Kunene-boere het reeds droogte…

Die Kunene-streek is bekend vir sy droë toestande en droogte raak die norm. Die gebrek aan reën in die huidige seisoen het baie boere op hul knieë, met sommige wat nie gewasse kan verbou nie en ander wat hul diere moet verkoop. En, dit blyk asof die seisoen reeds verby is. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

ActionSA spreek hom ook uit teen die EFF se geweld tydens optogte

ActionSA sê hoewel hy dit met die EFF eens is dat die ANC-regering die inwoners in die steek gelaat het, is hy geheel en al gekant teen die geweldadige aard van die protesoptrede wat die EFF se leierskap aanmoedig. Die EFF beoog om die land Maandag tot stilstand te dwing. Lerato Ngobeni van ActionSA sê […]

Read More

Moody’s pas Amerikaanse bankwese na negatief toe af

Die graderingsagentskap, Moody’s, het sy vooruitsig op die Amerikaanse bankstelsel van stabiel na negatief aangepas nadat drie groot banke ineengestort het. Bankaandele het gister effens herstel nadat Silicon Valley Bank, Signature Bank en Silvergate Bank ineengestort het, toe beleggers groot hoeveelhede aandele verkoop het. Moody’s sê, daar is verwag dat die Federale Reserwebank sou voortgaan […]

Read More

Sokker: Wêreldbeker sal heel anders lyk

ʼn Bykomende 40 wedstryde kan dalk by die volgende Wêreldbekertoernooi gespeel word. Die wêreldbeheerliggaam, Fifa, gaan na verwagting bekend maak 104 wedstryde sal in 2026 in die toernooi in Noord-Amerika gespeel word, teenoor 64 verlede jaar in Katar. Daar is reeds besluit om die aantal deelnemers van 32 tot 48 te verhoog. Fifa wil na berig word sy […]

Read More

Inflasie neig opwaarts in Februarie

Inflasie vir Februarie vanjaar het plaaslik op 7,2 persent ingekom vergeleke met 4,5 persent in Februarie 2022 en 7 persent in Januarie vanjaar. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê voedsel en nie-alkoholiese drankies het die meeste bygedra, 2,6 persentasie punte, en vervoer, wat 1,5 persentasie punte bygedra het. In terme van sonale inflasie was goedere die duurste in sone […]

Read More

Alles is stil op die noordoostelike front

Die situasie tussen Namibiese gemeenskappe langs die Botswana-grens en dié land se weermag is tans stil. Namibian Lives Matter het onlangs twee voorvalle van aggressie deur lede van die weermag van Botswana by die Namibiese polisie in die Zambezi-streek aangemeld. ‘n Boot met vier swaar gewapende lede van die BDF het die Zambezi Queen-huisboot in […]

Read More

Xi sal blykbaar met Putin, en dan Zelensky, vergader

Die President van China, Xi Jinping beplan glo om die Russiese president, Vladimir Putin volgende week in Moskou te besoek. Volgens Amerikaanse media gaan Xi ná sy vergadering met Putin, ook met die President van Oekraïne Volodymyr Zelensky vergader. Dit sal Xi se eerste vergadering met Zelensky wees sedert die Russiese inval ‘n jaar gelede. Die vergadering sal virtueel plaasvind. Die Amerikaanse Veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan sê Oekraïne het nog niks […]

Read More

Nuwe era breek môre aan vir Proteas

‘n Nuwe era breek môre vir Suid-Afrika aan onder die nuwe witbal-afrigter, Rob Walter. Die Proteas takel die Windies in ‘n reeks van drie eendagwedstryde, gevolg deur drie T20’s. Die eerste eendagwedstryd vind môre op Buffalo-park in Oos-Londen plaas. Suid-Afrika sal probeer om voort te bou op die momentum van hulle toetsreeks-oorwinning van twee-nul oor […]

Read More

Waterdepartement sal Gauteng se uitdagings aanspreek

Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie het sy planne om die wateruitdagings in Gauteng aan te pak, ter tafel gelê. Die departement sal belê in infrastruktuur, die bestuur verbeter en doeltreffendheid met die voorsiening van water verseker. Die adjunkminister, David Mahlobo, sê die provinsie het genoeg water, maar beskik nie oor deeglike bestuursvermoë nie:

Read More

Geen arrestasies in gewapende roof in Eros nie

ie Namibiese polisie sê hy ondersoek ‘n gewapende huisbraak in Eros, Windhoek wat Dinsdagaand plaasgevind het. Vyf gewapende mans het die slagoffers vasgebind en met ‘n vuurwapen aangehou. Hulle het onder andere weggekom met wapens, ammunisie en 10 000 Amerikaanse dollar in kontant. Geen arrestasies is gemaak nie. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga, Nampol-woordvoerder gesels met Kosmos […]

Read More