Namibiese omgewingsministerie berei Droogte-protokol voor

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sê droogtes lei tot grond-agteruitgang en verwoestyning, en het ‘n beduidende impak op baie Afrika-lande. Shifeta woon die Afrika ministeriële omgewingskonferensie in Addis Abeba in Ethiopië by. Hy sê droogtes lei tot die verlies van menselewens, voedsel-onsekerheid, waterskaarste, agteruitgang van natuurlike hulpbronne, maatskaplike onrus en het negatiewe gevolge op die […]

Read More

DA: Vroue en kinders ly ergste onder geweld

Die DA sê die Suid-Afrikaanse misdaadstatistiek vir April tot Junie vanjaar toon hoewel daar ‘n welkome algemene afname in die meeste misdade was vergeleke met die vorige jaar, duur die gewelddadige oorlog teen vroue en kinders onverpoosd voort. Die DA-lid, Andrew Whitfield, sê vroue en kinders dra steeds die swaarste aan geweld. Dit word beklemtoon […]

Read More

VN: 22 hulpwerkers in Sudan vermoor

Die Verenigde Nasies het bekendgemaak dat minstens 22 hulpwerkers vanjaar in Suid-Sudan vermoor is. Suid-Sudan is bo-aan die lys van die gevaarlikste lande vir hulpwerkers. Sedert die begin van die jaar was daar 40 aanvalle op hulpverleners in dié land en 36 mense is ook beseer. Die VN se waarnemende humanitêre koördineerder vir Suid-Sudan, Peter […]

Read More

Lofliedere oor Donkiebaai

Donkiebaai naby Walvisbaai het weer eens nie internasionale branderplankryers teleurgestel wat van heinde en verre kom het om die hoogste golwe aan te durf nie. ‘n Amerikaanse branderplankryer van Hawaii, Jamie O’Brian verduidelik waarom die Donkiebaai se branders so gesog is…

Read More

Vraghantering-sage oor HKIA duur voort

Kosmos 94.1 Nuus verneem dat Menzies Aviation op die oomblik poog om ‘n dringende aansoek voor die hooggeregshof te bring in verband met die opdrag dat hy die lughawe-perseel ontruim. Daar was groot onsekerheid vanoggend op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe met beide Eurowings van Lufthansa en Qatar Airways wat skerp gereageer het op die […]

Read More

Waarskuwing oor hoë brandgevaar in buurland

AfriForum het ‘n ernstige waarskuwing uitgereik met groot dele van die buurland wat ‘n hoë brandgevaar-tydperk in die droë seisoen betree. Provinsies soos die Noord- en Oos-Kaap, die Vrystaat, Noordwes, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal word bedreig weens stygende temperature, lae humiditeit en sterk wind wat in die komende weke voorspel word. Die rampbestuur-spesialis van […]

Read More

Fokus op beter onderlinge handel in Afrika

Afrika moet ‘n verenigde benadering volg ten opsigte van internasionale handelskwessies, volgens die Sentraal-Afrikaanse Republiek se ambassadeur in Suid-Afrika, André Nzapayeke. Hy het dit gesê aan afgevaardigdes by die Suid-Afrikaanse Brics-sakeraad se vergadering in Johannesburg. Dié vergadering is ‘n voorloper tot die Brics-beraad wat aanstaande week plaasvind. Nzapayeke sê Afrika moet werk aan sy potensiaal […]

Read More

Rugby: Springbokke mik na derde agtereenvolgende sege op Cardiff

Rugby: Die Springbokke mik na ʼn derde agtereenvolgende oorwinning in Cardiff wanneer hulle vandag in ʼn opwarmingswedstryd vir die Wêreldbeker teen Wallis speel. Suid-Afrika het die Rooi Drake in hulle vorige twee kragmetings geklop na vier agtereenvolgende nederlae. Wallis lek dalk nog hulle wonde na hul nederlaag teen die Bokke in die halfeindstryd van die […]

Read More

Trustco Bank reageer op sy tydelike opskorting

Die Trustco-groep het sy reaksie gegee nadat die Bank van Namibië Vrydag Trustco Bank Namibia se banklisensie tydelik opgeskort het. Volgens die sentrale bank is na oorleg met die minister van finansies en openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi, besluit om die magtiging van Trustco Bank om as bankinstelling te funksioneer, met onmiddellike effek op te skort. […]

Read More

ANC: Westerse sanksies teen Zim, Noord-Korea en Kuba moet stop

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die party se steun vir die beëindiging van Westerse sanksies teen Zimbabwe, Noord-Korea en Kuba uitgespreek. Mbalula het saam met ‘n partylid, Maropene Ramokgopa, ‘n geleentheid by die Chinese ambassade in Tshwane bygewoon in aanloop tot President Xi Jinping se staatsbesoek. Die funksie is ‘n voorloper tot […]

Read More