Namibië vier 1ste plek in Afrika met geslagsgelykheid
Die inligtingsministerie het met trots aangekondig dat Namibië nommer een in Afrika en agtste wêreldwyd is wat geslagsgelykheid betref. Dit is volgens die Global Gender Gap Report 2023, wat jaarliks deur die Wêreld Ekonomiese Forum saamgestel word. Dit maak Namibië met ‘n telling van 80,2 persent die land met die hoogste geslagsgelykheid in Afrika. In […]
Inkomstediens verseker likwidasie van Gupta-maatskappy
Die Konstitusionele Hof in die buurland het ‘n appèl van direkteure wat by die Gupta-gekoppelde maatskappy Regiments Capital betrek is, van die hand gewys. Dit baan die weg vir die likwidasie van die maatskappy. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die appèl-aansoek teengestaan ná die Appèlhof ‘n vroeëre beslissing van die hooggeregshof teen die likwidasie omgekeer het. […]
Indië het swakste reënval in Augustus in ‘n eeu
Indië staal homself vir die swakste reënval in Augustus vir meer as 100 jaar. Die laer as verwagte moesonreën dié maand, sal ‘n negatiewe uitwerking hê op die opbrengs van somergraan soos rys en sojabone, wat tot prysstygings kan bydra, Die moesonreën is noodsaaklik vir landbou en verskaf sowat 70 persent van die water wat […]
Krieket: Luus versoek ontheffing van kapteinskap van Proteas
Krieket: Suné Luus het versoek om onthef te word van die kapteinskap van die Proteas, sodat sy op haar spel kan konsentreer. Sy het Suid-Afrika vroeër vanjaar in die eindstryd van die T20 Wêreldbeker aangevoer nadat sy vroeër by die beseerde Dané van Niekerk oorgeneem het. Onderkaptien Chloé Tryon het ook gevra om nie vir […]
Chaos by HKIA met Paragon wat vandag vraghantering oorneem
Die Namibiese Lughawensmaatskappy sê in ‘n mediaverklaring wat vanoggend eers deur lugrederye ontvang is, dat Menzies Aviation vandag die Hosea Kutako Internasionale Lughawe moet ontruim nadat sy vraghanteringsdienste Vrydag opgeskort is. Dit volg ná verskeie regsgedringe. Die lughawensmaatskappy sê Paragon begin vandag met vraghantering op die lughawe en vra vir samewerking van rolspelers. Volgens berigte […]
Transnet waarsku teen moontlike werksverliese
Transnet waarsku ‘n oplewing in vragmotorvervoer, aangevuur deur steenkoolpryse en spooruitdagings, kan ernstige werkverliese tot gevolg hê wanneer toestande verander. Transnet se logistieke kwessies het mynmaatskappye genoop om duur vragmotors te kies weens trein-bottelnekke. Meer as 3 500 vragmotors vervoer daagliks minerale, wat 2020 se vlakke verdubbel en kommer wek by vragmotoreienaars oor wanneer die […]
Orkaan Hilary op pad na Mexiko, suide van VSA
Orkaan Hilary sal na verwagting kategorie vier-sterkte bereik wanneer dit Mexiko en die suide van Amerika vandag met ʼn windspoed van tot 230 kilometer per uur bereik. Voorspellers verwag dit sal stoom verloor en in ʼn tropiese storm ontwikkel wanneer dit oor die suide van Kalifornië, Nevada, Arizona en Utah inbeweeg. Hilary sal die eerste […]
Wyle Reeva se ouers staan nie Oscar se parool-aansoek teen
Wyle Reeva Steenkamp se ouers het aangedui hulle sal nie die parool-aansoek van die voormalige Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, in die Konstitusionele Hof teëstaan nie. June en Barry Steenkamp se regsverteenwoordiger, Tania Koen, het die besluit bevestig. Pistorius, wat skuldig bevind is aan die moord op hulle dogter op Valentynsdag in 2013, het die hof […]
BoN skort Trustco Bank se banklisensie tydelik op
Die Bank van Namibië het Vrydag na oorleg met die minister van finansies en openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi, besluit om die magtiging van Trustco Bank Namibia om as bankinstelling te funksioneer, met onmiddellike effek op te skort. Die skorsing is tydelik en onderhewig daaraan dat Trustco Bank sekere gestipuleerde gevalle van nie-nakoming regstel binne ses […]
Copps 94.1: Dronkbestuur en geweld vier hoogty
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram het weer ‘n aksiebelaaide aand gehad wat afgeskop het met ‘n dronkbestuur-verwante ongeluk en mediese noodgevalle weens bottel- en messtekery. Copps 94.1 was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons vennote G4S Namibia, Autohaus Windhoek, Minet Namibia Insurance Brokers, ITR Earthmoving Equipment, Engen Eureka, WestCare Medical Centre en Cema […]