Kuberkenners waarsku nadat voormalige OB vir kuberswendelaars val


Kuber-sekerheidskundiges waarsku Suid-Afrikaanse WhatsApp-gebruikers om waaksaam te wees teen swendelaars. Dit volg nadat die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, onthul het sy het 10 000 Suid-Arikaanse rand aan swendelaars verloor wat voorgegee het hulle is vriende. Swendelaars mislei gebruikers om persoonlike inligting te deel, sagteware af te laai wat rekenaars beskadig en ongemagtigde toegang bied of betalings aan bedrieglike rekenings te maak. Vals boodskappe en liefdes-swendelary kom algemeen voor. Gebruikers word aangeraai om versigtig te wees, nie sensitiewe inligting te deel nie en die twee-stap-bevestiging op WhatsApp te aktiveer om hulself te beskerm.