Nadal se loopbaan kom tot ‘n einde 

Rafael Nadal se roemryke loopbaan het tot ʼn einde gekom nadat Spanje in die Davisbeker-eindtoernooi in Malaga teen Nederland verloor het. Botic van de Zandschulp het die 22-malige Grand Slam-kampioen verslaan om Nederland ʼn een-nul-voorsprong te gee. Carlos Alcaraz het sake vir Spanje gelykop gemaak met ʼn sege oor Tallon Griekspoor. Wesley Koolhof en Van […]

Read More

Namibië benut nie wetgewing vir klimaat nie 

Namibië is aktief betrokke by COP29 in Baku, Azerbeidjan. Tjekero Tweya, voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor natuurlike hulpbronne, lei die komitee-afvaardiging. Hy het by die konferensie Namibië se strategiese voorneme beklemtoon om nasionale wetgewing en beleide wat klimaatsverandering aanspreek, te versterk. Tweya het meer. 

Read More

Hitte raak nie net jou weiding nie…

Klimaatsverandering het ‘n aansienlike impak op veeproduktiwiteit omdat die beskikbaarheid van voedsel en water verminder en weiveldtoestande verswak. In Namibië vererger stygende temperature en onvoorspelbare reënvalpatrone hierdie kwessies, met onlangse uiterste hittegolwe wat 40 grade Celsius oorskry het wat die probleem onderstreep. Erastus Ngaruka, Agribank se tegniese adviseur vir adviesdienste, beklemtoon dat hierdie klimaatsverskuiwings ‘n […]

Read More

NamPol sê nee vir optog omdat buitelanders deelneem

Die Namibiese polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo het toestemming vir ‘n vreedsame optog op Menseregtedag op 10 Desember geweier. Die Ganja Users of Namibia en Rastafari United Front het toestemming gevra. In sy brief aan die twee groepe sê Shikongo dit is ‘n bedreiging vir die land se soewereiniteit, integriteit, sekuriteit, openbare orde en morele waardes […]

Read More

GBV-gevalle verdubbel… hoe maak ons ons seuns groot?

Reaksie word ontvang op die nuus dat Namibië se aangemelde gevalle van geslagsgeweld skerp gestyg het. Tussen 2020 tot Julie 2022 is 10 478 gevalle gerapporteer, of 11 gevalle elke dag. In 2023 het dit verdubbel na 8 076, of 22 gevalle daagliks. Die hoë werkloosheidsyfer onder mans word aangehaal as een van die dryfvere […]

Read More

Werkers moet geleentheid gegun word om te stem

Werkgewers word daaraan herinner dat volgende week Woensdag, die 27ste November, ‘n vakansiedag is om landsburgers die vryheid te gee om hulle stemme uit te bring. President Nangolo Mbumba het reeds die verklaring gemaak en dit is op 26 September in die Staatskoerant gepubliseer. Noodsaaklike werkers moet ingevolge die wet, ‘n geleentheid gegun word om […]

Read More

Waterkrisis op Swakop, Orano is aflyn en Omdelpyp is stukkend

NamWater doen ’n dringende beroep op inwoners en besighede in Swakopmund om water spaarsamig te gebruik, aangesien die beskikbaarheid van water in die stelsel tans uiters beperk is. Dit is as gevolg van ‘n pypbreuk op die Omdellyn, wat watervloei afgesny het. Die Orano-aanleg is nie aanlyn nie en ondergaan geskeduleerde instandhouding, wat Maandag begin […]

Read More

Drankgebruik by varsities onder die loep

Namibia Breweries Limited en Unam het samewerking begin om verantwoordelike drankgebruik onder studente te bevorder. Die inisiatief sluit in interaktiewe werkswinkels, seminare en veldtogte by sleutelstudentegeleenthede. Die projek is by Unam se “Kersfees in Oktober”-geleentheid van stapel gestuur en opleidingsessies vir 200 portuuropvoeders sal in Desember begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Surihe Gaomas-Guchu, […]

Read More

Macpherson spreek misdaadsindikate in boubedryf aan

Suid-Afrika se openbare werke-minister, Dean Macpherson, vra daadwerklike optrede om misdaadsindikate te verhinder om die plaaslike verkrygingsreël in die boubedryf te misbruik. Hy het op die nasionale boubedryf-beraad in Durban die misbruik van die plaaslike verkrygingsreël van 30-persent veroordeel, want sindikate eis betaling van kontrakteurs sonder om enige werk te doen. Hy vra ʼn hersiening […]

Read More

Oekraïne val militêre fasiliteit in Rusland met VSA-missiele aan

Oekraïne het vir die eerste keer langafstandmissiele wat deur Amerika verskaf is op Russiese grondgebied afgevuur, het die Russiese regering gesê. Dit het gekom ‘n dag nadat Washington sy toestemming vir sulke aanvalle gegee het. Amerikaanse amptenare het ook die gebruik van die Army Tactical Missile System, Atacms, bevestig aan CBS News. Rusland se verdedigingministerie […]

Read More