Vrou wat baba Zephany Nurse in 1997 gesteel het, vry op parool

Die Suid-Afrikaanse vrou wat skuldig bevind is aan die ontvoering van die baba Zephany Nurse uit die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad in 1997, is op parool vrygelaat. Lavona Solomon het die baba as haar eie kind grootgemaak. Sy is skuldig bevind op aanklagte van ontvoering, bedrog en die oortreding van die Kinderwet, en gevangenisstraf van […]

Read More

Sokker: Aussies en Swede speel vir brons

Sokker: ʼn Troosprys is vandag op die spel in die wedstryd om die bronsmedalje tussen die mede-gasvrou, Australië, en Swede in die Wêreldbeker vir Vroue. Die twee spanne kom vanoggend om tien-uur Suid-Afrikaanse tyd in Brisbane teen mekaar te staan, na nederlae in die halfeindstryde teen Engeland en Spanje onderskeidelik. Selfs voor vandag se wedstryd […]

Read More

Alweendo en Ramokgopa bespreek groenwaterstof-projekte

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo het vandag samesprekings gehad met die Suid-Afrika se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, wat tans op ‘n werkbesoek aan Namibië is. Die groot afvaardiging sluit amptenare van Eskom in. Alweendo het aan die media gesê die gesprekke het gefokus op die ontwikkeling van groenwaterstof-inisiatiewe in beide […]

Read More

Vreedsame protes oor vrylating van aktivis

‘n Brief is aan die bevelvoerder van die Katutura-polisiestasiebevelvoerder geskryf namens ‘n groep bekommerde Namibiërs pleit vir die vrylating van aktivis Michael Amushelelo, na arrestasie op 21 Maart, asook die onlangse weiering van sy borgtogaansoek. Hulle beplan ‘n vreedsame protes-optog vanaf Shoprite Katutura via Onafhanklikheidsrylaan tot by die Windhoekse hoërhof op 23 Augustus vanaf half-nege […]

Read More

Duisende Kanadese moet ontruim weens brande

Duisende inwoners haas om stede van Kanada se noordwestelike gebiede te ontruim waar meer as 200 brande regoor die streek woed. ‘n Noodtoestand is afgekondig in Kelowna, ‘n stad sowat 300 kilometer oos van Vancouver met ‘n bevolking van sowat 150 000. Die ramp het uiters gevaarlike padtoestande veroorsaak en mense staan vir ure in […]

Read More

Krieket: Aussies Smith en Starc beseer

Krieket: Die Australiese kolwer, Steve Smith en die snelbouler Mitchell Starc sal weens beserings nie aan die komende witbaltoernooi in Suid-Afrika deelneem nie. Smith het ‘n gewrigsbesering, terwyl Starc steeds met ‘n liesbesering sukkel. Australië sal drie internasionale eendagwedstryde en vyf T20-kragmetings in Suid-Afrika speel. Die Suid-Afrikaans-gebore Marnus Labuschagne sal Smith in die span vervang. […]

Read More

Regulasies oor staatswaterwerke onder die loep

Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie sê hy praat met belanghebbendes oor insette rondom die konsepregulasies wat verband hou met die toegang tot en gebruik van staatswaterwerke, staatsdamme en omliggende grond in staatsbesit vir ontspanningsdoeleindes. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê die samesprekings het ten doel om te verseker daar is deursigtigheid […]

Read More

Zhong Mei-saak as dringend beskou

Regter Eileen Rakow het vandag uitspraak gelewer in die saak waar die Chinese konstruksiemaatskappy, Zhong Mei Engineering-groep, NamRA en ‘n handvol ander respondente gedagvaar het om 33 miljoen Namibiese dollar terug te kry. NamRA het blykbaar opdrag gegee dat die fondse uit die maatskappy se rekening oorgedra word vir onbetaalde belasting tussen 2013 en 2018. […]

Read More

Biomassa-fees vanjaar by Gross Barmen

Die Standard Bank Biomassa-fees vind van 7 tot 9 September by die Gross Barmen-oord naby Okahandja plaas. Die fees word georganiseer deur die Namibia Biomass Industry Group, die Houtskoolvereniging van Namibië en Nust, en poog om Namibië se biomassa-sektor te bevorder. Op 7 September sal ‘n navorsing-simposium plaasvind en op 8 September word marktoegang, tegnologie, […]

Read More

AfriForum sê kriminele gemors moet opgeruim word

AfriForum sê die skokkende misdaadstatistiek vir die eerste kwartaal van die 2023/2024-boekjaar onderstreep die mislukking van die polisie onder die leierskap van minister Bheki Cele. Volgens die burgerregtegroep word die polisie lamgelê deur korrupsie en ʼn gebrek aan opleiding en aanspreeklikheid. Hulle maak voorspraak vir die desentralisering van die polisie. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Jacques […]

Read More