Menzies bring dringende hofaansoek, Paragon sal dit teenstaan

Nóg ’n hofstryd dreig nadat Menzies Aviation Namibia, wat deur die hooggeregshof beveel is om die vraghanteringspligte by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aan Paragon oor te dra, besluit het om vanmiddag om vyf-uur ’n dringende aansoek by die hof te bring. Menzies is beveel om nie later nie as nege-uur vanand al die nodige toerusting en pligte aan Paragon te oorhandig. Die maatskappy beskuldig Paragon daarvan dat dit nie die kapasiteit vir die werk het nie en dring daarop aan dat die bevel om die bedrywighede oor te gee feitlik onhaalbaar is en die veiligheid en sekuriteit van bedrywighede by die lughawe in gevaar stel. Paragon sal die aansoek teenstaan.