Kommer oor joernaliste tydens Zim-verkiesing

Die Suider-Afrikaanse Redakteursforum veroordeel ten sterkste die algehele verbod op sommige media-organisasies en individuele joernaliste wat die Zimbabwiese verkiesings wat vir 23 Augustus beplan is, wil rapporteer en waarneem. Dit het onder forum se aandag gekom dat Zimbabwiese owerhede sy eie joernaliste, asook dié van die buurland Suid-Afrika, soos die voormalige SAUK-bedryfshoof Chris Maroleng, verbied […]

Read More

Christine hardloop weer sodra wagtydperk verby is

Die Wêreld-atletiekkampioenskappe skop vandag af in Boedapest, Hongarye. Terwyl Namibië deur drie atlete verteenwoordig word, sal die Olimpiese naelloper Christine Mboma nie in aksie wees nie. Christine, wat na hierdie byeenkoms uitgesien het, wag steeds vir klaring van die Wêreld-atletiekliggaam oor haar hormoonvlakke wanneer sy toegelaat word om deel te neem. Haar afrigter, Henk Botha […]

Read More

Namibië vier 1ste plek in Afrika met geslagsgelykheid

Die inligtingsministerie het met trots aangekondig dat Namibië nommer een in Afrika en agtste wêreldwyd is wat geslagsgelykheid betref. Dit is volgens die Global Gender Gap Report 2023, wat jaarliks deur die Wêreld Ekonomiese Forum saamgestel word. Dit maak Namibië met ‘n telling van 80,2 persent die land met die hoogste geslagsgelykheid in Afrika. In […]

Read More

Inkomstediens verseker likwidasie van Gupta-maatskappy

Die Konstitusionele Hof in die buurland het ‘n appèl van direkteure wat by die Gupta-gekoppelde maatskappy Regiments Capital betrek is, van die hand gewys. Dit baan die weg vir die likwidasie van die maatskappy. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die appèl-aansoek teengestaan ná die Appèlhof ‘n vroeëre beslissing van die hooggeregshof teen die likwidasie omgekeer het. […]

Read More

Indië het swakste reënval in Augustus in ‘n eeu

Indië staal homself vir die swakste reënval in Augustus vir meer as 100 jaar. Die laer as verwagte moesonreën dié maand, sal ‘n negatiewe uitwerking hê op die opbrengs van somergraan soos rys en sojabone, wat tot prysstygings kan bydra, Die moesonreën is noodsaaklik vir landbou en verskaf sowat 70 persent van die water wat […]

Read More

Krieket: Luus versoek ontheffing van kapteinskap van Proteas

Krieket: Suné Luus het versoek om onthef te word van die kapteinskap van die Proteas, sodat sy op haar spel kan konsentreer. Sy het Suid-Afrika vroeër vanjaar in die eindstryd van die T20 Wêreldbeker aangevoer nadat sy vroeër by die beseerde Dané van Niekerk oorgeneem het. Onderkaptien Chloé Tryon het ook gevra om nie vir […]

Read More

Chaos by HKIA met Paragon wat vandag vraghantering oorneem

Die Namibiese Lughawensmaatskappy sê in ‘n mediaverklaring wat vanoggend eers deur lugrederye ontvang is, dat Menzies Aviation vandag die Hosea Kutako Internasionale Lughawe moet ontruim nadat sy vraghanteringsdienste Vrydag opgeskort is. Dit volg ná verskeie regsgedringe. Die lughawensmaatskappy sê Paragon begin vandag met vraghantering op die lughawe en vra vir samewerking van rolspelers. Volgens berigte […]

Read More

Transnet waarsku teen moontlike werksverliese

Transnet waarsku ‘n oplewing in vragmotorvervoer, aangevuur deur steenkoolpryse en spooruitdagings, kan ernstige werkverliese tot gevolg hê wanneer toestande verander. Transnet se logistieke kwessies het mynmaatskappye genoop om duur vragmotors te kies weens trein-bottelnekke. Meer as 3 500 vragmotors vervoer daagliks minerale, wat 2020 se vlakke verdubbel en kommer wek by vragmotoreienaars oor wanneer die […]

Read More

Orkaan Hilary op pad na Mexiko, suide van VSA

Orkaan Hilary sal na verwagting kategorie vier-sterkte bereik wanneer dit Mexiko en die suide van Amerika vandag met ʼn windspoed van tot 230 kilometer per uur bereik. Voorspellers verwag dit sal stoom verloor en in ʼn tropiese storm ontwikkel wanneer dit oor die suide van Kalifornië, Nevada, Arizona en Utah inbeweeg. Hilary sal die eerste […]

Read More

Wyle Reeva se ouers staan nie Oscar se parool-aansoek teen

Wyle Reeva Steenkamp se ouers het aangedui hulle sal nie die parool-aansoek van die voormalige Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, in die Konstitusionele Hof teëstaan nie. June en Barry Steenkamp se regsverteenwoordiger, Tania Koen, het die besluit bevestig. Pistorius, wat skuldig bevind is aan die moord op hulle dogter op Valentynsdag in 2013, het die hof […]

Read More