Ekonoom Brown sê nasionale pot moet meer bydraers hê

Die Cirrus-ekonoom Rowland Brown sê in ‘n opiniestuk dat die oplossing vir die meeste van die land se probleme ‘n hoogs gefokusde regering is wat ‘n klein aantal spesifieke dienste goed verskaf en ‘n florerende entrepreneuriese sektor wat werk skep en belasting betaal. Hy sê staats-megaprojekte werk nie omdat hulle ‘n rekord van mislukking het. Om […]

Read More

Eskom se verhoging sal ongelykheid vererger

Build One South Africa sê Eskom se voorgestelde 36-persent elektrisiteitstariefverhoging kan lae-inkomste huishoudings dwing om onveilige energie-alternatiewe aan te wend en hul gesondheid en veiligheid in gevaar stel. Die party het verteenwoordigers ontplooi na die energiereguleerder, Nersa, se openbare sittings landwyd om hul teenkanting teen die verhoging uit te spreek. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons…

Read More

Meer as 200 kinders in Libanon dood – VN

Die Verenigde Nasies sê meer as 200 kinders is in minder as twee maande dood sedert Israel sy aanvalle teen Hezbollah in Libanon verskerp het. Woordvoerder van die kinderagentskap van die VN, Unicef, James Elder, het aan verslaggewers in Genève gesê gemiddeld drie kinders word elke dag doodgemaak. Volgens hom is meer as 1 100 […]

Read More

Shell stel nuwe formulering bekend

Vivo Energy Namibia, wat Shell plaaslik bedryf het die nuwe Shell V-Power-brandstof bekend gestel. Namibië is die derde mark in Afrika wat hierdie gevorderde brandstofformulering bekendstel, wat ontwerp is om 100 persent van kritieke enjinonderdele skoon te maak en prestasiebeperkende neerslae te voorkom. Shell-brandstofwetenskaplike Yasmin Hemberger sit die voordele daarvan uiteen.

Read More

COP29: Besoedelaars moet betaal

Omgewingsake-minister Pohamba Shifeta het sonder om doekies om te draai by COP29 gesê die lande wat klimaatsverandering aangevuur het, ontwikkelende lande moet vergoed deur middel van versagtingsaksies. Ontwikkelende lande benodig voldoende finansiering om klimaatsverandering te hanteer of daarby aan te pas. Shifeta het bygevoeg die broodnodige ondersteuning moet dringend opgeskaal word sodat die doelwit van […]

Read More

Mehmet Oz in beheer van Medicare

Amerika se verkose president Donald Trump het die televisiepersoonlikheid en kardio-torakale chirurg, Mehmet Oz, aangewys as administrateur van die Centres for Medicare and Medicaid Services. Hierdie federale agentskap hou toesig oor gesondheidsversekeringsdekking vir meer as 150 miljoen Amerikaners. Die agentskap reguleer gesondheidsversekering en stel beleide op as riglyne vir dit wat dokters, hospitale en medisynemaatskappye […]

Read More

Rassie sê die Saterdag-span het goeie balans

Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is vasbeslote om die jaar op ‘n positiewe noot af te sluit wanneer hulle Saterdag in Cardiff teen Wallis te staan kom. Hy het sewe veranderinge aangebring aan die span wat Engeland geklop het, met Jaden en Jordan Hendrikse as die 36ste stel Springbok-broers, wat as skakelpaar uitdraf. Cameron […]

Read More

Aupindi se swembad-saak het nadraai in hof 

Antonio di Savino dagvaar die Teenkorrupsie-kommissie vir meer as 9 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding. Di Savino was saam met Tobie Aupindi, toe hy destyds die uitvoerende hoof van die NWR was, in 2018 skuldig bevind aan korrupsie in verband met ‘n swembad wat hy blykbaar as omkoopgeld vir Aupindi geskenk het. Die saak is […]

Read More

Hof sal môre Stilfontein-mynersaak aanhoor

Die Hooggeregshof in Pretoria het die regstryd oor die dooiepunt tussen die polisie en onwettige mynwerkers by die verlate Stilfontein-myn, in Noordwes, tot môre uitgestel. The Society for the Protection of Our Constitution vra die hof om die blokkade van die polisie te beëindig en die mynwerkers se veiligheid te verseker. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, hou […]

Read More

Hongkong-vonnisse lok reaksie uit 

Hongkong-vonnisse lok reaksie uit Regerings en menseregtegroepe het kommer en verontwaardiging uitgespreek oor die vonnisoplegging van 45 pro-demokrasie-aktiviste in Hongkong ná die stad se grootste nasionale veiligheidsverhoor. ‘n Hof het vonnisse wat wissel van vier jaar en twee maande tot 10 jaar, opgelê aan aktiviste, voormalige wetgewers, raadslede en akademici. Die aktiviste is in 2021 ingevolge […]

Read More