Lugvaartkenner sê oor erns van vervalste permitte
Namibia Base Aviation en Antje Nauhaus word gedagvaar deur Golden Game van Mariental vir net meer as 6,7 miljoen Namibiese dollar na die noodlottige helikopter-ongeluk verlede jaar op Swakopmund. Die Robinson 44 helikopter het aan Golden Game behoort en neergestort tydens ‘n toetsvlug en is op die bedrag gewaardeer. Die wildhandelaar beweer Nauhaus het die […]
Stand van damme vertoon uiters swak
Die jongste dambulletin van NamWater doen niks behalwe kommer wek nie. Bronne vir die sentrale gebied staan op 11,7 persent met Von Bach wat week op week water van die Berg Aukas-kompleks en Swakoppoort ontvang. Von Bach is 9,9 persent vol. In die ooste is bronne op 1,5 persent met Otjivero wat 2,3 persent vol […]
Skok oor LP’s se laksheid
Daar was vir die tweede dag in ‘n ry nie genoeg LP’s om ‘n kworum in die Nasionale Vergadering te vorm nie, wat beteken die lewering van die belangrike middeltermyn begroting kon weer nie plaasvind nie. As al die Swapo LP’s daar was, sou daar ‘n kworum gewees het, maar hulle was nie die enigste […]
Mielieprys skiet die hoogte in
Namibië se mielie-oes het vanjaar skerp gedaal weens die droogte, terwyl Suid-Afrika en ander buurlande ook swak oeste gehad het. Daar sal meer mielies ingevoer moet word om in plaaslike vraag te voldoen en die plaaslike prys sal beslis styg. Die prys per metrieke ton het sedert Maart opgegaan en was onlangs op 5 720 […]
Jou meter nie opgedateer nie? Kontak Stad Whk teen 8 November…
Die Stad Windhoek het uitdagings met die Token Identifier Rollover-projek geïdentifiseer. Die projek behels die omskakeling van voorafbetaalde elektrisiteit- en watermeters, wat deur munisipale beamptes gedoen moet word. Die Stad versoek inwoners wat nog nie hul voorafbetaalde meters laat omskakel het nie, om beamptes voor 8 November te kontak, aangesien die huidige stelsel op 24 […]
NSA-hoof weerlê Amupanda se aantygings
Die Namibiese Statistieke-agentskap stel vandag die 2023-sensus hoofverslag bekend, wat addisionele inligting verskaf oor die nasionale bevolkingsensus wat verlede jaar afgehandel is. ‘n Voorlopige verslag is reeds op 13 Maart vanjaar vrygestel. Statistikus-generaal Alex Shimuafeni het die aankondiging gemaak en ook sekere bewerings weerlê wat onlangs deur die leier van die Affirmative Repositioning-beweging, Job Amupanda, […]
Wat maak SARB in November?
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het sy repokoers op 19 September met 25 basispunte tot 8 persent verlaag. Dit was die bank se eerste beleidsverligting sedert die pandemie in 2020. In Augustus het die jaarlikse inflasiekoers in die buurland van 4,6 persent tot 4,4 persent gedaal. Die bank se volgende repokoersaankondiging sal op 21 November wees. In […]
VN sê Soedan se RSF skuldig aan erge seksuele misbruik
Soedan se Rapid Support Forces het verstommende vlakke van seksuele misbruik gepleeg, burgerlikes verkrag en sommige vroue as seksslawe ontvoer tydens die meer as 18-maande-lange oorlog, volgens ‘n VN-feitesending. Slagoffers het tussen agt- en 75-jaar-oud gewissel, sê die sending se verslag, met die meeste seksuele geweld wat deur die RSF en geallieerde Arabiese burgermag gepleeg […]
Trump sê sy New York-saamtrek was liefdesfees
Beide Donald Trump en Kamala Harris het die laaste week van hul presidensiële veldtogte begin voor die Amerikaanse verkiesing komende Dinsdag. Trump verwerp die etiket dat hy ʼn fascis is en het aan ondersteuners in Georgia gesê hy is die teenoorgestelde van ʼn Nazi. Volgens berigte werk Trump se span daaraan om hom te distansieer […]
Mbumba kuier by Cyril in Kaapstad
President Nangolo Mbumba is in Kaapstad deur president Cyril Ramaphosa ontvang vir ‘n werksbesoek. Die leiers sal die versterking van bilaterale betrekkinge tussen Suid-Afrika en Namibië bespreek, met die fokus op die verdieping van die geskiedkundige bande wat gesmee is tydens hul gedeelde stryd teen kolonialisme en apartheid. Die woordvoerder in die Suid-Afrikaanse presidensie, Vincent […]