Weermaghoofde vergader oor bystandsmag in Niger
Weermaghoofde van die Wes-Afrika streeksliggaam, Ecowas, vergader vandag en môre oor die ontplooiing van ‘n bystandsmag vir moontlike militêre ingryping om demokrasie in Niger te herstel. Die vergadering vind in die Ghanese hoofstad, Accra plaas. Minstens 11 van Ecowas se 15 lidlande steun militêre ingryping om die demokraties verkose President van Niger Mohamed Bazoum se […]
Oscar wend hom tot hoogste hof vir parool
Die voormalige Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, wil hê die Konstitusionele Hof moet sy geskiktheid vir parool uitklaar nadat dit onlangs van die hand gewys is. Hy versoek die hof om die beweerde algehele verwarring uit te klaar wat die Appèhof veroorsaak het rondom die begin van sy vonnis vir die moord op sy meisie, Reeva […]
Gauteng-hospitale ervaar adrenalien-tekorte
Die DA in Gauteng is bekommerd oor die tekort aan adrenalien in openbare hospitale in die provinsie. Slagoffers van hartaanvalle word met adrenalien-inspuitings bygebring en dit word ook met ander lewensbedreigende mediese noodgevalle gebruik. ʼn Woordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê dokters by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal waarsku al vir maande oor die dreigende […]
Eris: Daar is nie plaaslik rede tot kommer nie
Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het gereageer op kommer vanuit die buurland oor die Covid-variant Eris. In Suid-Afrika sê owerhede die bestaande entstof werk. Maar, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is Eris nie gevaarliker as Omikron, waarvandaan hy ontwikkel het nie. Hy voeg by dat monitering voortduur, hier en in die res van die wêreld. Daar […]
Treine in die Kaap moet verbeter, veral na taxi-staking
Die GOOD Party in die buurland sê ‘n doeltreffende en geïntegreerde openbare vervoerstelsel is die lewensaar van enige moderne stad. Dit moet goed funksioneer en in staat wees om werk te skep en ekonomiese groei te verseker. Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om dringend ‘n werkkomitee […]
Zim-polisie het reeds per pos gestem
Die polisie in Zimbabwe het Dinsdag per pos gestem voor die land se algemene verkiesing op 23 Augustus. Stembriewe per pos word gereserveer vir burgers wat by ambassades in die buiteland werk, die polisie en weermag, en gesondheidsorgwerkers, wat noodsaaklike dienste verrig. Talle verkiesingsverwante hofsake, waarvan sommige nog nie opgelos is nie, het die druk […]
Texas-vrou vas na doodsdreigemente teen Trump-regter
’n Vrou van Texas is agter tralies nadat sy na bewering rasgebaseerde doodsdreigemente gemaak het teen die swart federale regter wat die 6 Januarie-saak van voormalige Amerikaanse president Donald Trump aanhoor. Op 5 Augustus het Abigail Jo Shry ‘n telefoonboodskap by die Washington-kantore van regter Tanya Chutkan gelos wat dreigemente op haar lewe insluit. Die […]
Slang-teengif word nou elders bekom oor Onderstepoort se kwessies
Onderstepoort Biologiese Produkte het die afgelope tyd ‘n reeks formidabele struikelblokke met veral die vervaardiging van diere-entstowwe teëgekom. In ‘n groot mate maak Namibië ook staat op Suid-Afrikaans-vervaardigde entstowwe vir verskeie sektore. Daar was tekorte aan slang-teengif in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende slangkenner en navorser, Francois Theart, gepraat wat sê die […]
Schlettwein waarsku weer teen vandalisme van water-infrastruktuur
Die landbouminister, Calle Schlettwein, het weer gemeenskappe in landelike gebiede gevra om water-infrastruktuur te beskerm. Sy aanmerkings kom na meer as 180 miljoen Namibiese dollar in verskeie streke deur die regering op water infrastruktuur vir kommunale boere en gemeenskappe bestee is. Vandalisme van die toerusting is algemeen en in sommige gevalle, word dit in ‘n […]
September is weer Amnestie-maand – Nampol
Die Namibiese polisie het aangekondig dat September weer Amnestie-maand is vir die inhandiging van onwettige wapens en ammunisie. Ingevolge die wet mag geen persoon wat onwettige ammunisie of wapens by die polisie inhandig vervolg word nie. Daar is toenemend uitdagings met wapens wat tydens huisrooftogte en tydens plaasaanvalle gesteel word en misdadigers is ook oor […]