Johannesburg wil taxi-bedryf verbeter  

Die vervoer-departement van die Stad Johannesburg en die taxi-bedryf het ooreengekom oor ‘n gestruktureerde samewerkings-platform om beter vervoer te ontwikkel. ‘n Protokol-dokument sal môre onderteken word waarin kommunikasiekanale, sleutel-verteenwoordigers, gedrag en skakelings-terme uiteengesit sal word. Die stad se woordvoerder, Virgil James, sê die ooreenkoms volg op moeilike onderhandelings, gemik op ‘n bevorderlike manier van kommunikasie […]

Read More

SAN gaan regstappe teen bedrieërs neem

Die Sekuriteitsvereniging van Namibië het talle klagtes ontvang oor die bedrieglike gebruik van sy sertifikate deur nie-lede. Hierdie swendelary word uitgevoer om tenders en kontrakte te bekom deur die wanvoorstelling van hulself as lede van die vereniging. Sulke bedrieglike aktiwiteite bring skade aan die beeld van vereniging, maar stel ook die veiligheid van die publiek […]

Read More

Forensiese ondersoek dui op brandstigting by hospitaal  

Die DA in Gauteng sê die provinsiale regering het die Staatsveiligheids-agentskap ingeroep nadat ‘n forensiese ondersoek deur die polisie aangedui het brandstigting was die oorsaak van die brand in die Charlotte Maxeke Johannesburgse hospitaal in April 2021. Jack Bloom van die DA sê volgens die premier, Panyaza Lesufi, het sy kantoor en die departement van […]

Read More

Stad Tshwane help om kragmaste af te breek

Die Stad Tshwane sê Eskom sal help met die afbreek en verwydering van die beskadigde kragmaste en kragdrade op die N4. Sewe krag-draadstrukture langs die N4-oos deurpad is opsetlik beskadig, wat wydverspreide kragonderbrekings in die ooste van die hoofstad veroorsaak het. Die ontwerp-aspekte word ook afgehandel voordat Eskom nuwe kragmaste na die toneel bring. Die […]

Read More

Gholf: Spanjaard eerste op die wêreldranglys

Gholf: Jon Rahm van Spanje is nou eerste op die wêreldranglys ná sy oorwinning die afgelope naweek by die Amerikaanse Meesterstoernooi in Augusta. Hy was vroeër derde op die ranglys. Scottie Scheffler van die VSA het van die eerste na die tweede plek teruggesak. Die Noord-Ier, Rory McIlroy is derde op die ranglys. Rahm het […]

Read More

Kaapse skoolaansoeke sluit Vrydag, ouers sloer

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement maan ouers en voogde om plasingsaansoeke vir graad 1- en 8-leerders in te dien, asook oordragaansoeke vir die 2024-skooljaar. Die sperdatum hiervoor is eerskomende Vrydag. Die departement het sedert verlede Woensdag 103 796 aansoeke ontvang. Die LUR van Onderwys, David Maynier, sê graad 7 is veral kommerwekkend omdat 44 000 leerders nog […]

Read More

Veterane moet plek maak vir die jeug

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur oorlogsveterane dat die aftreeouderdom van 60 vir veterane in die staatsdiens verleng moet word. Die aanmerkings word veroordeel en daar word gesê met die huidige krisis met jeugwerkloosheid is dit uiters selfsugtig, veral omdat hulle voordele as veterane ook ontvang. Aktivis Simon Amunime sê hy waardeer wat die veterane […]

Read More

Kankersterftes neem ook plaaslik toe, nes in SA

Kanker-verwante sterftes neem in Suid-Afrika toe met ‘n toename van 24,1 persent tussen 2008 en 2018 aangeteken is terwyl sterftes wat direk verband hou met kanker met 29,3 persent in dieselfde tydperk gestyg het. Vroue in die buurland se sterftekoers is ook hoër as die van mans. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen, die […]

Read More

Gaboen wil koolstofkrediete verkoop

Gaboen wil ‘n inkomste verdien uit sy pogings om koolstofkrediete te verkoop, te midde van die land se woude wat jaarliks miljoene ton koolstofdioksied absorbeer en berg. Die grootste ongeskonde reënwoude in die wêreld kom in Gaboen voor. Daar word berig dat Gaboen se inkomste uit olie besig is om skerp te daal en daarom […]

Read More

Biden sê hy wil graag weer staan

Die Amerikaanse President Joe Biden, beplan om volgende jaar vir herverkiesing te staan hoewel hy die aangeleentheid nog met sy familie moet bespreek. Hy het  sy begeerte uitgespreek om vir nog ʼn termyn van vier jaar verkiesbaar te wees. Indien hy herverkies word, sal Biden sy tweede termyn as 86-jarige afsluit. In onlangse berigte is […]

Read More