur van die ministerie van omgewing en toerisme, Teofilus Nghitilia meen dat daar besluit is om van die paaie in Etosha Nasionale Park te teer. Dit sal volgens hom ‘n permanente oplossing wees vir die swak toestand van die grondpaaie wat nie onderhou word nie en gereeld klagtes uitlok […]
Hill-Lewis moet dieper kyk na werklike behuisingskrisis
Die GOOD Party doen ‘n beroep op Kaapstad se burgemeester Geordin Hill-Lewis om die behuisingskrisis in die stad aan te spreek, en nie geskok te wees oor die afstand wat mense na hulle werk aflê nie. Die burgemeester het in ‘n verklaring gesê die gebrek aan ‘n passasierspoorstelsel wat werk, is ernstig gevoel tydens die […]
63 migrante sterf toe boot by Kaap Verde omslaan
Drie-en-sestig mense is moontlik dood nadat ‘n boot met meestal Senegalese migrante aan die Kaap Verdiese kus in die Atlantiese Oseaan omgeslaan het. Agt-en-dertig mense, insluitend vier kinders tussen 12 en 16, is gered. Senegal se ministerie van buitelande sake sê die boot het die land op die 10de van verlede maand met 101 passasiers aan boord […]
Ox is opgewonde om na besering weer uit te draf
Daar is twee opwarmingswedstryde oor voordat die Springbokke hul Wêreldbeker-verdediging in Frankryk begin. Suid-Afrika pak Wallis Saterdag in Cardiff, met kaptein Siya Kolisi, skrumskakel Jaden Hendrikse, en stut Ox Nche wat gereed is om hul eerste toets van die jaar te speel. Nche keer terug van ‘n borsbesering en sê hy sien daarna uit om […]
DA se Brink was arrogant tydens Tshwane-staking
Die Transformation Alliance in buurland sê hulle is ontsteld oor die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, se arrogansie te midde van Samwu se drie-weke salarisstaking wat dienslewering in gedrang bring. Die organisasie beskuldig hom van ‘n gebrek aan leierskapsvaardighede terwyl inwoners moet worstel met rommel wat nie opgelaai word nie, kragonderbrekings en vuil water. Die partyleier, Abel Tau, gee die DA die […]
Jerry se ‘wet’ is terug parlement toe vir wysigings
Die omstrede Huweliks-wysigings wetsontwerp, wat deur privaatburger Jerry Ekandjo ter tafel gelê is en sonder enige moeite deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is, is nie op President Hage Geingob se tafel vir bekragtiging nie. Die wetsontwerp is deur na die Nasionale Raad toe wat dit terugverwys het na die parlement vir wysigings. Die parlement is op die oomblik in reses en hervat weer […]
Jhb verhaal miljoene in skuld van sy werknemers
Die Stad Johannesburg sê hy het teen die einde van verlede maand 13,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand van die 76,3 miljoen rand skuld vir munisipale dienste van sy werknemers en raadslede ingevorder. Die stad sê hy het meer as 7 miljoen rand van raadslede en permanente werknemers se salarisse afgetrek wie se munisipale rekeninge agterstallig is. Hy het ook 5,2 miljoen rand in regstreekse betalings van raadslede […]
Guterres woon Brics-beraad by
Die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sal volgende week die 15de Brics-beraad bywoon wat in Johannesburg gehou word. Volgens bronne in die VN sal een van Guterres se belangrikste fokuspunte die hernuwing van die Swartsee- graanooreenkoms en die belang van dié ooreenkoms vir internasionale voedselsekerheid wees. Sowat 20 internasionale organisasies en 67 leiers sal die beraad bywoon. Die belangstelling word […]