Beesbedryf krimp in Februarie

Beesvleisuitvoere het net meer as 504 000 kilogram in Februarie beloop, ‘n afname van die amper 676 000 kilogram wat in dieselfde tydperk verlede jaar uitgevoer is. Meeste van die vleis is na Holland uitgevoer met 61,7 persent van die totaal. Net meer as 26 persent is na Suid-Afrika uitgevoer met 7,6 persent na Brittanje en 4,4 persent na China. Daar word beaam dat swakker vraag in Suid-Afrika en sterk kompetisie van Botswana veroorsaak ‘n inkrimping in die plaaslike beesbedryf. Daar is 13 670 beeste gedurende Februarie bemark, ‘n daling van 24,5 persent. Die groter meerderheid van die diere, 61 persent, is op die hoef na Suid-Afrika as tollies uitgevoer.