Effe positiewe uitkoms vir landbou in SA

Die landbou-ekonoom by FNB Suid-Afrika, Dawie Maree, sê daar is verskeie positiewe aspekte vir die buurland se landbousektor in die nasionale begroting, waarvan die eerste die nodige toewysing is om die energiekrisis te hanteer. Hy sê beurtkrag het voedselproduksie negatief geraak, wat op sy beurt weer voedselsekerheid bedreig. Die Nasionale Tesourie het ‘n groot deel […]

Read More

Freddy sal weer versterk oor Mosambiek-kanaal

Sikloon Freddy is reeds afgegradeer met winde van ongeveer 60 kilometer per uur, af van die 130 kilometer per uur winde wat Madagaskar getref het. Op die oomblik beweeg die stelsel na die Mosambiek-kanaal waar verwag word dat dit weer sal versterk. Maar daar is ‘n moontlikheid as die see-oppervlaktemperatuur oor die kanaal hoër as 30 grade Celsius is, net […]

Read More

Geoloog sê nee vir uraanontginning in Stampriet-bekken

‘n Bekende Namibiese geoloog sê uraan-ontginning in die Stampriet-bekken moet geensins toegelaat word nie. Die Stampriet Aquifer Uranium Mining-drukgroep, Sauma, het sy reaksie gegee op kommentaar deur die Omaheke-goewerneur, Pijoo Nganate, dat uraanontginning in sy streek ‘n kans gegee moet word en dat dit baie voordele in hou. Die enigste manier om die uraan te […]

Read More

N$27m vir landbou-tegnologie in Afrika

Drie landboutegnologie-innoveerders deel prysgeld ter waarde van 27 miljoen Namibiese dollar om voedselsekerheid op die vasteland te bevorder. Dit volg namate Afrika-boere voortgaan om die uitwerking van vele uitdagings, insluitend Covid-19 en klimaatsverandering, te beveg. DigiCow in Kenia, Brastorne Enterprises in Botswana en ThriveAgric in Nigerië sê die geld is daargestel om hul innovering ‘n […]

Read More

VN veroordeel Russiese inval in die Oekraïne op jaarherdenking

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê Rusland se inval in Oekraïne daag die beginsels en waardes van die multilaterale stelsel uit. Dit is môre ‘n jaar sedert president Vladimir Putin van Rusland tot 200 000 soldate gestuur het om Oekraïne binne te val. Dit is die grootste Europese inval sedert die einde van […]

Read More

Djokovic hoop hy kan by Indian Wells en Miami Ope speel

Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, sê hy hoop hy word toegelaat om volgende maand by Indian Wells en die Miami Ope te speel. DIe 35-jarige speler wat nie teen Covid-19 ingeënt is nie, het aansoek gedoen vir spesiale toestemming om na Amerika te reis. Tot minstens die 10de April moet mense nog bewys […]

Read More

Nog ‘n rondloper dier, die keer ‘n leeu in Noordwes

Die Noordwes-regering vra gemeenskappe om dit onmiddellik aan te meld as hulle wilde diere sien rondloop. Dit volg nadat ‘n leeuwyfie uit haar krat ontsnap het terwyl sy agterop ‘n Ford Ranger-bakkie vervoer is op die Beesdampad tussen Stella en Tlagameng. ‘n Woordvoerder van die polisie in Noordwes, Aafje Botma, sê dis die eienaar het […]

Read More

R2 miljard lening toon stand van sake by Jhb-koalisie

ActionSA in Gauteng sê die besluit van die huidige Johannesburg-koalisie om die stadsraad te vra om ‘n lening van 2 miljard Suid-Afrikaanse rand goed te keur, ontmasker die mate waartoe die ANC en EFF die beste belange van inwoners vir politieke gewin sal opoffer. Die ontsetelde burgemeester Mpho Phalatse het aanvanklik die lening by die […]

Read More

Shangula het kommer oor voorraad tekorte na tender-kansellasie

Senior personeel by die gesondheidsministerie, sowel as minister Kalumbi Shangula, het groot kommer oor die kansellasie van die 2,4 miljard Namibiese dollar se tender vir toerusting. Die Sentrale Verkrygingsraad het Woensdag die tender teruggetrek na dit ‘n herrie ontketen het. Maar, Shangula sê, terwyl hy die stap verwelkom, moet daar dringend uitsluitsel gekry word omdat daar voorraadtekorte is wat dienslewering gaan beperk. Hy het aan […]

Read More

Chaos op Okahandja duur voort… geen einde in sig nie

Die chaos op Okahandja blyk om voort te duur. Lede van informele nedersettings van op die dorp het onlangs ‘n vergadering met die dorpsraad van Okahandja gehou. Die groep wil eienaarskap van hul grond hê voor die algemene verkiesing in 2024. Dié vergadering spruit voort nadat die groep deur die minister van stedelike en landelike […]

Read More