Skooltoelae-beleid wil bestaande ongelykhede verminder

Die onderwysministerie het sy reaksie gegee op die kabinet wat besluit het om sy skooltoelae-beleid te formaliseer. Die beleid is daarop gemik om die bestaande ongelykhede te verminder deur middel van ‘n doeltreffende en billike befondsingsmeganisme. Dit is om te verseker dat skole en leerders van verskillende sosio-ekonomiese agtergronde toegang tot voldoende hulpbronne het wat […]

Read More

Minstens 40 mense dood in aanval in DRK-veiligheidskamp

Die Demokratiese Republiek van die Kongo sê minstens 40 mense is dood in ‘n aanval op ‘n veiligheidskamp. ‘n Streeksleier van die Ituri-provinsie in die ooste van die DRK, sê die verwagting is dat die dodetal sal styg, aangesien baie woon-strukture afgebrand is, en nooddienste nog besig is om bestek te neem van die skade. […]

Read More

Nored betaal sy skuld aan NamPower

Nored het vandag ‘n skuldvereffenings-ooreenkoms met NamPower onderteken. Nored sê in ‘n mediaverklaring hy het al sy uitstaande skuld by die kragvoorsiener betaal. Kliënte word dus verseker dat geen opskorting van elektrisiteit verder sal plaasvind nie. Die woordvoerder Simon Lukas vra namens Nored verskoning weens die ongerief wat veroorsaak is deur die kragonderbrekings wat verlede […]

Read More

Menzies bring dringende hofaansoek, Paragon sal dit teenstaan

Nóg ’n hofstryd dreig nadat Menzies Aviation Namibia, wat deur die hooggeregshof beveel is om die vraghanteringspligte by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aan Paragon oor te dra, besluit het om vanmiddag om vyf-uur ’n dringende aansoek by die hof te bring. Menzies is beveel om nie later nie as nege-uur vanand al die nodige […]

Read More

Paratus aktiveer vandag Equiano ondersese kabel

Paratus, die landingsvennoot vir die Equiano ondersese kabel in Namibië, het vandag die aktivering van die kabel aangekondig. Hierdie belangrike geleentheid is ‘n mylpaal in die lewering van verbeterde konnektiwiteit na Namibië en die breër SAOG-streek. Equiano, met sy landingspunte in Lissabon, Benin, Nigerië, St Helena, Namibië en Suid-Afrika, is volgens Paratus gereed om kabeldiversiteit […]

Read More

Ace Magashule uit ANC geskop

Die ANC se nasionale dissiplinêre komitee het die verwydering van die voormalige sekretaris-generaal, Ace Magashule, bevestig. Die woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê die komitee het hom skuldig bevind aan die oortreding van die party se reëls en grondwet. Hy is ook skuldig bevind dat hy die party in oneer gebring het ná sy nie-goedgekeurde poging om […]

Read More

Ugandese President verwerp gerugte dat hy dood is

Die President van Uganda, Yoweri Museveni, het op Twitter gerugte dat hy dood is verwerp. Museveni wat verlede week positief getoets het vir Covid-, sê hy is onder self-isolasie. Die 78-jarige President het Ugandese burgers aangemoedig om inentings vir Covid te kry, en waar moontlik, versterkings-dosisse. Die Wêreldgesondheids-organisasie het verlede maand aangekondig dat die pandemie […]

Read More

Klimaat-aktiviste uit Standard Bank-gebou in Johannesburg verwyder

Klimaat-aktiviste is uit Standard Bank se gebou in Johannesburg verwyder. Die bank se raad het hul jaarvergadering gehou. Die groep aktiviste, Extinction Rebellion, wou die ingang na die lokaal waar die raad vergader, versper. Hulle eis dat die bank ophou om geld in fossielbrandstof te belê. ‘n Woordvoerder van die aktiviste, Malik Dasoo sê indien […]

Read More

Shifeta lê kriminele klag teen LGBTQ-lede wat hom glo belaster

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hy het ‘n kriminele klag van crimen injuria aanhangig gemaak teen verskeie lede van die LGBTQ-gemeenskap wat glo gerugte versprei oor prominente leiers wat gay is. Die kriminele saak wat deur Shifeta gelê is, spruit uit ‘n WhatsApp-skermskoot wat beweer dat verskeie hooggeplaaste amptenare, insluitend […]

Read More

Kuberkenners waarsku nadat voormalige OB vir kuberswendelaars val

Kuber-sekerheidskundiges waarsku Suid-Afrikaanse WhatsApp-gebruikers om waaksaam te wees teen swendelaars. Dit volg nadat die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, onthul het sy het 10 000 Suid-Arikaanse rand aan swendelaars verloor wat voorgegee het hulle is vriende. Swendelaars mislei gebruikers om persoonlike inligting te deel, sagteware af te laai wat rekenaars beskadig en ongemagtigde toegang bied […]

Read More