Forensiese ondersoek dui op brandstigting by hospitaal  

Die DA in Gauteng sê die provinsiale regering het die Staatsveiligheids-agentskap ingeroep nadat ‘n forensiese ondersoek deur die polisie aangedui het brandstigting was die oorsaak van die brand in die Charlotte Maxeke Johannesburgse hospitaal in April 2021. Jack Bloom van die DA sê volgens die premier, Panyaza Lesufi, het sy kantoor en die departement van gesondheid die agentskap versoek om voorvalle van diefstal en opsetlike beskadiging by die hospitaal te ondersoek.