Krieket: Aussies Smith en Starc beseer

Krieket: Die Australiese kolwer, Steve Smith en die snelbouler Mitchell Starc sal weens beserings nie aan die komende witbaltoernooi in Suid-Afrika deelneem nie. Smith het ‘n gewrigsbesering, terwyl Starc steeds met ‘n liesbesering sukkel. Australië sal drie internasionale eendagwedstryde en vyf T20-kragmetings in Suid-Afrika speel. Die Suid-Afrikaans-gebore Marnus Labuschagne sal Smith in die span vervang. […]

Read More

Regulasies oor staatswaterwerke onder die loep

Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie sê hy praat met belanghebbendes oor insette rondom die konsepregulasies wat verband hou met die toegang tot en gebruik van staatswaterwerke, staatsdamme en omliggende grond in staatsbesit vir ontspanningsdoeleindes. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê die samesprekings het ten doel om te verseker daar is deursigtigheid […]

Read More

Zhong Mei-saak as dringend beskou

Regter Eileen Rakow het vandag uitspraak gelewer in die saak waar die Chinese konstruksiemaatskappy, Zhong Mei Engineering-groep, NamRA en ‘n handvol ander respondente gedagvaar het om 33 miljoen Namibiese dollar terug te kry. NamRA het blykbaar opdrag gegee dat die fondse uit die maatskappy se rekening oorgedra word vir onbetaalde belasting tussen 2013 en 2018. […]

Read More

Biomassa-fees vanjaar by Gross Barmen

Die Standard Bank Biomassa-fees vind van 7 tot 9 September by die Gross Barmen-oord naby Okahandja plaas. Die fees word georganiseer deur die Namibia Biomass Industry Group, die Houtskoolvereniging van Namibië en Nust, en poog om Namibië se biomassa-sektor te bevorder. Op 7 September sal ‘n navorsing-simposium plaasvind en op 8 September word marktoegang, tegnologie, […]

Read More

AfriForum sê kriminele gemors moet opgeruim word

AfriForum sê die skokkende misdaadstatistiek vir die eerste kwartaal van die 2023/2024-boekjaar onderstreep die mislukking van die polisie onder die leierskap van minister Bheki Cele. Volgens die burgerregtegroep word die polisie lamgelê deur korrupsie en ʼn gebrek aan opleiding en aanspreeklikheid. Hulle maak voorspraak vir die desentralisering van die polisie. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Jacques […]

Read More

China kritiseer Taiwanse visepresident se besoek aan VSA

Die visepresident van Taiwan, William Lai, is terug op sy eiland ná ‘n besoek aan Amerika. China het dié besoek skerp gekritiseer, en noem Lai ‘n seperatis en moeilikheidmaker. Sommige Taiwannese amptenare vrees dat dit sal lei tot verdere intimiderende optrede deur China in die aanloop tot aanstaande jaar se verkiesing. Hulle meen verskerpte militêre […]

Read More

Kankervereniging ondersteun kinderkanker-pasiënte

Alexforbes ondersteun vanjaar se Yellow Ribbon-fees vir die voorkoming van kinderkanker in Namibië met ‘n borgskap van 85 000 Namibiese dollar. Vanjaar se fees vind op 2 September by die Atlantis-sportklub in Walvisbaai plaas en is ‘n jaarlikse geleentheid om nie net bewusmaking te skep nie, maar ook kinderkanker-pasiënte en hul gesinne te ondersteun. Rolf […]

Read More

Lodestone wil pyplyn van Oanobdam na sy Dordabis-myn hê

Lodestone Namibia se ystererts-mynprojek by Dordabis is besig met ‘n omgewingsbestuursplan vir sy watervereistes wat ‘n beplande water-pyplyn vanaf die Oanobdam naby Rehoboth insluit. Onlangse watervereistes van die myn is op twee miljoen kubieke meter water per jaar bepaal. Lodestone het in 2019, 2020 en 2021 konsultasies met NamWater gehad en voorgestel dat grootmaat water […]

Read More

Mosiehof: Eiendomslenings van byna N$40 miljoen nou betaalbaar

Kommersiële banke het 56 aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof gebring. Regters Orben Sibyea en Shafimana Ueitele het altesaam 102 aansoeke hanteer. Daar was slegs ses reël 108-aansoeke op die rol. Daar is 29 eiendomslenings ter waarde van 39,793 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is, met 27 lenings waarop 7,838 miljoen dollar geskuld […]

Read More

Botha: Dis nou die tyd om kripto te koop

Reaksie is ontvang oor die kripto-geldeenheid Bitcoin wat vandag ‘n nuwe laagtepunt van twee maande bereik het met ‘n reuse-daling van 7,2 persent wat Donderdag aangeteken is, Dit is die grootse daling sedert November 2022. Markte is getref deur ‘n vlaag verkope, met Wall Street se hoof-indekse wat Donderdag laer gesluit het en Asiatiese aandele […]

Read More