Weerstand teen antibiotika is reuse-bedreiging

Dit is Antibiotiese Bewusmakingsweek, wat die belangrikheid van toepaslike antibiotika gebruik, en die bedreiging van antimikrobiese weerstand beklemtoon. Namibië is besig met aktiwiteite om beide gesondheidswerkers en die publiek op te voed oor die risiko’s van misbruik, met die doel om die doeltreffendheid van antibiotika vir toekomstige geslagte te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

Amper-stamper ly vergkrygingspaneel honger

Die Ohangwena-streeksraad is gevang sleeping on the job, soos die Engelsman sê. Volgens die Tender Bulletin het die raad op 12 November ‘n informele tender vir middagete vir tien van sy Verkryging Bestuurseenheid lede vir 15 November uitgesit. Die tender het op 14 November gesluit. Die publikasie sê dit sou etlike ure na sluiting toegeken […]

Read More

Gesondheid sê oor leerlingdokters se petisie

Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig oor leerlingdokters wat kla oor hulle voordele en oortyd terwyl hulle internskappe uitvoer. Hulle het hulle aan arbeid gewend wat beslis het dat hulle wel voltydse werknemers is en dus die voordele moet geniet. Die groep van 300 het opgeruk na die parlement en ‘n petisie oorhandig. Kosmos 94.1 […]

Read More

Dokters Sonder Grense onttrek na 30 jaar uit Haïti

Dokters Sonder Grense het sy aktiwiteite in Haïti se hoofstad, Port-au-Prince, tot verdere kennisgewing opgeskort. Dit volg ná ʼn dodelike aanval op een van sy ambulanse verlede week waarin twee pasiënte doodgeskiet is. ʼn Noodtoestand geld sedert Maart in Haïti se hoofstad nadat bendes groot dele van die stad met geweld oorgeneem het. Dokters Sonder […]

Read More

VSA-owerhede sê Google moet Chrome verkoop

Amerikaanse antitrust-amptenare van die Departement van Justisie versoek ‘n regter om Google se verkoop van sy Chrome-webblaaier te beveel, weens vrae oor monopolieë. Dit volg op ʼn beslissing in Augustus dat Google die soekenjinmark onwettig oorheers het. Business Insider sê indien die voorstel goedgekeur word, sal dit die aanlyn soek- en kunsmatige intelligensie-bedryf hervorm. Amptenare […]

Read More

McLaren glo hy kan nog die motorsport-jaar vat

Die Britse Formule Een-renjaer Lando Norris sê McLaren kan steeds die dubbele titels van beste renjaer en vervaardiger wen. Daar is nog drie wedrenne oor – in Las Vegas, Katar en Abu Dhabi – en Max Verstappen van Red Bull het ‘n voorsprong van 62 punte bo Norris. In die vervaardiger-kampioenskap het McLaren ‘n voorsprong […]

Read More

Voertuigmark herstel, en sal verder verbeter… hier’s hoekom

Nuwe voertuigverkope het in Oktober skerp gestyg na 1 145 eenhede, wat 24,6 persent hoër is as in Oktober verlede jaar. Dit is ook ‘n 15,9 persent styging teenoor verkope in September. Die makelaarshuis Simonis Storm het die groot styging toegeskryf aan belastingverwante aankope voor die einde van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels […]

Read More

Waar’s Lumumba se tand?

Die mausoleum met die enkele oorblyfsel van die oorskot van die vurige held van die Demokratiese Republiek die Kongo, Patrice Lumumba, is beskadig. Al wat oorgebly het was ʼn tand van die anti-kolonialistiese ikoon en eerste premier nadat die land in 1960 onafhanklikheid van België verkry het. Die minister van Kultuur, Yolande Elebe, kon nie […]

Read More

VN se klimaathoof bepleit finansiële oplossings vir klimaat

Die Verenigde Nasies se klimaatshoof, Simon Stiell, sê leiers van die wêreld se grootste ekonomieë het hulle verbind om finansiële hervorming te bevorder om sterk klimaatsoptrede binne alle lande se bereik te plaas. Besprekings oor die behoefte om klimaatsfinansiering vinnig en aansienlik op te stoot, het deel gevorm van die COP29-beraad in Azerbeidjan se hoofstad, […]

Read More

Rusland sukkel met chroniese inflasie

Die president van Rusland se sentrale bank, Elvira Nabiullina, sê die land sukkel om chroniese inflasie te vermy. Pryse het vinnig verhoog sedert die land sy militêre aanval op Oekraïne van stapel gestuur het, weens die reuse-bedrae wat Moskou aan die veldtog bestee. Inflasie was in Oktober op ‘n jaarkoers van 8,5-persent, meer as dubbel […]

Read More