Storm beskadig Otjikoto na Grootfontein 66 kilovolt kraglyn

Cenored sê hy is bewus van ‘n kragonderbreking wat Grootfontein en die omliggende gebiede raak. Die onderbreking is veroorsaak deur ‘n hewige storm wat NamPower se Otjikoto na Grootfontein 66 kilovolt lyn beskadig het. Nampower se elektrisiëns is reeds op die perseel en werk daaraan. Die kraghersteltyd kan nie tans voorspel word nie, maar inwoners […]

Read More

BOSA vies oor speaker wat debat oor werkloosheid kelder

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het Build One South Africa se amptelike versoek verwerp vir ʼn parlementêre debat oor die land se werkloosheidskrisis. Sy beskou die kwessie nie as dringend genoeg om dadelik daaraan aandag te gee nie. BOSA se waarnemende woordvoerder, Roger Solomons, sê die besluit raak die 11 miljoen werklose […]

Read More

Trump benoem WWE-stigter as onderwysminister

World Wrestling Entertainment se medestigter, Linda McMahon, en Cantor Fitzgerald se uitvoerende hoof, Howard Lutnick, is die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, se jongste keuses vir sy kabinet. McMahon, wat ook Trump se oorgang-medevoorsitter is, is benoem as minister van Onderwys. Lutnick is Trump se keuse vir minister van Handel. Trump het die Onderwysdepartement gekritiseer […]

Read More

Reënvooruitsigte vir die volgende paar dae, belowend

Terwyl die stelsels vinnig verander en aanpas, wil dit voorkom asof die volgende vyf dae neerslae kan bring, ook vir die uiters droë Suide. Die bekende Namibiese weerkenner George van der Merwe het sy insigte gedeel.

Read More

Regshulpsentrum bemagtig die San

Die Regshulpsentrum het ‘n vyf-dag veldgebaseerde regshulp-opleidingsprogram begin wat daarop gemik is om San-gemeenskappe te bemagtig deur die bevordering van wetlike kapasiteitsbou en gemeenskapsveiligheid. Die opleiding vind van 19 tot 23 November in Gobabis en Vergenoeg in die Omaheke-streek plaas. Dit vorm deel van ‘n reeks intervensies om toegang tot geregtigheid vir gemarginaliseerde gemeenskappe te […]

Read More

GBV: EFF sê ANC beskerm nie vroue nie

Die EFF sê die ANC-regering het deur sy ondoeltreffende beleid en gebrek aan hulpbronne vir skuilings, berading en regshulp versuim om vroue te beskerm. Die party het gereageer op bevindings deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing se eerste landwye studie oor geslagsgeweld. Die ondersoek bevestig dat 35,5-persent vroue van 18 jaar en ouer in hul […]

Read More

Ons sal aanhou veg – Oekraïnse LP

Die 1 000-dag herdenking van die oorlog in die Oekraïne is Dinsdag herdenk. Die oorlog het na maande van stadige vordering aan beide kante, ‘n nuwe wenteling geneem met Amerika se toestemming dat die land sy wapens in aanvalle op Russiese grondgebied kan gebruik. Kira Rudik, ‘n Oekraïnse LP het met Britse media gepraat. Sy […]

Read More

Tuchel kry Britse span wat Wêreldbeker kan wen

Engeland se waarnemende hoofafrigter, Lee Carsley, sê Thomas Tuchel neem ‘n span oor wat alles het om die volgende Wêreldbekertoernooi te wen. Die Duitser neem op 1 Januarie oor nadat hy ‘n kontrak van 18-maande geteken het. Hy vervang Gareth Southgate, wat in Julie bedank het. Carsley glo Engeland het die talent om die eerste […]

Read More

Ganja Users of Namibia weier om Shikongo se ‘nee’ te aanvaar

Die sekretaris-generaal van die Ganja Users of Namibia, Borro Ndungula sê hulle aanvaar nie die polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo se weiering vir hulle vreedsame optog op Menseregtedag op 10 Desember nie. In sy brief aan die sê Shikongo dit is ‘n bedreiging vir die land se soewereiniteit, integriteit, sekuriteit, openbare orde en morele waardes omdat […]

Read More

Kandjeke weier tweede uitstel vir Rehoboth se boeke

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het die tweede aansoek deur die Rehoboth-dorpsraad vir uitstel vir die indiening van sy finansiële state van die hand gewys. Die boekjare 2022, 2023, en 2024 is uitstaande. Die raad moes teen Junie vanjaar ingedien het. Volgens Kandjeke het hy reeds uitstel gegee in April vir Junie vanjaar. Hy het ‘n […]

Read More