BoN lei monetêre gebied-bespreking oor oorgrensbetalings
Die Bank van Namibië het ‘n hoëvlakvergadering van die sentrale bankbestuurders van die Gemeenskaplike Monetêre Gebied aangebied. Onder voorsitterskap van goewerneur Johannes !Gawaxab, het die vergadering goewerneurs Lesetja Kganyago van Suid-Afrika, Emmanuel Letete van Lesotho en Phil Mnisi van Eswatini bymekaargebring. Die kwartaallikse vergadering het gedien as ‘n platform om dringende plaaslike en globale ekonomiese […]
Vroue ervaar aanhoudend maatskaplike vooroordele, wys studie
‘n Studie deur die Graça Machel Trust het volgehoue maatskaplike vooroordele, geslags-salarisgapings en ongelyke toegang tot befondsing teenoor vroue uitgelig. Hierdie bevindings is by die Women in Wealth 2025-beraad in Johannesburg aangebied. Die drie-daagse geleentheid is daarop gemik om ekonomiese en maatskaplike transformasie vir vroue en die jeug op die vasteland te bevorder. Die voormalige […]
Denemarke gaan belasting hef op vee se buikwinde
Die Deense regering sê die land se grootste partye het ooreengekom oor die detail rondom die wêreld se eerste koolfstofbelasting op vee se gasuitlatings. Vanaf 2030 sal metaan-uitstralings deur beeste en varke se buikwinde as deel van ‘n groter omgewingsplan belas word. Sowat 60-persent van Denemarke se grond is tans bewerk, wat dit saam met […]
SA Rugby-aandeletransaksie moet Suid-Afrikaners insluit: McKenzie
Rugby: Suid-Afrika se sportminister, Gayton McKenzie, dring aan op plaaslike betrokkenheid by die voorgestelde aandeletransaksie tussen SA Rugby en die Ackerley-sportgroep ter waarde van 1,3-miljard Suid-Afrikaanse rand. Hy het na die vergadering van SA Rugby se presidentsraad benadruk Suid-Afrikaners, insluitend voormalige spelers, moet deel in die belang. Die transaksie behels ʼn aandelebelang van 20-persent, maar […]
SA kla oor min Namibiese skape by abattoirs, maar…
Danie Naudé, ‘n navorsingsassistent aan die Universiteit van die Vrystaat, het by die Keetmanshoop-streekkongres van die Namibië Landbou-unie en Veeprodusente-organisasie ‘n tekort aan Namibiese skape by Suid-Afrikaanse slagplase bespreek. Hy was deel van ‘n navorsingspan wat Suid-Afrikaanse wanpersepsies wat Namibië blameer vir swak speenkalf- en skaappryse bestudeer het. Dit spruit deels uit Namibië en Botswana […]
Polisieminister verbind hom tot misdaadvrye boupersele
Polisieminister Senzo Mchunu, herbevestig die Suid-Afrikaanse Polisiediens is daartoe verbind om georganiseerde misdaad by boupersele uit te skakel, waar hulle sleutelprojekte ontwrig en ekonomiese groei in die wiele ry. Mchunu het by die Nasionale Bouberaad van die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur in Durban samewerking tussen die staat en privaat vennote belowe om veilige, […]
Meer as 200 kinders sterf in 2 maande in Libanon
Die Verenigde Nasies sê meer as 200 kinders is in minder as twee maande dood sedert Israel sy aanvalle teen Hezbollah in Libanon verskerp het. James Elder, die woordvoerder van die VN se kinderagentskap, Unicef, het aan verslaggewers in Genève gesê gemiddeld drie kinders word elke dag doodgemaak. Volgens hom is meer as 1 100 […]
Hendrikse-broers is Bokke se skakelpaar teen Wallis
Rugby: Die 36ste stel Springbok-broers, Jaden en Jordan Hendrikse, is die skakelpaar in Saterdag se toets teen Wallis in Cardiff. Handré Pollard is op die bank. Cameron Hanekom kan die 12de speler word wat vanjaar sy buiging vir Suid-Afrika maak nadat hy op die bank gekies is. Afrigter Rassie Erasmus het sewe veranderings aangebring aan […]
Help Ebenezer sopkombuis met Kerspartytjie vir kinders
Soos die jaar tot ‘n einde kom, reik baie sopkombuise uit vir skenkings om hul pogings te help ondersteun, veral gedurende die vakansieseisoen. Een so ‘n inisiatief is Ebenezer sopkombuis in Havana, wat ‘n Kerspartytjie vir kinders in nood reël. Die sopkombuis doen ‘n beroep op die publiek om by te dra om hierdie ‘n […]
Castle Lite T20-konsessiereeks sorg vir vuurwerke
Die naweek se laaste wedstryd in die Castle Lite T20-konsessiereeks by die Unitedveld het vir vuurwerke gesorg toe die N/a’ankusê Lions met die laaste aflewering teen die Fish River Eagles gewen het. Die Eagles-kaptein JP Kotzé het die loot gewen en gekies om eerste te kolf. Sy span het 160 vir die verlies van sewe […]