Kaapse skoolaansoeke sluit Vrydag, ouers sloer

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement maan ouers en voogde om plasingsaansoeke vir graad 1- en 8-leerders in te dien, asook oordragaansoeke vir die 2024-skooljaar. Die sperdatum hiervoor is eerskomende Vrydag. Die departement het sedert verlede Woensdag 103 796 aansoeke ontvang. Die LUR van Onderwys, David Maynier, sê graad 7 is veral kommerwekkend omdat 44 000 leerders nog vir graad 8 moet aansoek doen: